Anton Goosen het die naweek wat verby is die 70 jaar mylpaal behaal! Baie geluk Bra Anton! Mag daar nog vele meer wees! Dink ‘n bietjie terug. Wanneer was die eerste keer dat jy bewus geraak het van Anton Goosen se musiek? Ek was nog ‘n klein laaitie. Ek kan nie onthou watter liedjie ek eerste gehoor het nie. Boy van die Suburbs? Trompie? Jantjie? Waterblommetjies? Kruidjie-roer-my-nie? Blommetjie gedenk aan my? Maak nie saak nie. Sy musiek was so deel van my kinderdae soos He-Man, Pop Shop en Soda Stream. Nou dat ek daaraan dink, Boy van die Suburbs was die eerste zef rock and roll song wat ek ooit in Afrikaans gehoor het. Lank voor die Antwoord en Jack Parow was daar Dik Zol zefness. Jy kon dit luister so net voor jy Sha Na Na op TV gecheck het op ‘n random weeksaand. Jirre, Bowzer met sy groot bek en maergat wat muscles try maak. Kry ek nou flashbacks. Good night sweetheart! Toe-toe-roe-toe-tam! Good night sweetheart, goodnight! Hey, ek dink Bowzer doen die back up vocals op die song Mama De Luci. Ok, nie rêrig nie. Ek fok alweer in ‘n ander rigting. Sorrie.
So wie is Anton Goosen nou eintlik? Is hy die bekende Afrikaanse popstêr met die langhare en trademark Andy Capp keps wat saam met Carike Keuzenkamp en Sonja Herholdt goue plaat tunes kon optower? Ek onthou al daai plate in my ouers se platerak. Toe ons nog Smurfs t-shirts gedra het en kaalvoet kafee toe geloop het om te gaan Chappies en Wilson’s toffies koop. O ja, en video games te gaan speel. Mmmm, is hy dalk die uitsluitlike eiendom van de volk vol helden moed? Of miskien die “volksverraaier” en rebel wat kat en muis met die owerhede gespeel het as hulle sy “onskuldige liedjies” wou verban? Hy wat boonop nog vir almal wou kom vertel dat die winde van verandering besig was om te waai?
Sit dit in perspektief, marabse. Songs soos Madjat het al begin kak soek met die verkrampte owerhede nog voor die nuwe generasie Voëlvry kinders dit na ‘n hele nuwe level geneem het. Toe die Winde van Verandering album die lig gesien het, het dit al reeds die Afrikaners wat tee drink by die ANC in Lusaka terwyl PW in sy broek kak generasie begin reflekteer – en dit nogal voor die Berlyn muur sy gat gesien het. Ja, soos meeste volksvreemde musiek was die album ook verban! Dit het are in verskeie NP leiers se kaalkoppe laat bars. Crazy Baldheads. Wel hulle is toe verjaag en Anton Goosen se musiek was weer vry. Maybe is hy ‘n alternatiewe Afrikaner wat saam met die Voëlvry kinders die hele kruiwa vol mielies gaan staan en omfok het? Of dalk is hy genuine die vader van Afrikaanse rock musiek – die Bob Dylan van Afrika? Of is dit so eenvoudig soos hy is net Jors Troelie – ‘n kind van Afrika wat dit like om musiek te maak? Dink so bietjie daaraan en onthou die goeie ou kak dae ook as jy wil. Dalk hou ons almal op met moan oor 2016 se Azania.
