Super Rugby het laasweek in alle erns begin en ek maak so half uit hoekom die marabse besluit het om (weer) die toernooi te verander. Iemand het iewers agtergekom dat die fans – ja ons tietkoppe wat byvoorbeeld 6am op ‘n Saterdag sal opstaan om te kyk hoe die Lions oorsee jol – besig is om belangstelling te verloor. Hulle skiem toe om die “new and improved Omo extra stain remover superior power tot die mag zaber” -roete te volg.
Yup, dit lyk so bietjie anders nou dat Argentina en Japan ook saamspeel, tog is dit maar dieselfde kak en die bad news is dat die spuities eers iewers in Augustus ophou. Sulke lekker ou loopmagierappie. Wat die slim seuns van Sanzar, oftewel Sanzaar, vergeet het is dat al polish jy ‘n drol vir ure beteken dit nie die ding gaan minder stink nie. Super 18 pong, my bra en die Aussies en Kiwis pocket meeste van die bucks, maar my hoerberoerte vandag gaan oor die prys wat ons moet betaal om die tos te kyk.
Om Stupid Sport Once op te line moet jy so 800 skille ‘n maand uitruk en dit is nie asof jy regtig enige iets anders as rappie op jou kassie wil of moet sien nie. DSTV is presies soos daai bonehead DJ by ‘n troue wat net vier CDs het en later die aand die enigste Mandoza tune, ja daai een, op repeat looi. Alles is natuurlik Powered by Vodacom – ‘n company wat my al hoe meer aan ‘n retired stripper laat dink. Jy maak uit van daai once upon a time sexy goose wat altyd tafeldansies gedoen het maar nou net ‘n waitress by jou gunsteling hool is? Candy don’t dance no more, bru. Hulle advertensies is ook die rede waarom ek elke Maandag vir ure moet sit en skrop om die longbottervlekke van my banke af te was. Oor en oor dieselfde geraas wat in meeste gevalle nie eens sin maak nie. Dieselfde marabse het ook beheer oor die woordjies at Naas en company nie mag gebruik nie – but that’s a story for another day.
As jy regtig rappie like is dit ‘n way beter investment om dit by jou local pub te gaan kyk en maar paar extra rande op bier te spandeer. So kry jy at least die geleentheid om met ‘n waitress oftewel retired stripper, te flirt.
Akkedis se beste set in ‘n lang tyd
So gepraat flesvat, was ek die afgelope naweek deur die Akkedisbroers gebless. #blessed.
Hulle het vir iets soos agt ure in Plankies gejam en dit was so lekker ek het flashbacks van Aardklop 2004 (of 2006) gekry. By daardie spesifieke Aardklop het een van die broers wat heavy baie soos die ander een lyk die bucks wat ek hom vir ‘n CD gegee het binne sekondes in ‘n klomp tequilas verander. Kul jou hier, kul jou daar, jy is gaar vibes. #legends
Tussen die nuwe tracks (hulle doen een oor tannie Grietjie van Garies wat daai lekker ou Jan song famous gemaak het) en van die ouer klanke wat jou aan die dae van Rusverstoring laat dink, kon ons die week met ‘n moerse smile groet. As dit nie vir Akkedis se befokte show was nie, was my hoogtepunt vir die naweek iets soos 35-minute se goeie rugby op Nuweland.
Hulle jol Saterdag in Tulbagh, waar meeste goeie bands deesdae op some sage uitval.
https://www.facebook.com/events/1010794205643540/
Watkykjy staan op 3,089,801 post views in totaal sedert 1 November, 2019.