Awolnation – Run
So jy dink Rolbees is vasgevang in die verlede? Net nog ‘n old shool vinielplaatnostalgieverslaafde? So gebore en so gelaatstaan? Jy is probably reg. Maar jy is ook verkeerd. Ek is nie totally blind vir die moderne rockjuwele wat op die internet rond float nie. Dis net nie so maklik om my te oortuig dat “moderne” offerings befokte musiek is nie. Wat? Ek is ‘n wat? ‘n Doos? Hahaha, jy is probably reg. Maar jy is ook verkeerd. Is alles wat mindfucking, geniaal, heilig en baanbrekers werk is nie al reeds dekades gelede uitgedink, opgeneem, verfilm en live opgevoer nie? Het die put van rock and roll nie al lankal opgedroog nie? Is moderne pop en rock artists nie net besig om buite die put, in geroeste emmers met ondrinkbare water in, rond te plas nie? Of is die put net tydelik droog? Antwoord jy maar daai vrae vir jouself.
Ek weet wel, musiek is ‘n subjektiewe ervaring. Wie weet hoekom jy sekere artists verafgod en hoekom jy sekeres haat? Soms verduur jy net musiek. En soms het jy waardering vir ‘n enkele kreatiewe ontploffingtjie – selfs al is jy nie ‘n die-hard fan nie. Is dit alles relatief, afhangende van die generasie waarin jy groot geword het? Antwoord jy maar daai een self. So paar jaar terug het ‘n goeie vriend van my van Slaapstad, wat minder as fokol van musiek af weet, vir my Awolnation se Sail Youtube link gestuur en gevra wat ek dink. Ten spyte van die sukses wat die song op die charts behaal het daai tyd, het ek gedink dis redelik average. Maar obviously weet ek fokol van die musiekindustrie af. Sail het vandag al ses keer platinumstatus bereik. Dit het nie soos kattenaai geklink daai tyd nie, maar toe ek dit vir die eerste keer gehoor het, het ek nie die skielike drang gekry om uit my stoel te spring van vreugde nie. Meer soos flouer Nine Inch Nails met ‘n handvol fokken Valium by. As iemand begin sing oor hulle ADD…..hey look a squirrel! Nee wag, dis Taylor Swift wat haar kak album of the year speech gee. She got me all misty eyed.
Awolnation het iets in gemeen met Nine Inch Nails though. Albei is one man creative input bands. En dis waar dit stop. Aaron Bruno is nie Trent Reznor nie. Punt. Ok, so at least het ek dit uit die weg geruim. Awolnation gaan hoogswaarkynlik nooit die koers van rock and roll in ‘n hele nuwe rigting instuur nie. En dis fine. Ten minste probeer hulle befokte musiek maak. Die meeste van die tunes op Run is baie meer interessanter as Sail. Miskien omdat Bruno nie hulle vorige sukses probeer namaak het nie. Dit opsigself is prysenswaardig. Jy hoor so nou en dan ‘n Linkin Park invloed op die album. En ‘n futuristic Pink Floyd gevoel oorval jou soms. Maar dis kief. Die Run album is maar nou eers Awolnation se tweede poging – ‘n fokken weird ass electronic rock-pop album. Die title track se begin klink soos ‘n eighties Commodore 64K computer game intro – en dan gaan dit oor na androgene Linkin Park vocals met stormagtige kitaar. Fat Face en Drinking Lightning laat my albei dink aan ‘n kruis tussen Blur en Roger Waters. Great tunes. Hollow Moon (Bad Wolf) – een van die treffers van die album – het ‘n unieke elektroniese klank – maar tog klink dit ook redelik alombekend. Soos nineties commercial pop. Wat was daai band? Savage Garden – maar net met ‘n halwe hand vol Valium by. I Want You was die song wat ek aan gedink het. Kookseverywhere!!! is my gunsteling song op die album. Die song gaan oor ‘n koelbloedige kouehart slet wat iemand se EMO hartjie gebreek het. Hey, wat is fout met EMO musiek? Dit het net ‘n bad rap gekry as gevolg van hoe meeste van die kinders lyk. Los die fokken kinders, man. Hulle druk hullesulf uit…. en dan haal hulle hulleself uit. Coffin kids, het ons hulle genoem in my dae, maar dis blykbaar nie meer PC nie. Anyways, ek praat al weer kak. Kookseverywhere!!! is ‘n eenvoudige tune. En dis hoekom dit werk. Sulke lekker vinnige drumbeats, en dan draai die tempo weer stadiger. Dis die klein dingetjies wat my opgewonde maak partykeer.
Die res van die tunes is more of the same. Nie te kak nie maar ook nie lewensveranderend nie. Awolnation kry drie uit vyf by my!
Watkykjy staan op 3,089,795 post views in totaal sedert 1 November, 2019.