Gysie gooi hierdie naweek een moerse cool Pirate themed party by Plankies in Pringle Baai, maar moenie worry nie, dit begin eers Sondag na lunch so jy sal nie een van die Super Rugby games mis nie.
Maar nie eers Gysie met sy super cool grys baard (die bra stoot 60 vanjaar) sou die kak waarin ons rugby (en land) tans is kon voorspel nie. Ons begin die jaar sonder ‘n Springbokafrigter maar met ‘n president wat nie regitg ‘n brein het nie. Die dude wat veronderstel is om die nuwe coach se kontrak te beklink is in poefstraat omdat hy na bewering as ‘n grootkop in Matie-land so paar Rande verdoesel het om spelers en coke te koop. Cola, natuurlik.
Die Stormers word deur hulle voormalige attack coach afgerig – hulle attack, coach boys! Dalk werk dit, dalk werk dit net soos die bonuspunte wat hulle nie oor die laaste ses jaar kon kry nie. Die Bulle en Kings begin die jaar met Super Rugby groentjies as hul onderskeie coaches terwyl die Lions en Sharks -breiers so bietjie meer ervaring onder die knie het. Ons mees ervare afrigter in die toernooi is Gary Gold. Ek herhaal. Ons mees ervare afrigter is Gary Gold – dieselfde bra wat die haaie so mooi in die Currie… wag.
Dan het die Varshitty Cup (proudly brought to you by the Broederbond) time bomb uiteindelik ook ontplof toe ‘n klomp Vrystaters begin appels swaai het. Waddefok gaan aan? Die overrated sirkus is gelukkig nou vir ‘n week van ons skerms af (yup die show is gecancel tot almal weer vir mekaar lief is) maar in Rainbow Nation terme het die voorval in Bloem ons weer terug gevat na ‘n tyd waar daar die reëls op gronde van jou velkleur gemaak is. “Ons land is ‘a rainbow nation’, maar die pot of gold is lankal gesteel” – Churchil Naude
Die kersie op die koek, natuurlik, is dat Vodacom manne soos Wank Lanning as hul rugby editor kan aanstel. ‘n Stut met ‘n pen in die hand is about so effektief soos ‘n pielstyf by ‘n vroueregtevergadering. Sy laaste kotsie oor die Bokke en hoe ons nie van ‘n coach moet verwag om transformasie toe te pas nie – Dan Retief got fired for less.
Maar piele, my bloed begin kook so kom ons doen die Superbru Super Rugby ding voor daar ‘n aar in my kop bars.
Hoe lyk ons boytjies:
Lions – Meeste manne is redelik opgewonde om te sien hoe die Leeutjies hierdie jaar gaan vaar. Hulle het mos nou die Currie Cup gewen en laasjaar actually vir die eerste keer sedert die gloriejare in die 90s gelyk soos ‘n span wat op Super Rugby vlak kan kompeteer. Hulle het laasjaar lekker rappie gejol en bewys dat daar meer tot die game is as dit wat hulle maatjies in Snor City probeer preek.
Bulls – “What a bunch of no-name brands” is wat meeste spanne gaan skiem as jy die squad van nader kokkenotch. Dalk is dit wat hulle nodig het. Wie weet?
Stormers – Die span lyk solid maar co-captains? Seriously boys, too many cooks… al daai lekker dinge. Hulle kan ons dalk net ‘n surprise of twee gee, maar tyd sal leer.
Sharks – Minder groot name beteken minder firepower, maar dit is ook dalk ‘n bietjie tyd dat ‘n nuwe generasie die septer in Durbs bietjie swaai. Dit is jammer dat Lambie klaar beseer is maar ons sien uit na Captain Beast en sy super shick Bic skeermes in die skrums.
Cheetahs – Daar is rede vir opgewondenheid in die Rosestad en ek like veral die look van die Cheetahs backline. Spoed, pappie! As hulle dit reg kry om nie te veel van hul vaste vyf aan beserings af te staan nie, kan hulle dalk net ‘n paar groot ysters buig.
Kings – Cheeky Watson en Jacob Zuma loop in ‘n bar in, die barman try hulle wegjaag maar die manne staan vas en bestel nog ‘n dubbel korrupsie on the rocks.
Voor ek waai, Happy Birthday Gysie – al die rockers wat al by jou pozzie daar by Perigators was skiem jy is ‘n yster. Onthou ook die Black Cat Bones jol vanaand (Vrydagaand) in Tulbagh by De Kreeft Stamkafee.
Kom spring in die pool – vir die sesde jaar in ‘n ry my bra!
http://www.superbru.com/superrugby/pool.php?p=11516151
Pool name: Duidelik
Pool code: dawntips
Watkykjy staan op 3,083,277 post views in totaal sedert 1 November, 2019.