Die twee Pretoria gigs is moontlik die live performances wat vir Mumford & Sons die meeste sal uitstaan sover dit hulle Suid-Afrikaanse toer aanbetref. Veral die afgelope Saterdag se show. Sure, Kaapstad, julle het die see en die berge en alles daar by julle en granted, al die wêreld se hipsters en baarde maar julle het op ‘n plat plein gestaan en cheer terwyl julle oor die ouens voor jou se groot koppe probeer kokkenodge het. Julle kon miskien die berg gewaar het, maar waar is die fokken see, my ou?
Ek skiet julle net bietjie kaarte. Julle brag altyd oor die Moederstad, so gun ons kokkelolle aan hierdie kant van die boereworsgordyn ook bietjie die kans om te brag en ons borste uit te stoot. Ons Snortorianers het die amfiteater by die Voortrekkermonunment as venue gekry vir Mumford & Sons. Jirre, dit was mooi. Ek dink nie daar is ‘n meer befokte live venue as hierdie nie en die pozzie is eers onlangs ontdek (Steve en AfriForum tel nie ‘n fok nie – ons praat van befokte international en local musiek hierso, nie ‘n opswepery in khaki nie).
Om ‘n stage by die ampfiteater op te stel was ‘n baie fokken slim move van HilltopLive (die brasse van Oppikoppi) gewees. Die plek kan so 25k punters vat en as jy shows oor twee aande aanbied (soos in die geval met Mumford & Sons) kan jy 50k mense akkomodeer. Dis Loftus se kapasiteit, daai. Dit sal lekker wees as die ander groot companies soos Big Concerts ook bietjie begin wakkerskrik en die potensiaal van hierdie venue in Gauteng raaksien, want fokweet die Dome was nog nooit lekker gewees nie. Drop bietjie ‘n pin op Pretoria se map, ek sê!
Die local bands wat die show support het, het nie moerse aftrek gekry nie en dis nogal ‘n indikasie van wat verkeerd is met ons local scene se support. Dit geld vir die res van SA ook. Ons is slapgat om local talent te support sodra hulle moet open vir inernationals. Dis geen geheim dat almal mainly daar was vir Mumford nie en dis baie jammer. Die meeste support het eers laat begin instroom (hier van 18:00 se kant af). Ek is tog seker dat The Brother Moves on, John Wizards, The Very Best en Beatenburg hierdie historiese gig steeds as persoonlike mylpale sal ag. Waneer jy volgende keer na so ‘n show toe gaan, gaan kyk die hele ding. Jy’t mos klaar betaal daarvoor? Luister en klap beleefd hande of iets en gesels dan verder met jou tjommies.
Mumford & Sons het eventually die crowd moerse goed gewerk en jirre die mense het saamgesing. Met about fokken alles. Hulle het afgeskop met Snake Eyes (vanaf hulle nuwe album, Wilder Mind) en dit opgevolg met twee ou bekendes vanaf hulle Babel album (I will Wait en Below My Feet) voor hulle weer ‘n draai gaan maak het by ‘n nuwe tune (Wilder Mind, die title track vanaf die nuwe album). Daarna is dit toe way back treug na 2009 met Awake My Soul vanaf die Sigh No More album sodat die betraande gesiggies en geliefdes mekaar bietjie staande kon broeknaai en tongvleg terwyl hulle maak asof hulle iPhones lighters is. Ag ma! Was ek die enigste doos met ‘n actual lighter by die hele show? #SulkeBallie
Die banjo-boeties het ‘n lekker resep uitgewerk vir die aand: Klap die fanse met ‘n nuwe tune, jol twee oues, weer ‘n nuwe een, twee oues. Dit het nogal lekker gewerk en dit was ‘n slim setlist. All-in-all het hulle dertien songs gejol voor hulle by die encore uitgekom het wat vier songs lank geduur het, want die crowd het aapkak gegaan vir nog. Baaba Maal (Senegal se bekendste en befokste muso) is op stage verwelkom en Mumford & Sons en die ouens van The Very Best het Baaba se tune, Lampenda saam ge-jam. Een van daai light-bulb oomblikke waneer jy agterkom dat jy nie lyrics hoef te verstaan as die musiek verby befok is nie. Music indeed transcends cultural, national, and political boundaries. Feite.
Lampenda is gevolg met dieselfde line-up steeds op stage deur There Will Be Time, ‘n splinternuwe tune wat laasweek eers in Suid-Afrika release is, en daarna wêreldwyd – ietwat van ‘n hat-tip aan hulle goeie tye in ons land. En toe breek die tyd dankgod uitendelik aan vir die boneheads om ‘n kansie te kry om die lyn “I REALLY FUCKED IT UP THIS TIME!” harder as die res van die lyrics te skree. Jirre, julle het lank vir daai oomblikkie gewag, huh? Day made, né? Die aand is eventually afgesluit met The Wolf. Dis hoe die outjie klink as jy dit miraculously reggekry het om gespat te raak:
Persoonlik het die beste oomblik aangebreek toe dit begin reën het hier teen die einde, want toe kon ek water met my tong opvang en my dors uiteindlik les. Dit het die show definitief meer memorable gemaak en dit was nie ondraaglike weer nie. Meer van ‘n relief-reëntjie. ‘n Nuwe energie het oor die crowd gekom. Dieselfde energie wat jou hond kry as hy buite in die nat tuin na ‘n donderstorm rondfok en ewe skielik jou huis wil kom vuiltrap van opgewondenheid. Down, boy!
As jy belangstel in die hele setlist soos hulle hom Saterdag hier in Petoria gejol het (nogal in volgorde en alles, hoor) het ons vir jou die lysie gaan opstel as jy so bietjie nostalgies voel en dit op jou foon wil add:
Hier is so paar kiekies wat ons man met die kamera, Henry Engelbrecht gevang het vanuit die media-pit: (ja kan die hele set foto’s hierso kyk)
Net as ‘n after thought:
Die negatiewe aspekte – Die bar queues was fokken ridiculous en die wag vir meer as ‘n uur-en-‘n-half het gemaak dat ek Beatenberg se hele set gemis het. Dis my enigste kritiek vir die hele show, maar dis ‘n groot issue. Dit was beyond pateties en dis defnitief iets waaraan dringende aandag gegee moet word voor die volgende show by dieselfde venue oorweeg word met ‘n soortgelyke size crowd. Granted, mens gaan nie na shows toe om gepiel te raak nie, maar dieselde bars wat die bier despatch het, het ook met al die koeldrank en water gesit. Nooit, ouens.
As jy geld oor het op jou cashless card, doen die volgende:
Were you at the #MumfordRSA shows and purchased the event cashless card and now need a refund. Here are 4 easy steps to get you on your way:
1. Grab your event cashless card, flip it around and locate the 10 digit unique number located next to the Barclays logo
2. SMS this number to 43553. You will get a reply sms so you know that we’ve received your message.
3. Wait for the withdrawal pin to be sent to you (this takes no longer than 2 weeks)
4. Head to your nearest Standard Bank and withdraw the funds from your mobile.
For more information, please head to our Terms of Service on our website.
Watkykjy staan op 3,090,344 post views in totaal sedert 1 November, 2019.