Daar het eergister ‘n oulike videotjie op YouTube sy kop uitgesteek. Selena Gomez (wat self glad nie haar ma se lelikste kind is nie) het so maand of wat terug rehearse vir haar optrede vir volgende week se Victoria’s Secret Fashion Show. Daai show war kakwarm meisies in klein onderbroeke en groot vlerke rondloop oor die catwalk. Met so bietjie behind the scenes features en fooage het so paar van die Angels ge-lip sync op haar nuwe, tune Hands to Myself. Die models in die video sluit onder andere in: Behati Prinsloo (sy is van Namibia af – respek, buurvrou!), Lily Aldridge, en ons eie Candice Swanepoel wat so bietjie rondfok voor die kameras. Warm, dog onskuldig.
O ja, en voor jy die tune judge, wag net so paar maande. Dis nog nuut. Hy moet nog die circuit slat. Die troue circuit. Jy sal hom herken by die volgende troue wat jy bywoon, want ons kan jou nou verseker dat jy een van draai dronk torre sal wees wat met jou brannasbevlekte wit hemp en das om die voorkop met jou arms na bo gestrek jou krobbedoster teen die blommemeisie se boude gaan skuur op die dansvloer. Ons check jou fokken colours…
Watkykjy staan op 3,092,702 post views in totaal sedert 1 November, 2019.