So wie is die coolste moffie in die geskiedenis van rock and roll? Myns-fokken-insiens is dit ‘n toss up tussen Freddie Mercury en Rob Halford van Judas Priest. Nee, marabse ek bedoel gooi so in die lug op met ‘n muntstuk! Jirre. Oom Rodney kon my generasie net nie keer om Queen se musiek stukkend te luister nie. Ek dink Oom Rodney het meer gedoen vir die LGBT movement as enige aktivis in die eighties. Freddie Mercury het al in 1974 uit die kas gespring, terwyl Rob Halford eers 24 jaar later die besluit gemaak het. Probably omdat daar baie meer testosteroon deur die metal beweging se are vloei. Nou nog. Ek het seker ook as ‘n metalhead laaitie teen moffies gediskrimineer en ek wonder of ek so groot fan van Judas Priest sou wees as ek geweet het Rob Halford is gay. Mmmm, maar ek dink dit was anders met Freddie Mercury.
Queen se musiek het wêreldwyd explode. Freddie was so larger than life dat fans net nie omgegee het oor sy seksuele voorkeure nie. Sulke talent en fame can be very forgiving. Ek kan nie eens onthou of dit vir my ‘n issue was nie. Maar soos wat ek ouer geword het, het beide hierdie legendes gehelp om my siening oor homo – en biseksualiteit te verander en maybe daai limited openmindedness te verbreed. Beide se sukses het my meer aanvaardend laat word teenoor die gay community. Dit was veral die brawe manier waarop Freddie sy siekte tegemoet gegaan het en sy lot aanvaar het, in sy laaste dae, wat my unfair prejudice so bietjie in my eie gesig laat ontplof het. Gaan kyk weer bietjie op die internet hoe Queen die song The Show Must Go On record het. Moffies kan mos nie so fokken hardcore wees nie. Rob Halford stem veral nie saam met daai siening nie.
Ek wil vandag bietjie na Queen se mees bekende live optrede kyk. Dit het plaasgevind op Vrydag die 11de en Saterdag die 12de Julie 1986. Waar? Wembly Stadium in Londen, Engeland! Queen Live at Wembley Stadium is al weer een van daai stukkies geskiedenis wat ek duidelik kan onthou uit my kinderdae. Freddie wat, net voor Under Pressure, die crowd scale vocal warm ups saam met hom laat oefen en daarna begin rondspring, in sy helder (kots)geel militêre baadjie en wit broek met rooi en goud strepe, terwyl hy sy baton rondswaai en sy vuis in defiance in die lug gooi. EK het gedink gays het smaak. But then again, dit was die eighties so nevermind. Niemand het smaak toe gehad nie. Wie kan I wan’t To Break Free vergeet met 150000 fans wat die chorus so hard sing dat die hemele hulle kan hoor!?
I’m falling in love for the first time. This time I know it’s for reaaaal!! God knows!
Die concert was deel van Queen se Magic tour. Dit was hulle laaste toer voordat Freddie gediagnoseer is met HIV/Aids. Ek skiem een van my tjommies het probably een of twee songs van die concert van Pop Shop op VHS getape en ons het dit oor en oor gekyk. Weet nie hoe anders ek dit sou sien nie. As gevolg van sanksies het ons net die fokken krummels van die tafel gekry. Daar was fokol M-TV in die ZAR daai tyd en die eerste video was eers in 1990 release. Die eerste DVD het in 2003 uitgekom en het al meer kere platinum gegaan as wat Jacob Zupta in ses maande geld kon steel. Die DVD wat ek in my hand het is die 25th Anniversary edition wat in 2011 uitgereik is. Fokken Goud!
Die Saterdagaand is op Disc 2 verewig en die Vrydagaand op Disc 1. Die setlist is pretty much dieselfde gewees met net ‘n cover van Gimme Some lovin’ (Spencer Davis Group) wat hulle die Saterdagaand ekstra ingewerk het. Die show skop af met One Vision. My gunsteling Queen song. Was die song geskryf vir Martin Luther King? Jirre, nie eens die oorblywende lede weet meer nie. Maar persoonlik is dit vir my ‘n wormhole song. Dit het die vermoë om verskillende tydvakke in jou lewe met mekaar te connect. Imagine this. Die eerste keer toe jy dit gehoor het was jy tien jaar oud en jou eerste instink was: “dis hoe ek my lewe wil lewe”. Jare later, as jy in die laaste stuiptrekke van jou dertigs in moer, luister jy dit weer en onthou presies hoe die song jou laat voel het op daai ouderdom.
