Deur Maaskaas (https://twitter.com/Maaskaas)
Dis eerste pouse en Groot Blou en die Donker Ridder size mekaar op. Check: Supes is daai Presidentsverkenner bra wat agtien maande terug hier ingewals het, vir die skoolnuusblaadjie skryf, en heelwaarskynlik hoofseun gaan word, maar nogsteeds so bietjie van ‘n disregard vir skooleiendom en onskuldige bystanders het. Bats is weer die marabs-met-geld prefek wat sy gwai so skiet en doodtrap voor hy fights agter die fietsloods opbreek. Dit maak mos sin dat dié twee op een of ander stadium sou vassit.
Lex is so agterbakse Std. 6 laaitie en sy pa is ‘n dokter en ‘n skoolhoof. Hy gaan moontlik iewers in sy lewe die intense begeerte kry om boemies te skop. Die fokkertjie konkel en maak planne terwyl die ander twee hul World’s Finest-moves vir mekaar wys. Louise probeer uitpluis wat die misverstand veroorsaak het. Sy verteenwoordig immers die kultuurvereniging en is op die ererol. Sulke rye balkies.
En dan is daar die hot, misterieuse uitruilstudent-chick wat netbalspan gekry het, sonder om proewe te speel…
Dit in ‘n neutedop, is die aanvang (en baie solid chunk in totaal) van Zack Snyder/DC Comics/Warner Brothers se antwoord op Marvel Studios se dominance van die superhero genre. So sinies soos wat dit met die aanvang klink, is dit juis wat Superman v Batman: Dawn of Jusitce so wonderlik maak. Fok, ek was een van daai ouens wat van kindsbeen af comics lees en versamel en moes menigde maal aanhoor: “Hey, lees jy boeke met prentjies?” (Terloops, “Ten minste lees ek.”, is nie jou beste antwoord in daai situasie nie) en ek het heelpad deur die movie sulke lekker broekkorsies gemaak en myself fucked up geniet. Dis ‘n massive movie. Ambisieus en balls to the wall, and let’s not fool ourselves: dit is ‘n vet toffie vir die competitors, want sales matter en Zack het besluit om kwaliteit bo kamp te plaas en volg Man of Steel op met iets besonders. Dis nie foutloos nie, maar dis wat ambisie soms kweek. Mos.
Vir die hardcore comic fans is daar baie om oor te gush. Anders as die mees recent spate Marvel movies, poog DC op hierdie stadium nie om comic storylines te recreate vir die groot skerm nie, maar skep nuwe, effens anders oorspronge vir ‘n jonger generasie en verwerk dit dikwels daarna baie cleverly terug na hul boeke toe. Kind of a different way around. Please don’t get me wrong, Geoff Johns, die pappa creative by DC, is nie onder ‘n stuk Kryptonite gebore nie – hulle betaal hard lobola op visual inspiration en classic storie-elemente. Ben Affleck se Batman is all the way Year One Frank Miller met ‘n solid dash Brian Azzarello (hulle collaborate hoeka nou op DKIII. Onthou: Sales matter) en daar is besliste All-Star Superman (Grant Morrison/Frank Quitely) references in hoe ons die Man van Môre (Henry Cavill) sien. En natuurlik die Dan Jurgens era. O fok, vir die heavy slimmes onder julle was daai nou dalk ‘n poesgroot spoiler. Alert, Alert!
(Check net ook die The Dark Knight Strikes Again homage in een van die beste action set pieces van die film. O fok, daar doen ek dit amper weer, maar fokkit – dit was in die trailer, so ek spoil fokol)
Gepraat van die set pieces: “Jirre, Jissis, Got!” Is pretty much wat ek in verwondering kon uitkry so tussendeur stik aan my popcorn en smarties. Dis fokken impressive. Jy wag dalk so bietjie daarvoor, maar die dosis is darem die movie deurspek. Dis nog ‘n ding – dis soms moeilik om mooi te distinguish watse movie hierdie is. Een deel journalistic exposé, een deel political thriller en een deel skop, skiet, vlieg en donder. Dis ‘n poespas, maar op ‘n bevredigende manier. Snyder behou juis sy credibility deur ‘n movie te maak wat op die regte manier gritty en broody is – miljoene kinders gaan vir die speelgoed smeek en dik raak van <insert fast food chain> se kiddies meals, maar dis eintlik heel volwasse en relevant. Dis meer eg as Gray’s Anatomy of Donald Drumpf se campaign en establish die twee óórspronklike superheroes as die ouens wat rerig uitmaak. Daar’s selfs so subliminal message oor mense wat anders as jy is aanvaar. Ek skiem daai bra van Beeskraal kan dalk baat by ‘n trippie Imax toe maak.
Die flaws is basies twee groot denouement oomblikke wat effens maklik gebeur (check, denouement is Frans vir ontknoping. Ek maak uit van foreign. En gepoes word in skoolbadkamers) en die baie obvious punting van die pending Justice League movie. It did make for some delightful easter egg viewing vir ons hardened geeks, maar jirre, Zack. Ek weet van sales wat saakmaak, maar maak net eers een movie klaar. Dis DC hierdie, nie fokken Marvel nie.
Amy Adams se Lois is lekker en Gal Gadot se Diana Prince verdien ‘n Woensdag se “Wonder” Warm bokkie inskrywing hier op Watkykjy. Mark Zuckerburg se Lex Luthor is lieflik, maar dis duidelik dat hy bietjie te veel tyd op Heath Ledger Joker se instagram account spandeer.
Einde laaste: Chris Terrio en David S. Goyer se script hou kersvas, alhoewel dit so tikkie korter kon wees. Die plot is ook net so intricate en ek kon rerig doen met 15 minute vroeër gaan pis en dampie maak. Dit verander niks aan die feit dat ek dink dis die mees befokte genre movie van ons tyd nie. I loved it en vir 2 en ‘n halwe ure was ek weer ‘n laaitie. Dis fokken priceless.
Ps. My effense glipsies aside, het ek rerig hard probeer om hierdie spoiler friendly te maak. Seriously, jy moet check wat in tweede pouse gebeur. Op Imax verkieslik.
PPs. My bet is op Darkside as die Justice League villian. ‘n Buddy het getune hy skiem weer Braniac. Let’s see. Sales matter.
Watkykjy staan op 3,055,964 post views in totaal sedert 1 November, 2019.