Stap 1
Breek die plaat se maagdelikheid stadig en egalig met jou wysvinger. Jy kan enige ander vinger gebruik as jy wil. Vier vingers is miskien te veel en mag dalk die opening te wyd ooprek. Moenie oorhaastig wees nie, jy kan maklik ‘n snybesering opdoen. Dis kakseer en jy wil nie bloed oor jou buite-omslag kry nie.
Stap 2
Haal die binne-omslag versigtig uit die buite-omslag uit. As jy die hele spul laat val is jou plaat poestoe – so wees baie versigtig. Bewonder nou eers die kunswerke op beide omslagte vir ‘n oomblik. Is dit nie fokken pragtig nie?
Stap 3
Haal die swart ronde polivinielchloriedplaat uit die binne-omslag uit. Doen dit met die nodige sorg en versigtigheid. As die plaat val gaan jy ‘n plaathorlosie moet maak. Dit is onnodige moeite en jou belegging se herverkoopswaarde is dan ook in in sy fokken moer in.
Stap 4
Plaas die polivinielchloriedplaat versigtig op die draaitafel. Sorg dat die klein tietkoppie in die middel van die draaitafel deur die ronde gaatjie in die middel van die etiket indruk. Anders gaan jy die fokken ding krap en sodoende jou naald opfok. Moenie vertraag wees en die draaitafel laat hardloop voor jy die polivinielchloriedplaat veilig neergeplaas het nie. Glo my, dit kan groot kak veroorsaak. As die plaat veilig geplaas is, bewonder nou gerus die etiket. Voel jy nie nou in jou noppies nie?
Stap 5
Draai nou die volume poeshard.
Stap 6
Gebruik die armpie om die naald noukeurig op die polivinielchloriedplaat te plaas. Geniet nou die klanke wat uit die luidspreker kom. Onthou om die polivinielchloriedplaat om te draai wanneer die eerste kant klaar is. Jy mag nou maar begin headbang!
Die metalheads wat hulle sout werd is gaan geen beskrywing nodig hê van dié plaat nie. So net as ‘n spesiale bonussie vir julle hipsters (wat deesdae ook nou al die metalplate begin fokken opkoop) hier is die band en album in ‘n neutedop.
Heel eerstens: Megadeth ‘n thrashmetal band. Al gehoor van die Big Four? Nee? Ok toemaar, daar is so ander metal band wat julle ook nie meer by die platewinkels en vinyl fairs sal sien nie. Want julle hipster maaitjies het dit alles fokken opgekoop. Die groep se naam is Metallica. Die frontman van Megadeth was eers die lead guitarist van Metallica. Sy naampie is Dave Mustaine. Hy het te veel dwelmpies gedoen in die vroeë tagtigerjare en toe skop Metallica hom op sy gat. Maar net om Metallica ‘n ding of twee te wys begin hy toe die band Megadeth. So Far, So Good, So What! is Megadeth se derde studio album wat in 1988 deur Capital Records release is. Hierdie polivinielchloriedplaat is een van hulle re-issues, gedruk in Europa in 2009. Hulle is nie so skaars soos original pressings nie want hipsters koop MOS net sulkes. Mind you dis ook nie meer so maklik deesdae om nuwe pressings te kry nie. Julle illusive hipsters klim nou ook in die nuwe pressings in.
Megadeth is een van die min vroeë thrash metal bands wat sosiale en politiese temas aangeraak het in hulle musiek. Die koue oorlog was daai tyd ‘n baie skrikwekkende realiteit en Set the World Afire gaan oor die moontlikheid van ‘n nuclear holocaust. Hook in Mouth gaan ook oor die boosheid van sensuur wat nogal groot was in die Verenigde State in die tagtigerjare. Danksy Al en Tipper Gore se Parents Music Resource Centre. Wat ‘n fokken sirkus was dit nie? Gaan Youtube bietjie Dee Snider se PMRC hearing. Jy sal jou gat aflag!
Anyway, daar is ‘n cover van die Sex Pistols se Anarchy in the UK op die album. Ek hou meer van die original. Megadeth se version is full on metal maar dit makeer daai rebelse anargie wat die punks in die sewentigs sonder moeite kon afpull. My favourite song op die album is In my Darkest Hour. Dit is geskryf deur Dave Mustaine net na Cliff Burton se dood. Hipsters, julle moet oplet. Hierdie is metalgeskiedenis. Cliff was Metallica se bassist. Hy is oorlede toe Metallica se toerbus gerol het in Europa terwyl hulle op toer was – met die hele band in die bus. Dave was onder andere upset dat James Hetfield en die manne hom nie laat weet het van Cliff se dood nie. Hy het dit deur die grapevine gehoor. Dis ‘n stadiger metal tune maar jy kan uit die lirieke agterkom Dave was die bitterre pis in gewees.
Dave hou daarvan om te vent. Hy het nie net gevent teenoor Metallica op die plaat nie maar die song Liar is geskryf vir Chris Poland. Poland was Megadeth se vorige guitarist wat gefire is omdat hy equipment gesteel het by die band om sy heroin addiction te befonds. Nou ja, Hipsters, bly weg van polivinielchloriedplate en ander dwelmpies, nê?
Ek kan nie anders as om hierdie polivinielchloried plaat vier uit vyf duiwelshorings te gee nie. My bure haat my al weer!
Watkykjy staan op 3,104,688 post views in totaal sedert 1 November, 2019.