Albert Frost – The Wake up
Ek het eers so paar dae terug the Wake Up gekry en het dit seker vier keer deurgeluister. Maybe vyf keer as jy die tyd tel wat dit my gevat het om te reining, toe ek op die poepketel gechill het en toe ek aandete gemaak het gisteraand. Nie alles op eenslag nie, fok. Ek is nie Kramer van Seinfeld nie. Dit vat gewoonlik net twee keer se luister voor ek presies weet watter temas ek gaan gebruik en in watter rigting ek gaan skryf. Maar nie hierdie keer nie.
Om my writer’s block nog verder te vererger het ek het gister ‘n awesome chat session gehad met niemand anders as Albert Frost nie. Griffin sal die video volgende week publish. Be gentle with me, dit was my eerste keer. Ha! Ek het gedink die gesprekke gaan dit makliker maak om die album onder die knie te kry, maar ek was verkeerd. Ek is nog steeds nie seker hoe ek my ervaring van die album objektief gaan beskryf nie. But here goes. The Wake Up is ‘n curve ball album. Dis die beste plek om te begin. Ek gaan dit nog ‘n hele paar keer moet luister voor ek genuine “die code” can crack. As jy die album gaan koop en jy is ‘n blues fan, probeer vergeet wie Albert Frost is en alles wat hy voorheen gedoen het in daai genre. Dit gaan moeilik wees, maar probeer. Maak sulke swart Croxley note boek oop op ‘n splinternuwe bladsy, vat jou HB potlood en skryf A-l-b-e-r-t F-r-o-s-t heelbo asof dit net ‘n nuwe muso is waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Jy kan dit onderstreep ook as jy wil. Het jy dit gedoen? OK, press play op jou CD player of iPod. Ja ek weet, dit het ook nie vir my gewerk nie. Let’s try another angle…
As Albert Frost nie vir meer as twee dekades in verskillende diverse musikale rigtings ontwikkel het nie dan sou hierdie album nooit die lig gesien het nie. The Wake Up is hoe dit klink as ‘n suksesvolle blues rock virtuoso wil wegbreek van dit wat hy alreeds bemeester het. Hy het al saam met so baie verskillende local kunstenaars record en perform oor die jare en saam met plenty international artists perform ook. I mean, wie de fok support die Stones? Maar uit ‘n kreatiewe perspektief was hy nooit 100% gelukkig en in control nie. He wanted to be his own person. Fokkit, wil ons dit nie almal wees nie?
Albert Frost het by die crossroads in sy lewe gekom en die pad wat hy ingeslaan het lê opgesluit in die plethora van nuwe klanke en vermengde genres wat hy opgetower het in sy kop laaaaank voor hierdie album fisies opgeneem is. Lank gelede in die fifties was daar die Rat Pack, in die eighties was daar die Brat Pack en in die afgelope paar jaar in die SA music scene was daar die Strat Pack. Ladies and gentlemen I give you: Albert Frost, Dan Patlansky and Gerald Clarke. Dis geen geheim dat meeste paaie in rock and roll (en die blues) alreeds vodde vertrap is nie, maar dis die paaie wat die Strat Pack geërf het. Ja, all roads lead to Rome and it’s all been done before, man. Soos Albert Frost dit stel: “Old music is beginning to outsell the new stuff these days.”
So wat doen ‘n mens daaromtrent? Elkeen van die lede van die Strat Pack het hulle eie pad gevolg om boundaries te push. Albert Frost doen dit ook al jare met sy versatile en unieke bluesrock styl wat hy ontwikkel het. The Wake Up is op ‘n ander level though. Dis ‘n moerse grondverskuiwing. Dit wil-wil so aardbewing ruk. Die song Outside is seker die naaste aan die blues op die album, so ja, jy kan steeds die blues fundamentals hoor as jy mooi luister. Maar dit is about waar die eenvoud stop. Dis kompleks maar strangely palatable. Nie soseer commercial nie. Albert Frost is Gen X en baie van die songs hint so na die nineties alternative pop en rock wat baie airplay gekry het daai tyd. Maar nee, dis ook nie heeltemaal so eenvoudig nie. Want ek hoor snapshots van die classics ook. Led Zep, Floyd en the Doors. Ek hoor ook eighties pop influences, soos op Tonight wat ‘n lekker Police influence het wat deurkom. Daar is ook ‘n African element wat ek love. Soos op Morning Pages of Together. So kruis tussen Suid- en Wes-Afrika.
Jirre, dis kakmoeilik om die album te pigeon-hole. Dis net een van daai albums wat niemand sal kan copy nie. Dis uniquely Albert Frost. What more can I say? Jy gaan probably helemaal iets anders hoor as ek ook. Die lirieke is meer modern as die traditional blues temas, probably omdat Albert Frost sy oorspronklike idees saam met ander liriekskrywers soos Robin Auld, Hunter Kennedy, Simon Orange en Albert Meintjies ontwikkel het. Die eindresultaat gaan vir seker ‘n baie breër fan base kan access as net blues rock fans. As die groter commercial radio stasies nie van die tracks op hierdie album speel nie boikot ek die hele fokken spul. O wag, ek luister anyway na hulle stront musiek nie.
Closer to home though, as jy die album op ‘n redelike decent sound system luister (as opposed to jou iPod) dan kan jy hoor hoe layered die hele offering is. Dit is vir seker ‘n album wat audiophiles gaan geniet. Ek het aan die begin gedink dis as ‘n full-on studio album wat opgeneem is by VH Studios, maar dis actually meer van ‘n hybrid recording. So mix van live in een kamer recording en separate recordings asook remastering wat plaasgevind het.
Well done, Albert Frost en almal wat deel was van hierdie kunswerk. Die Albert Frost brand het sopas ‘n paar notches op beweeg. Ek kan net dink watse harde werk in dit alles ingegaan het. The Wake Up makeer ‘n vinyl release!
Vyf horings! Groundbreaking stuff!
The Wake Up is beskikbaar by VH. Jy het keuses tussen die fisiese CD, WAV files of FLAC:
https://vhmusic.co.za/products/albert-frost-the-wake-up
Vir die outjie wat met iTunes rol:
Toerdatums vir sy album launch:
Donderdag 21 April – Fugard Theatre, Kaapstad
Vrydag 22 April – Fugard Theatre, Kaapstad
Maandag 25 April – Aasvoelklub, Bloemfontein
Dinsdag 26 April – Atterbury Theatre, Pretoria
Wonesdag 27 April – Good Luck Bar, Johannesburg
Donderdag 28 April – Gateway Barnyard, Durban
Vrydag 29 April – The Chairman, Durban
Saterdag 30 April – Caversham Mill, Midlands
Sondag 1 Mei – Showroom Theatre, Prince Albert
Volg Albert op:
Facebook
Twitter
Instagram
Watkykjy staan op 3,071,879 post views in totaal sedert 1 November, 2019.