I had a dream when I was young,
A dream of sweet illusion,
A glimpse of hope and unity,
And visions of one sweet union.
Man, kon een song so baie invloed op my lewe hê? Dis seker nie te far-fetched nie. Of miskien is die lirieke net so universeel en toepaslik geskryf vir almal? Dis basically wat Queen se musiek vir rock and roll as ‘n geheel gedoen het. Ek kan verkeerd wees maar voor Queen was daar net nie sulke kragtige, uitbundige, profetiese lirieke geskryf vir die common mens nie. Dit alles, met ‘n groot dosis fun en bravado in die mix. Jip, nooit weer sal daar musiek gemaak word wat op presies dieselfde frekwensie ingetune is as die heelal se diepste geheime, gewone mense se hartSbegeertes en net plein silliness. All at once. Die lirieke en musiek is towery wat die rock and roll gode nog steeds laat wakkerskrik in die middel van die nag. Maybe is Freddie nou een van hulle. Wie weet? Maar jy gaan nooit weer so iets op hierdie planeet van ons hoor nie, nê? Al wat jy kan doen is om die musiek wat Queen vir ons nagelaat het te herontdek so nou en dan. Jy sal nie jou tyd mors nie, ek belowe.
Die A Kind of Magic album is toevallig ook een van my gunsteling Queen albums. Ses van die songs op die album dien ook as die soundtrack vir een van my gunsteling films van alle tye. There can be only one! Ja dis reg, Highlander (1986). Die original een met Christopher Lambert. Queen het net drie van daai songs op Wembley perform. A Kind of Magic, Who Wants to Live Forever en Hammer to Fall. Whatever you say Jack, your’re the master race. Hey, it’s a kind of magic!
Jis, ek kan nie ophou kyk nie. Al die hits van die seventies en early eighties is hierop. Tie your Mother Down, Seven Seas of Rhye, Another One Bites the Dust, Bohemian Rhapsody en Crazy Little Thing Called Love om net ‘n paar te noem. Een van die moeilike dele om te kyk is toe Freddie Mercury, so net voor Who Wants to Live Forever, die rumours afgeskiet dat Queen gaan opbreek. Hy vat eers ‘n moerse sluk bier, draai sy gat so na die crowd en beduie dat almal wat die rumours versprei uit hulle gatte praat! En dan volg een van sy mees klassieke en onsterflike quotes:
Dis baie hartseer om te dink dat niemand daai aand eers sou droom dat dit Queen se laaste keer op Wembley sou wees nie. Queen till I fucking well die! Fokkit, hierdie DVD is soos ‘n museum. Brian May begin op ‘n stadium so impromptu kitaarsolo wat later saamsmelt met Brighton Rock se kitaarsolo. Dis net so mindblowing soos sy Doktorsgraad in Astrofisika oor wat nou weer? Zodiacal Clowd Dusts of so iets. Weird genius motherfucker. Sheeeeit! En Love of my life? Wat ‘n sad, beautiful song. Too much. Voor ek begin huil. Wat is daar nog? Radio Ga Ga, We Will Rock You en Friends Will be Friends! En ‘n lekker Elvis Presley medley! Seker vir die krimpies daai tyd.
Die concert sluit af met Freddie wat moeg by die klavier gaan sit en We are the Champions begin sing. Die sweet tap hom af maar moenie dink hy wys hy is moeg nie. Hy spring op (sy hemp al lankal in flarde op die grond) en sê met selfs meer energie en onbeperkte passie dankie vir al die fans vir hulle ondersteuning oor die jare. Daarna maak hy ‘n vinnige verskyning met ‘n koninklike kroon op sy kop en kleed om sy nek. Hy buig en wuif die skare totsiens. Die laaste show van Queen by Wembley Stadium word afgesluit met God Save the Queen. Die Pommies sing respekvol saam. En so val die gordyn en daarmee saam verdwyn ‘n hele rock-era. Just like that.
Jirre gaan check weer hierdie onvergeetlike show. Vyf fokken duiwelshorings!
Watkykjy staan op 3,091,299 post views in totaal sedert 1 November, 2019.