Casper de Vries is ongetwyfeld Suid-Afrika se mees bekende Afrikaanse teaterkomediant en 30 jaar se ervaring, 13 one-man shows en TV reekse soos Die Casper Rasper show en Haak-en-Steek beteken dat ons ons almal ‘n hele handvol Casperismes feitlik daagliks gebruik.
Hy’t al verkrampte Omies van Musina tot Windhoek die poes ingehad en ons almal weet hy skroom nie om ‘n ding op sy naam te noem nie. Slaan my oor die kop met ‘n Teflon-pan, né!
Sedert 2009 beoefen Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer ook hulle weergawe van Afrikaanse standup en improvisasie as Die Flying Dutchmen en op 17 Maart span hulle weer kragte saam vir ‘n aand van standup en kakpraat, met die hoogtepunt daarvan ‘n uitgebreide improvisasie afdeling saam met Casper. Sulke moerse Who’s line is it Anyway-vibes. Al die voorstelle kom uit die audience uit, so jy word actually uitgenooi om so kliphard moontlik “vibrator” en “ginekeloog” te skree as die geleentheid homself voordoen.
Die show gebeur by die Centurion teater op 17 Maart (nou Donderdag) om 20:00 en kaartjies is ‘n skamele R120 (alhoewel daar sulke lekker specials is as jy meer as 9 vriende het om saam te sleep, of ‘n student is wat gatvol is vir optog hou).
Gaan check gerus Die Flying Dutchmen se facebook groep uit of kry jou kaartjies sommer straight-up hierso: https://tickets.tixsa.co.za/event/die-flying-dutchmen-met-sp
Daar is ook kaartjies by die deur beskikbaar en ‘n lekker basement kroeg waar jy gepiel kan raak, so maak ‘n plan. Jy weet mos teen nou al as jy Ridgeback se St. Paddy’s party toe gaan, gaan jy net weer groen kots of opgefok raak. Kom lag eerder en druk Vrydag ‘n vet pit. Donderdagaand is mos die nuwe uitgaan-aand.
Ons sal hier op Watkyky sommer ‘n dubbelkaartjie ook weggee vir die show. Copy en paste die volgende lyn presies net so in Twitter en ons sal ‘n random wenner teen Dinsdagmiddag kies:
Hey @watkykjy sweef my ‘n double ticket om @meltsieb @maaskaas en @casperrasper hierdie Donderdag te check – https://tickets.tixsa.co.za/event/die-flying-dutchmen-met-sp
Watkykjy staan op 3,048,224 post views in totaal sedert 1 November, 2019.