Ek vind dit altyd moeilik om ‘n full on pop record te review. Maar ek moet seker meer van hulle onder die oor plaas, aangesien al die rockers besig is om op ‘n string die planeet te verlaat. Fok jou, kanker!
Ek moet bieg, ek het actually nog nooit van Ellie Goulding gehoor voor ek die CD in hand gehad het nie. Sy klink nogal baie na Lily Allen en Adele. Ek probeer hulle musiek vermy ten alle koste. Maar na nadere ondersoek het ek agtergekom Ellie is ‘n interesting recording artist. Sy het nie naastenby die bevoorregte jeug gehad waarmee haar eweknieë geseën was nie. Haar lewe is ‘n rags to riches verhaal – die moderne Poesastertjie van Brittanje. Kakarm grootgeword in ‘n council house in Lyonshall, Herefordshire. Amper soos Sunnyside, Pretoria se flats in 2016.
Haar pa het haar verwerp toe sy vyf was. Haar ma was ‘n mislukte kunstenaar wat in ‘n supermark gewerk het net om kos op die tafel te sit. Sy het ‘n kamer gedeel saam met haar twee susters tot sy die huis verlaat het. Sy het haar moer af gewerk op skool, uit die huis uitgetrek toe sy agtien geword het en saam met ‘n ouer dude gebly terwyl sy engels en drama studeer het op Universiteit. Respect. For real.
Haar big break? By ‘n open mic talentkompetisie waar haar huidige bestuurder, Jamie Lillywhite haar toevallig ontdek het. Sy het kort daarna ‘n record deal met Polydor gesign en opgeskop. Wait, there’s much more. Sy het ‘n Brits’ Critics’ Choice award gewen in 2010 en haar cover van Elton John se Your Song was gebruik in ‘n John Lewis Christmas advertensie. Die cover het meer as 56 miljoen hits gekry op Youtube. Ek moet sê, dis ‘n befokte cover.
Daarna was die wêreld Poesastertjie se oestertjie. Sy het ‘n persoonlike uitnodiging van Prins William en Kate Middleton ontvang om op hulle troudag die dansvloer te open. En wel, sy het toe. Wonder of haar koets ook in ‘n pampoen verander het? Sy het ook al by die White House in Washington opgetree. So, wat doen jy as jy die wêreld aan jou voete het? Jy gaan so commercial as wat jy fokken kan en probeer soveel as moontlik geld maak. Terwyl dit pap reên, moet jy skep, pappie!
Delirium is haar derde album onder die Polydor label en duidelik ‘n waterskeiding oomblik in haar musiek. Haar vorige albums was bietjie donkerder folky pop. Delirium is ‘n baie meer happier pop en dance offering. In haar verdediging moet ek byvoeg dat dit at least nie te erg stroperig en vlak is nie. Dis lekker vibey en die japgat clubs en hangouts vreet dit nog steeds vir soetkoek op. Well played, Ellie. Kaching!!
Like ek enige van die songs? Mmmm, dis agtergrond musiek in my boek. Maar daar is ‘n paar songs met substance. Holding on For Life en Love Me Like You Do is seker nie te bad van ‘n pop perspective nie. Don’t Need Nobody is ‘n dansnommertjie wat ek kan verdra. Don’t Panic is ‘n personal anthem vir Ellie – sy lewe met anxiety en kry gereeld panick attacks. Maar die enigste song wat ek nogal like is Army. Maybe omdat dit so onderskeidend van die res en uplifting is. Sy het dit geskryf vir haar BFF, Hannah Low. Dit lê beide die kwesbaarheid en sterkte van hul vriendskap bloot. Aawwww sweet.
My favourite song van Ellie, noudat ek haar ontdek het, is nie op enige album van haar nie. Dis ‘n brilliant leaked song van haar wat op Youtube is. Die song se naam is I’m Not Following You. Daar is nie veel info beskikbaar nie maar wat ‘n great tune! Dit klink amper soos Frente! van die nineties – net met ‘n britse aksent.
So as jy ‘n pop en dans marabsie is gaan jy my vloek en skel. Dis OK, ek het ‘n dik kreupel velletjie. Delirium kry twee duiwelshorings by my!
Watkykjy staan op 3,048,175 post views in totaal sedert 1 November, 2019.