Na minder as 24 uur is jy possibly alreeds gatvol om al die David Bowie posts op die interwebs en in jou social timelines te sien. Om die waarheid te sê is ekself glad nie ‘n fan nie, maar dis human nature om bietjie nuuskierig te wees en rond te krap. Bowie het vir die afgelope agtien maande stilweg teen kanker baklei en het eventually die battle op 10 Janurie verloor, twee dae nadat sy splinternuwe album, Blackstar release is. Dit is asof die ou sy timing presies reg gekry het en alles beplan het vir sy departure en met rus vir sy siel deurgebreek het na die groot trop toe.
Soos dit die geval met my is, is sy musiek nie dalk in jou top 100 lys nie, maar dis die moeite werd om ten minste sy music video vir Blackstar ‘n shot te gee. Mens kan dit eerder sien as ‘n befokte short film waarvoor die perfekte musiek gekies is. Dit sal ook nie verbaas as ‘n kakhuis vol studente gaan poog om ‘n tagtig bladsy thesis oor hierdie video alleen te skryf vir een of ander obskure meestersgraad nie. Die simboliek is nogal oorweldigend en ek gaan nie eers probeer om daraan te raak nie. ‘n Man sal heeltyd sit en pause en weird kak raaksien en excited raak.
“Steek hy sy eie kersie aan vir ‘n vigil?”
“Jirre nooit, hy’s ‘n fokken blinde profeet!”
“Is daai swart ster alien-taal? Of is dit kommunistiese kak?”
“Beteken daai geel smiley face op sy suit dat jy dit nie te ernstig moet opneem nie? Of beteken dit ek moet acid vat?”
*sluk so acid”
Sover het sy tjommie, Annie Lennox dit die beste opgesom:
Like a gazillion other people, I feel stunned by the news that David Bowie has departed this earth.
At the loss of someone who has impacted and influenced your life, you can hardly begin to measure the shape of what’s left behind.
Our personal and collective inner landscape has shifted and we’re trying to come to terms with it.
No one exists forever and it seems our elegant gentleman was well aware that his last mortal chapter was about to reach it’s conclusion.
“Blackstar” was his parting gift.
Provocative and nightmarishly “otherworldly”… we are jolted towards the twilight realms of epileptic seizures and voodoo scarecrows.
The bejewelled remains of Major Tom lie dormant in a dust coated space suit…
It leaves me breathless.
You must see it to believe it…
He knew…
He could see through it all.
As ‘n bonus, kyk gou eers hoe Lennox en Bowie terug in 1992 Under Pressue tydens die Freddie Mercury Tribute Concert perform het. Definitief een van die highlights, maar ek sal jou aanraai om die hele DVD op te spoor of te download, al is dit net om vir die performers in die line-up se faktap outfits te lag. Self James Hetfield het soos ‘n fokken dork gelyk. Almal was marabse in die 90s.
Terug by Bowie se movie. Maak seker jy het tyd om dit aandagtig te kyk. Jy sal moontlik vind dat jy skielik alles oor die man met die weird ogies en space obession wil gaan oplees. Daar was heavy schizo drug vibes op ‘n stadium in sy lewe gewees.
Jy kan nou maar verder gaan sit en wonder oor waddefok daar gebeur het. Chilling kak. Blackstar was David Bowie 25ste studio album en dit sluit af met die tune I Can’t Give Everything Away, wat moontlik beteken dat jyself maar deur sy lyrics moet gaan rondkrap om easter eggs te kry of secrets te unlock. Soos faktap “geleerdes” sou reken: It’s a riddle wrapped in an enigma tied with a pretty ribbon of obfuscation, thrown into an ocean full of sharks with friggin’ lasers attached to their heads… of so iets …
Hierdie is die tipe album wat hopelik eendag op vinyl vrygestel sal word sodat jy na dit op jou grammafoonplatespeler kan luister tydens spesiale geleenthede saam met jou “vriende”. Jy kan die omslag netjies langs jou tikmasjien uitstal, wyl jul organiese, geroosterde kasjoeneute verorber saam met ‘n boetiekbier of twee, julle geöliede baarde in nabetragting streel en dan en wan ‘n traan wegpink met ‘n geruite sakdoek.
Of koop dit net op iTunes en luister dit stilweg.
En onthou om “Bowie” reg uit te spreek.
Moenie ‘n fokken maui wees nie.
Watkykjy staan op 3,056,559 post views in totaal sedert 1 November, 2019.