Ons gomgatte hier by Watkykjy het bietjie gaan sit en kopkrap oor die local music scene, maar veral oor die onbekende bands – die laities wat fokken graag musiek wil maak en moet fight vir ‘n break. Dis alreeds ‘n hond-eet-ballas wêreld daarbuite vir die gevestigde muso’s so dink net hoe moeilik dit moet wees vir die outjies wat vir die scraps probeer fight. Op ‘n stadium moet ‘n garage band uitgaan op ‘n stage en vir mense wys wat hulle kan doen sodat hulle daai volgende treëtjie kan gee, maar venue owners maak dit ook soms moelik. Van die ouens vee hulle gatte aan bands af en ander couldn’t be bothered less.
Hier is vir jou ‘n idee as jy musiek like en dit wil support: gaan soek bietjie van daai unknown bands en nooi hulle uit om ‘n party by jou huis te kom jol. Of huur ‘n fokken saal iewers en laat jou tjommies en so paar vreemdeling die kostes cover met ‘n klein entrance fee of iets. Vir baie van hierdie bands gaan dit nie oor die zak nie (alhoewel dit altyd welkom is) – hulle wil net hulle musiek daarbuite kry en gehoor word.
Een van daai bands waarop ons afgekom het is Kilo Hills. Hulle het darem alreeds ‘n song of twee self record en uitgesit op soundcloud en ons het besluit om vir hulle klein video ook te skiet (die een hierbo) en met hulle te gesels…
Julle is ‘n nuwe band hier in Snor City. Wie is die members en wat doen elkeen in die band?
Hier gebore en hier grootgemaak, so ons ken die houding so goed soos die bestes! Nell is my jonger broer en ons speel saam rhythm en lead guitar, terwyl ek (Coenrad) dan ook die vocals doen. Die rhythm sections is Enzo op bass en Trompie op die kit.
Julle is ook nog half laities. Van julle ouens swot nog, right?
Ja, Nell en Trompie swot nog. Hulle maak darem byna klaar en dan kan hulle hopelik na my en Coen kyk, want die musiek industrie is maar rof…
Watse tipe musiek jol julle?
Ons maak rock ‘n roll op die enigste manier wat dit moet wees: loud, hard and guns blazing!
Hoeveel harder skiem jy moet splinternuwe bands aan hulle musiek werk om uit te staan?
Aanvanklik is dit sekerlik van die hardste jobs wat daar is. Mens kyk na al die nuwe bands en dan kry mens so half die gevoel dat jy hulle stuff al iewers van tevore gehoor het. Ons graft al van 2010 aan tunes, en het dit nou eers tot op die punt gekry waar ons voel dat hierdie die regte sound is om te unleash.
Wat sou jy reken sal julle musiek laat uitstaan van ander nuwe bands wat gigs probeer optel?
Die feit dat ons 100% original is in ons songs is sekerlik die grootste kicker. Ons jam nie covers nie en sit elke sekonde in ons bestaande tunes en nuwe materiaal. Dis baie belangrik vir ons as ons na ‘n song luister om daarop te bounce, nie soos in die indie/pop vibes nie, maar meer soos die “I Bet That You Look Good On The Dance Floor” way.
Julle het nou wel al so handvol gigs gespeel. Bands like daarvan om gesuip te raak vir die nerves. Hoe het julle daai heel eerste gig voor mense hanteer?
Die eerste keer was pretty weird gewees. Ons het by so gig op die outskirts van Pretoria gespeel. Dit was maar net ons tjommies aanvanklik maar die crowd het aansienlik gegroei soos die gig verloop het. Ons het ook met ons bier inname die tab vir die aand vinniger oorskry soos wat die crowd groter geword het. En toe was ons in die groove…
Is dit moeilik om gigs by venues te kry as ‘n totally unknown band? Het venue owners verskonings? Is daar enige terugvoer of kommunikasie van plekke af wie julle approach?
Ja dis baie moeilik. Mens hoor nooit van nuwe bands nie. En dan gaan mens na open mic nights toe en try jou stuff daar oor ‘n paar minute display en jy weet voor jou heilige siel dat die management nie eers na jou luister nie. As mens try praat met hulle, dan sê hulle maar net dat mens jou songs moet mail en dan sal hulle in touch wees. Mens hoor egter nooit iets van die mense af nie… Tot mens nie soortvan materiaal op video het nie, luister niemand na jou songs nie.
Wat sal julle ideale gig wees in die kort termyn en wat sal julle ideale gig wees in die langtermyn?
Vir nou sal ons net op die local scene wil wees hier in die dorp. Ons like Pretoria baie en wil deel van die revival vorm. Hierdie is die plek om te wees en mens kan soveel meer hier bereik as mens net bereid is om balls te hê. Ons wil by al die local events jol, soos Park Acoustics, Beerfest en dan ook by die universiteitsparties (aangesien ons nog die jol geniet). Maar vir later sal ons ideale gigs sekerlik by massive international festivals wees. Reading se headliners sal nie te bad wees nie…
Gaan like Kilo Hills se page op Facebook: https://www.facebook.com/TheKiloHills/
Luister ook na die ander tunes hieronder.
Watkykjy staan op 3,056,594 post views in totaal sedert 1 November, 2019.