Ons het op ‘n moerse interesting band afgekom wat lyk asof hulle manage om ‘n moerse klomp genres bymekaar te bliksem in ‘n pot en dit saam te roer en wanneer jy die lepel aflek, is dit ‘n kief surprise – Crimosn House. Ons het ‘n vinnge chat met die main blaar, Riaan Smit gehad maar check eers gou hierdie twee videos uit om ‘n idee van hulle style te vang:
Julle ouens kappit nou al uit vir meer as 6 jaar lank. Wat het julle gedoen voor Crimson House?
Voor ons Crimson House begin het, het ons almal in ander bands gespeel. Meeste van ons het metal of punk gejol. Ek en die drommer (Stoffels) jam nou al 15 jaar saam.
Doen julle musiek vir ‘n lewe of het julle dayjobs ook om die pot aan die kook te hou?
Twee uit ses van ons doen musiek full time. Die day jobs is maar nodig, maar dis ook lekker day jobs. Ons bass man is n wiskunde onderwyser. Ons sax man maak designer brille, ons banjo man werk by Bothners, ons drommer is n full time PHD student. Ons ander sax man jol elke gig in die wêreld. Ek doen net musike, maar ek werk in production ook en maak lekker events.
Bands kak reeds af in Suid-Afrika. Is dit nie ‘n moerse risk vir musos as die band groter raak nie? Julle is ‘n 6-piece outfit. Hoe split julle die zak of gaan vreet almal maar net al die geld op by Spur die volgende dag na ‘n gig?
On speel nie musiek vir die geld nie, ons speel dit as beste vriende wat op a journey gaan. That being said, ons sal seker maak dat die gig gaan ons nie broke maak nie. Ek is die band leader en ek sal altyd seker maak dat almal betaal word voor ek betaal word.
Julle het blykbaar moerse deur Amerika en Europa getoer. Watter gig was die favourite een gewees wat uitgestaan het in Amerika en Europa?
Dis nou ons derde jaar in Amerika en in Europa het ons ‘n klein acoustic tour gedoen. Beste show in Amerika was by die Alpine blues festival in Arizona – die mense daar is so lekker. Dan in Europa was die beste vir my in Mallorca in ‘n klein dorpie genaamds Bunyola.
En wat sou julle reken was die befokste gig in Suid-Afrika gewees?
Ek moet sê daar was al baie, maar Up the Creek was sover die lekkerste show gewees. Maybe omdat hulle ons die Vrydagaand 21:00 slot gegee het wat ons regtig laat uitfreak het.
Is die idee om groot te gaan oorsee en daar te bly?
Nee fok, ons is Suid-Afrikaans. Ons is lief vir die land, die mense, die kulture. Ja ons het on issues, maar dis ons issues. Elke plek het maar sy kak, maar ons kak is ons kak en ons love it. Ons sal toer, ons sal travel, maar ons kom altyd huis toe.
Wat sou jy skiem is fout met die local scene? Hoe kan ons dit fix?
Ek dink die musiek vat ‘n backseat. Mense is meer focussed op image as op die musiek. Ons scene is amazing en vol talent. Ek dink radio kan ook bieijie meer local musiek jol. Ons luister so veel van international musiek dat daar nie spaasie is vir local ouens nie. TV kan ook meer local vibes involve – ons het amazing film makers wie se films nooit gesien word nie.
Julle het nou al drie albums release. Is iTunes die moeite werd as ‘n platform vir local musicians om hulle tunes te smous of is dit maar net ‘n bysaak?
Ja, iTunes is die die moeite werd as jy jou fans daar kan kry. Check vir Karen Zoid – sy het mos die interweb gebreek met haar iTunes sales. Die future vir musik is digital en iTunes is sover die grootste digital download platform.
Hoe sou jy julle musiek se genre beskryf? Ek tel so bietjie gypsy vibes, blues en rock op. Wat is julle vibe?
As ek moet beskyrf… Gypsy blues rock. Maar ons is einlik a cabaret band, ons jam nie net een genre nee. Ons is ‘n show band en nie elke song is dieselfe nie. Ons jam funk, punk, reggae, metal, hip hop, gypsy, jazz, swing, rock, country, folk, bluegrass en ska. Al wat ons weet is – dis net lekker!
Wat is julle planne vir 2016?
Ons gaan a bietjie USA en Cayman weer jol in die middel van die jaar, ‘n bietjie Spanje jol en dan gaan ons ons mooi land gaan uit check vir ‘n jol.
Wat kyk jy?
1930’s Youtube clips van New Orleans jazz bands.
Crimson House se band sien so daarna uit:
Riaan Smit: guitar, vocals & Harmonica,
Nick Becker: Alto Sax
Arno van Zyl: lead Guitar & Banjo
Christoph de Chavonnes Vrugt: Drums
Jacques Jansen van Rensburg: Bass
Gareth Harvey – Baritone Sax
Gaan like hulle Facebook page ook sommer – https://www.facebook.com/CrimsonHouse/
Watkykjy staan op 3,074,304 post views in totaal sedert 1 November, 2019.