Lost and Found is ‘n splinternuwe two-piece band en bestaan uit Glen Hodgson (The Parlotones) en Jason Oosthuizen (Van Coke Kartel en The Black Cat Bones). Hulle het sopas hul debuutalbum record by Fred den Hartog se studio. Lekker by die see. Dis sulke lekker alternative country/punk vibes en definitief die moeite werd om uit te check.
Die ouens het besluit om ‘n guest muso op elke tune van hulle album te gebruik. Dis nie ‘n unieke idee nie, maar die lys van collaborators op die album is nogal exciting:
Jedd Kossew (Francois van Coke & Van Coke Kartel) op Lost and Found
Theo Crous op New Song
Chris van der Walt (The Black Cat Bones) op Faceless Man.
Lee Lips van Hog Hoggidy Hog
Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar)
Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties & Fokofpolisiekar)
Pierre Greeff (Die Heuwels Fantasties)
Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties & Thieve)
Hier is bietjie van ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag:
Ou Rolbees sal probably een van die dae die album review. Om die album aan die publiek bekend te stel het die ouens besluit om die hele land in Februarie hard te slaan met twaalf gigs in net twaalf dae. Jy kan nog van die oorblywende gigs gaan bywoon, meestal in die Kaap rond en volgende week in Pretoria. Sorry ons deel hierdie nou eers met julle, maar ons was besig om die Cressida se brieke te bloei.
23 Februarie: Aandklas, Stellenbosch
24 Februarie: The Shack, Kaapstad
25 Februarie: Rabbit Hole, Durbanville
26 Februarie: La Cabane, Houtbaai
27 Februarie: Sgt. Peppers, Kaapstad
28 Februarie: Park Acoustics, Pretoria
Maak dus seker dat julle by een van die gigs uitkom, julle sal nie spyt wees nie. Hulle het ook van die lekkerste merch te koop, so vat maar ‘n paar ekstra lemoene saam.
Ons bra oppiegrond met die kamera, Henry Engelbrecht was laasweek by Salute Bar in Snordorp en het hier die kiekies loop snap:
Watkykjy staan op 3,092,691 post views in totaal sedert 1 November, 2019.