Soms kerm ek oor rock and roll wat dood is, en soms voel ek goeie musiek het net fokken verby my gevlieg. Meestal doen ek beide. Ja, ek was vir ‘n paar jaar besig met grootmens kak in die corporate gevangenis. Maar dan weer, bands soos dié word nie konstant bemark op televisie en radio nie. As jy by die huis fucked moeg lê en channel hop is die kanse zero dat daar ‘n advertensie gaan opkom met Trivium wat ‘n gaskoeldrankie aan jou gaan probeer smous. Nee, selfs nie eens ‘n bottel whiskey nie.
Trivium is nie Motörhead nie. Bless your soul Lemmy! Maybe as jy na die Radio Tuks van ouds geluister het. Wat? Trivium was by RamFest twee jaar terug? Ek was probably in some meeting gewees. Maar eerlikwaar, wie speel metal gereeld op die tradisionele medi kanale? Jirre, Radio Tuks? Nog ‘n radiostasie wat onhoorbaar geword het. Sit dit af, asseblief! Metalheads is al jare lank pariahs, ja ek weet! Maar kyk net hoe die Grammys metal hanteer het hierdie jaar. Soos die buite-egtelike gestremde gay swart weeskind van die musiekbedryf. As dit nie was vir Dave Grohl nie was daar geen tribute vir Motörhead nie??? Fok die Grammys! Nee, deesdae het jy tyd op social media nodig om die good shit raak te vang. Of gooi net interwebsradio. Probleempie opgelos. Waar de fok was ek nou weer? O ja, wat metal aanbetref het ek ‘n groot aantal bands gemis. Hardcore metalheads het die volste reg om my credentials te betwyfel. Maar nie my passie vir befokte musiek nie. Hier is nog ‘n band wat ek nog nooit gehoor het nie. Fokken Trivium. Fokken linksverby. En hulle maak al sestien jaar lank musiek. Soms wonder of ek ooit of ek qualified is om my mening uit te spreek oor enige musiek op ‘n bekende website soos Watkykjy in die wye internet in.
Trivium se klank het nogal verander so oor die jare. Hulle debut album Ember to Inferno is deur Lifeforce records uitgereik in 2003 en dit klink heel anders as Silence in the Snow (2015). Ek ken nie al die fokken subgenres nie, kinders. Metalcore met death growl vocals? Naby genoeg? Ek roep dit mos fokken Strepsil metal. Net so tien van hulle. Nie ‘n hele pakkie nie. Anders klink jy soos Justin Bieber. We want a Trivium/Bieber mashup! Said no-one ever. Buuhh! Anyways, in 2004 het Trivium die big boy reis begin en met Roadrunner Records gesign. As jy in die nineties al ‘n metalhead was sal jy weet dat dié record company uiters suksesvol was om verskeie uitnemende metal bands die wêreld in te stuur. Uit die vuis uit, onthou ek King Diamond, Annihilator en Sepultura. Slayer se eerste album was ook deur hulle gesign. Ek was nou te lui om te google. Ek hoop ek is reg. Oom Rolbees raak nou oud, jong.
Silence in the Snow is hulle sewende studio album – nog steeds onder die Roadrunner label. Ek voel bietjie soos ‘n argeoloog wat in die grond fossiele moet uitkrap om ‘n dinosaurus uit niks te bou. Ek het net so hier en daar op youtube geluister en Trivium het oor die jare heavy rondgespring tussen die genres – van classic metal tot thrash tot Strepsil metal (Rolbees se trademark genre). Trivium is veelsydig, maak geen fout nie. Hulle kan metal gooi. No poser alert hier, kinders van die nag. Hoe de fok doen Matt Heafy dit? Wel, hy het amper sy vocal chords opgefok deur die verkeerde tegniek te gebruik, dis hoe! Na ‘n paar behoorlike sanglesse het sy vocal range verbeter – en op hierdie album is sy sang uitsluitlik melodieus en duidelik hoorbaar. Hy het seker ’n paar pakkies Strepsils ook gechow. Corey Beaulieu doen back up vocals en die twee smelt mooi saam wanneer dit moet. Mmmm, maar daai lead vocals klink soms net te bekend. Hulle 2013 album Vengeance Falls se produksie is deur Disturbed se David Drayman behartig. Ek wou sê Silence in the Snow het so lekker Disturbed smakie. En dis nie noodwendig ‘n kak ding nie. Daar is commercial metal wat lekker is en dié is my tipe! Ja, natuurlik is Silence in the Snow meer radiovriendelik as hulle ou stuff, en dit het vir seker meer airplay gekry oorsee. Maar hier op Planet Zuma? Probably not so much. I never heard of it.
Ok, watter songs het my ‘n horing gegee? Die album skop epies af met ‘n klassieke adagio wat amper soos Platoon se soundtrack klink (Adagio for Strings). Net baie korter. You had me at Snøwfall motherfuckers! The Thing That’s Killing Me – lekker Bullet for my Valentine riffs, Disturbed-like vocals. Corey se solos wat goël en emo love song lirieke! What’s not to like? Beneath the Sun gee my ‘n Alice in Chains morning glory en dan kom daai Iron Maidenesque lead guitar en piets jou op die gat met ‘n sweep. Dis seker die Judas Priest influences wat so nou en dan deurkom wat my lus maak vir BDSM pillow talk. Bring out the gimp! Breathe in The Flames en Until the World Goes Cold klink bietjie te veel na Disturbed – maar hulle skop steeds takhaar-anus. Ek skiem as Trivium bietjie minder soos Disturbed probeer klink sal ek nog ‘n langer pad saam met hulle kan stap. Befokte metal vir ‘n verandering! Sien, ek luister nie net die Big Five nie, kinders! Drie uit vyf horings!!!
Watkykjy staan op 3,090,329 post views in totaal sedert 1 November, 2019.