Anton Goosen se eerste Greatest Hits album was in 1994 uitgereik (as jy so vêr terug kan onthou). Maar in 2008 is ‘n trilogie versameling tunes uitgereik. 33 A-sides, wat meeste van die volksbesit treffers bevat. So ook 33 B-sides en 33 Sea-sides wat albei ‘n mengsel is van ou en nuwe tunes. Bekend en onbekend. Dis 99 Anton Goosen tunes all in all. Across the rubicon and back again. So as ‘n tribute het ek een van die 2008 compilation albums gekies om te review. Dit sou te maklik wees om een van sy bekende studio albums of grootste treffer albums (met die usual hits op) onder die vergrootglas te plaas. Ek het die 33 Seaside Tunes album gekies. Dit bevat nie te veel volksbesit-treffers nie maar daar is ook ‘n paar van daai lekker ou tunes op. ‘n Wye dekking van sy veelvoudige persona. Miskien antwoord die musiek self die vrae wat ek hierbo vra. Kom ons kyk wat gebeur!
Ek love sulke gees van Bob Dylan tunes wat net hy so mooi in Afrikaans kan vertolk. Die 1980 Boereblues in g# 1 herinner my aan Dylan se Talking World War III Blues. Nie net hoe hy kitaar slaan nie maar die prekerige humor ook. Ek is seker The Freewheelin’ is ook een van Anton se favourite albums. Dobie die Kid is nog so song, maar jy kan ‘n Johnny Cash invloed ook hoor. Wat is daai song van die Cadillac? One piece at a Time? En dan is daar bietjie meer ernstiger Dylanesque folk ook in die mix. Ek en Jy en ons se Onstwee. Een van my gunsteling Afrikaanse love songs. Ek dink te min mense waardeer dié kant van Anton Goosen. Luister ook weer bietjie Hei Hei Klein Katryntjie. Die lirieke is slightly dieper as die volkse popmusiek waarvoor hy so bekend is. Hey, wie sing nie saam as hierdie tunes gespeel word nie? Hartlam, Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en Boude/Anna Jordaan byvoorbeeld. Iets wat my familie op die plaas, in die eighties, so saam met die konsertina en bekfluitjie sou speel. So om ‘n lekker vuurtjie terwyl daar gebraai en gebranta was. Jy moes maar seker in daai jare liedjies soos Danser ignoreer het as jy bietjie verkramp was. Was seker net fokken moeite, want jy moes die naald gaan optel om die song te skip #verkrampteshaveiteasyinthisdayandage. Sulke Afrika reggae met ‘n township pennywhistle en boonop Arikaanse lirieke kon ‘n paar omies goed die bliksem in maak in daai dae. Hey Batong! Sit dit in perspektief, marabse. Daai sound was laaaaaaank voor Mango Groove, né.
Jirre, dis lekker om weer hierdie tunes te gooi. Ek luister te min na hierdie skatte. Daar is nou nie baie anti-establishment tunes op hierdie versameling nie. Gatvol is die naaste vir my. ‘n Tydlose gatskop rock and roll tune met lirieke wat altyd relevant sal bly. Fast forward bietjie vorentoe in tyd en jy bevind jouself in Madiba se beste jare. ‘n Tyd toe politieke musiek net positief was. Die dae toe net die AWB anti-establishment was. Ons land se beste jare. Heita, mr president. Ek pik sommer ‘n traan.
Ek sou graag oor al 33 tunes wou skryf maar daar is nie genoeg tyd nie. Ek gaan nog een ou tune en een nuwe tune uitkies. Een van die bonus tracks het my oor gevange geneem. Lola se Inryfliek. Ek ken dit glad nie. Dis ‘n blood on the tracks tipe song. Ek hoop nie dis die Kinks se Lola nie? Arme fokken Jannie. Hy gaan sy moer los skrik as hy probeer om Sannie in die donkerte te vry. But don’t discriminate, people. Full disclosure voor die tyd en almal is happy! Ok, die laaste tune wat ek skiem befok verby is. Kilimanjaro! Kan jy glo dis van die nuutste tunes op die versameling en dis al veertien jaar gelede? Toe Anton so lekker saam met Lise Swart gesing het. Toned down chilled out African vibes. Nie so mier-in-die-hol soos Johnny Clegg se song met dieselfde naam nie maar net so positief. En wil jy nou meer, niemand het in 2002 meer gebitch en gemoan oor songs té African klink nie.
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.