As jy ‘n gereelde visitor van Stash Records se vinyl market by Lucky Rodrigo is sal jy weet dat jy altyd moerse lekker plate daar kan optel. Hierdie Saterdag moet jy seker maak jy is daar as die storie 11am begin want jy gaan eerste moet wees om ‘n befokte collection op te tel – myne.
Check, die storie is dat ek so twee jaar terug my oupa se kar waarna ek poeslank gesoek het opgespoor het en gekoop het. Die outjie kom volgende week uiteindelik terug Pretoria toe alliepad van Bloem af sodat restorasiewerk op hom kan begin en gaan ‘n plaashuis vol geld kos om hom weer te laat ry en blink. Ek sou graag ‘n plaas wou verkoop om hom reg te maak maar ek het nie ‘n fokken plaas nie. Ek het wel ‘n plaat of twee, toe skiem ek “Fok, swaai die plate en fix iets op die kar. Maybe die kazospyp of die wipers. Ek kan my musiek collection altyd weer van scratch af begin. Fok!”
Dis ‘n lekker catch-22 situasie en het fokol met jou uit te waai, maar jy kan geluk in my smart vind. Ons kan netnou weer oor my collection van 40 plate gesels. Saterdag se vibe gaan kaklekker wees. Daar is oor die 3000 plate om van te kies. Gaan join die FB event sodat jy nie daarvan vergeet nie. Al die details is ook daar: https://www.facebook.com/events/1569957323328121/
Stash Records (hulle het ingekom en my plate sommer vir my for free geprys en waardeer) het so paar foto’s deurgestuur van sommige van hulle plate wat te koop sal wees:
Bring maar cash saam as jy in my plate belangstel (aanbeveel) of jou cash en jou kredtietkaart vir Stash se plate. Lucky Rodrigo het moerse lekker kos en bier ook, so wees maar vroegerig daar as jy ‘n kuierplekke wil uistskrop. Die vinyl mark loop van so 11:00 tot 15:00. As jy vroeg daar is sal jy die kiefer plate kan opraap voor die ader marabse deur dit krap.
Hier is ‘n kiekie van so paar plate uit my collection ook. Die volledige lys volg onder die foto:
24 Golden Oldies – Vol 3
AC/DC – Back in Black
AC/DC – Iron Man 2
AC/DC – Razor’s Edge
AC/DC Highway To Hell
Alice Cooper – Trash
An Evening with John Denver
Anton Goosen – Boy van die Subburbs
Black Sabbath – 13
Black Sabbath – Paranoid
Carpenters – 24 Greatest Hits
David Kramer – Bakgat
David Kramer – Hanepootpad
Fokofpolisiekar – Lugsteuring
Fokofpolisiekar – Monoloog in Stereo
Francois van Coke – 7 single (Moontlik Nooit, Skree)
Golden Era of The Mamas and Papas Vol 2
Gorky Park
Judas Priest – Painkiller
Katy Perry – Prism (moenie fokken judge nie. Katy is ‘n lekker goose)
Korn – Issues
Led Zeppelin
Led Zeppelin – II
Metallica – And Justice for All
Metallica – Ride The Lightning
Mumford & Sons – Sigh No More
Mumford & Sons – Babel
Nirvana – Bleach
Nirvana – Unplugged in New York
Paul Simon – There Goes Rhymin’ Simon
Spinal Tap – Break Like The Wind
Tesla – Five Man Acoustical Jam
The Beatles – 1962 – 1966
The Best Of Bread
The Best of ZZ Top
The Motors – 1
Tool – Opiate
Uriah Heep – Salisbury
Van Coke Kartel – Energie
Whitesnake – Ready and Willing
Check julle Saterdag!
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.