Iemand gaan hierdie fokop moet fix en soos dinge nou lyk gaan dit hom ten minste agt jaar neem om die skaam wat Heineken Meyer veroorsaak het af te was. Ons kort ‘n Springbok mechanic/panel beater; een van daai brasse wat in sy Brakpan backyard al die spares het om jou Citi Golf fokken once te supercharge. Jy maak seker uit van daai grease monkeys wat met ‘n spanner en blikkie spraypaint jou faktap Fiat soos ‘n Ferrari kan laat sing?
Let’s face it boys, ons het vir die man ‘n Twin Turbo V8 Opel met ‘n gedropte suspension gegee en na ‘n klomp hondsleg besluite sit ons met ‘n Datsun bakkie wat elke vyf minute afkak. Ek weet fokkol van karre af nie, by the way. Maar ons kort ‘n mechanic wat karre kan bou wat selfs die All Blacks sal kan dice. Stories soos “ons het net met twee punte teen die All Blacks verloor” maak my bloed kook, want ons het nie vir ‘n minuut in daardie game eers gelyk of ons gaan score nie. Dat ons in die doodsnikke ‘n drie teen Wallis moes druk om dit tot in die semis te maak was alreeds ‘n aanduiding dat ‘n derde World Cup nie vir die Springbok beskore was nie. I mean sersiously, kom ons noem nie eers Mr Jones se handbrake turns wat ons met stof in die eyesockets na die eerste game in die toernooi gelos het nie.
Kyk, ons kort ‘n bra wat uitmaak van die basics en met basics verwys ek na iets so eenvoudig soos om die beste man vir die job te kies of hy nou wit, swart, coloured of whatever is. My Midrand Mafia manne – sulke huge Xhosa dudes – is net so pissed off oor Heinrich Brussow wat so rondgefok was as wat hulle is oor daai patetiese drie minute van Rudy Paige. Die beste man vir die job is al wat hulle soek en Ruan Pienaar was byvoorbeeld nooit die beste man vir die job nie. Maar ons het hom bly kies. Die arme marabs. Daardie spesifieke herhaling van ‘n supertos besluit laat my dink aan die dae toe Doc Craven nog die shots gecall het en sy moer gesptrip het omdat die Broederbond hom op ‘n kol getune het wie in die span moes wees. Doc het fokkol van die Broeders gelike nie, ek like ook nie van Broeders of Free Mason like clubs of skole met secret handshakes nie want dose wat in groepies sterk is, is gewoonlik pissies as jy hulle op hul eie after die fietsloods kry. Die Broerders wou op meer as een geleentheid vir Doc hard bliksem – maar piele, hierdie is nie ‘n geskiedenis les nie so ons sal daardie feite vir ‘n ander dag los. Ons kort ‘n mechanic.
So ruk terug het ‘n Watkykertjie my ‘n kont genoem toe ek voorgestel het dat Allister Coetzee die regte man vir die job is. My bra, ek is wat ek eet, so thanks. Maar dit het my laat dink, as dit nie Coetzee (wie ek skiem dit moet wees) gaan wees nie, wie dan anders? Wie kan die Bokke fix soos Coetzee die Stormers gefix het? Bliksem, die manne in die Kaap rook way te veel boom, want fokkit voor Coetzee was die WP maar hondkak gewees. Julle vergeet gou, boys. “Tackle Toetie” is wat hulle hom noem, maar ek kies dit enige dag bo ‘n expansive running Lions span wat twee, ja fokken twee seisoene kon gaan sonder om een donnderse game te wen.
Anyway, kom ons kyk bietjie na die ander opsies
Johan Ackermann
‘n Hele klomp manne skiem Akkers is die regte ou vir die kakste job ooit en dit klink cool en alles, maar die dude moet dalk eers die Lions op ‘n punt kry waar hulle serious Super Rugby title contenders word. Dalk oor so agt jaar is hy die man, maar nie nou nie.
John Mitchell/Robbie Deans
‘n Buitelander is seker ook ‘n opsie, maar in ‘n land waar xenophobic attacks feitlik daagliks plaasvind is dit dalk nie die beste plan nie. Mitchell/Dean kan dalk befok werk as ‘n hulpafrigter. Ek sou byvoorbeeld vir Mitchell as ‘n taktiese man inspan; roep hom die assistant coach of conditioning en planne beraam. Maar foreign head coach… noddefok.
Nick Mallett
Ou @BoknRoll reken op Twitter Mallet is die antwoord, maar as ons nie vir Hansie nog ‘n kansie wou gee nie is Mallet dalk ook nie die man vir die job nie. Op ‘n meer serious note, ons klomp armchair experts judge manne op hul foute en die dag toe Mallett vir Tong Skinstad bo Gary Teichmann, voor ‘n World Cup nogal, gekies het, moes ons geweet het dit gaan nie lank hou nie. Nee dankie.
