In ‘n ander tyd, kak lank terug, in ‘n sterrestelsel kontvêr van hier vandaan kon Metallica nog ‘n album in ‘n maand se tyd opneem. Ja seuns en dogters dis om en by hoe lank dit gevat het vir Ride the Lightning om op analoog te verewig word. Jirre as ek moet wag vir Metallica se nuwe album gaan ek dalk al te oud, kreupel en fokken doof wees. Miskien het dit iets te doen gehad met die feit dat hulle in die studio moes slaap in Kopenhagen, Denemarke terwyl hulle geswoeg en sweet het om major labels se aandag te trek? Well, nee. Actually het hulle teen die spoed van weerlig opgeneem omdat hulle geskeduleer was om shows te speel net ‘n maand na hulle begin het met die fokken opname. No pressure at all! So plaas alles bietjie in perspektief en jy kom agter hulle moes hulle gatte afwerk het daai tyd net om raakgesien te word.
Metallica se debut album, Kill ‘em All, was in Julie 1983 uitgereik onder die indie label, Megaforce Rrecords. Ride the Lightning was uitgereik onder dieselfde label so om en by ‘n jaar later, maar die band moes Megaforce noodgedwonge fire omdat hulle nie die album behoorlik promote het nie. Gelukkig vir die vier perderuiters, wou Elektra records die album sign in die VSA (en dis weer heruitgereik in November 1984). Megaforce kon ook nie die opnamekoste van die album dek nie en Metallica se Europese label, Music for Nations, moes die rekening betaal. Bo en behalwe al die fokken kak met Megaforce moes hulle nog die Kill ‘em All tour ook afhandel. Een groot masehare orgie van ‘n toer. Almal was permanent gesuip en fokken arm. Hey, hulle was net een-en-twintig, twee-en-twintig jaar oud daai tyd. So alles ingenome (met hangovers ingesluit), wanneer die fok het hulle tyd gekry om ‘n album so melodies gekompliseerd te konseptualiseer soos Ride the fucking Lightning?
Meeste mense stem saam dat dit baie te doen gehad met Cliff Burton se musikale kennis en invloed. Mens kan dit nooit genoeg sê nie. Rus in vrede, Cliff Burton! Ek moet sê dis befok om weer bietjie iets van Metallica onder die naald te bliksem, terug te sit en viniel analoog-in-oor-orgasmes te ervaar. Die vorige vinielplaat van hulle wat ek review het was die derde album, Master of Puppets. Wat van volgorde? Fok dit, as jy volgorde wil hê gaan vra jou baas of jy oor naweke leêrs kan regpak. Waar was ek nou weer? O ja, Ride the Lightning, Metallica se tweede album, is ‘n geniale meesterstuk wat ook al meer as ses keer platinumstatus bereik het. Die album skop af met Fight fire with Fire se middeleeuse akoestiese kitaar wat onmiddelik oorgaan na signature hardcore thrash metal. Dis moeilik om te dink dat Metallica die genre net ‘n jaar tevore aan die wêreld bekendgestel het. Die evolusie was so vinnig soos hulle riffs. Die title track se naam is geleen van ‘n quote wat Kirk Hammet raakgelees het in Stephen King se roman The Stand. Een van die karakters (Larry Underwood as ek reg onthou) wat tot die dood veroordeel is, verwys daarna. Dis ook ‘n term wat Stephen King in The Green Mile gebruik het om John Coffee se verdoemenis te beskryf.
Die konsep en lirieke wat Metallica opgetower het vir Ride the Lightning is ook nie vêr van ‘n Stephen King roman af nie. Ek wonder of jong metalheads deesdae nog so baie lees soos die ou garde? Hulle was nie almal ‘n klomp airheads nie, young blood. Net fokken onder die invloed meeste van die tyd. For Whom The Bell Tolls is geïnspireer deur die Ernest Hemingway roman met dieselfde naam. Dit sluit aan by die algehele tema van die album naamlik: dreigende verdoemenis en dood. Hemingway se vertolking daarvan was gemik op die soldate wat geveg het in die Spaanse Burgeroorlog. Metallica het hulle weerlig bietjie gaan inplug by sy idees en die eindresultaat is poesharde donker smart en doodsmusiek. Fade to Black is ook nou nie juis die perfekte soundtrack vir ‘n kinderkranspartytjie nie. Ek het dit lanklaas geluister. So befok as wat dit steeds is, het ek amper my polse op my rystoel se remme afgesaag. Okaaaay, dit was duidelik voor James Hetfield ‘n fortuin uitgegee het op sielkundige behandeling.
Escape is een van my favourite Metallica songs. Just my luck, want James Hetfield like dit fokol. Hulle speel dit nog minder as wat hulle hier in SA concerts kom gooi. Sedebewakers en kinders van die lig moet nou ophou lees. Julle mag dalk net in julle broeke kak want Metallica lees selfs die Bybel. Creeping Death is geïnspireer deur Eksodus 12:29. Daai tyd in Egipte toe God op iets sterker was as tik en besluit het om al die eersgeborenes in Egipte uit te roei. Egiptenare, Israeliete, diere, plante, hoere en klippe! Sommer fokken alles. Die song Call of Cthulu is gebaseer op H.P. Lovecraft se kortverhaal, Call of Cthulu. Metallica spel dit net bietjie anders (Ktulu) maar dis ‘n hat tip vir een van Cliff Burton se gunsteling outeurs en boeke. Of maybe is hulle bang dat hulle die vreesaanjaende diepwatergedierte gaan wakker maak as hulle sy regte naam sing?
Hoe dit ookal seg, gaan haal gerus weer hierdie stukkie geskiedenis uit jou CD collection of download dit. As jy dit op polichloriedvinielplaat het, so veel te beter! Wat ookal jou dwelm van keuse is, speel dit hard en aanhoudend! Vier uit vyf duiwelshorings vir die album en almal wat deel is van die Metallica familie!
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.