Naka Drotske
Hier is nou vir jou ‘n mechanic of note! Die bra moes elke liewe jaar van voor af begin het as die groot manne sy ysters kom koop het en elke seisoen het hy gesorg dat die Cheetahs ons harte vir ten minste 60-minute soos ‘n V8 laat vibrate het. Hy is dalk nie beskikbaar nie, hy is gatvol en die kanse dat hulle hom sou nadertrek is about so goed soos die kans dat Jacob Zuma eendag in die tronk sal gaan sit.
Frans Ludeke
Twee Super Rugby trophies en toe kom krap Meyer in sy slaai. Shame, die bra moes sien hoe sy werk saam met ‘n sopdrol in die toilet afgelush word. Sy spannetjie was lekker en die stelsel daar by die Bulle ook, maar nes Naka, sal hy ook nie oorweeg word nie. Fair enough.
Chean Roux
Chean who? Chean Roux, my bru. Julle sal hom dalk onthou as die bra wat heel chill in die Springbok coaching box gesit het terwyl Heineken soos ‘n jong meisie by ‘n rave party op en af gespring het. Hy was Maties se coach toe niemand, and I mean fokken niemand, hulle kon klop nie. Maties het tydens sy bewind vir iets soos drie jaar nie ‘n game verloor nie.
Hy is ook dieselfde ou wat vir Juan de Jongh sy eerste gap gegee het. Hy het ook nog nie ‘n Super Rugby span gecoach nie, so hy behoort nie die kak van “hy kies te veel Bulle/Stormers” op te eet nie. Hy was nou al ‘n ruk deel van die Bok setup en hy is seriously ‘n befokte ou. Dalk ‘n bietjie left field, maar as dit nie Coetzee is nie, is hy beslis my persoonlike volgende keuse. Amper Jake White vibes, behalwe hy kom nie voor as ‘n poepol wat almal sal wil afpis nie.
Heineken verdien seker nie al die skuld vir die skaam nie? Kom ons gaan loer gou watter manne op die soon-to-be unemployed Springbok coaching staff dalk moet aanbly.
Johann van Graan (forwards coach) – Beslis ‘n man wat sy storie ken, maar hy kon seker ook net soveel doen met die game plan waarop ons staat gemaak het. Die dude ken die game inside out. Dit sal suck as hy vir Springbok rugby verlore Graan.
Ricardo Loubscher (backline coach) – Die term “too soon” is dalk hier van toepassing, maar dan moes hy ook ‘n agterlyn probeer afrig wat meeste van die tyd sonder ‘n behoorlike taktiese skopper moes operate. Dalk nie die beste man vir die job gewees nie.
Pieter de Villiers (scrum coach) – In ‘n tyd waar vaskopstutte so skaars soos hoendertande was het die dude glad nie sleg gevaar nie. Ons skrums was meeste van die tyd solid en ek skiem die volgende coach kan solank vir hom ‘n please-call-me stuur.
John McFarland (defence coach) – Sonder twyfel een van die bestes daarbuite, maar as daar een ding was wat my laat worry het, was dit ons scramble defence, oftewel ons verdediging vanuit omgekeerde besit. As Coetzee die job kry en die Bokke kan soos die Stormers as ‘n eenheid begin tackle… meh
Richie Gray (breakdown coach, consultant, what-what) – Wat ‘n fokken waste van ‘n paycheck in die land waar ons tien ton losevoorspelers het. Wat weet Skotte in any case van rappie af?
Ian Schwartz (team manager) – Sy aanstelling was loshande die kakste ding wat met Suid-Afrika rugby kon gebeur het. By die Bulle was hy goud werd en terloops ook die rede waarom hulle way back manne soos Victor en Bakkies geteken het. Om die beste talent scout in die land vir vier jaar by die Bokke te laat uithang was ‘n oulike gedagte, maar dit het ons dalk baie meer gekos as wat ons ooit sal besef. What a guy, what a legend, what a waste.
Louis Koen (kicking coach) – Ja nee kyk, met tye het sy magic seker gewerk, maar teen die einde was hy ook maar nes ou Percy ‘n passasier op ‘n skip waar net een bra regtig kon skop. Skip-skop, drop. Nee wat.
Basil Carzis (conditioning coach) – My fok, die dude moes dalk voor Heineken sy bedanking ingedien het want waar op des aarde moan ‘n coach vyf minute voor ‘n World Cup dat sy spelers onfiks is? En dit met al die next level GPS vibes wat tot hul beskikking was. Weereens was dit dalk nie sy skuld nie, maar verskonings soek is mos ‘n nationale sport, of hoe?
Ek gaan nou vir my ‘n brannas skink en solank begin plan maak om hierdie useless Absa logo van my doosduur trui af te try kry…
Watkykjy staan op 3,110,464 post views in totaal sedert 1 November, 2019.