Hollywood Vampires – Debuutalbum
OK, dis silly season en jou lewer is besig om af te kak. Dalk is jy opsoek na road trip musiek of miskien musiek wat gaan help om jou gaste op te sweep tydens jou Desember dronkness paarties en/of braaie langs die pool. Jou lewer gaan waarskynlik gemartel word. To ease the blow, check bietjie hierdie old school vibes uit. Dit wek die gees van rock and roll op (in more ways than one).
Die ironie wat gepaardgaan met die hele konsep mag jou dalk net laat verstik. Hopelik nie soos John Bonham, Bon Scott of Jimi Hendrix die planeet verlaat het nie, nee. Bless their rock and roll souls. Maar dis actually die hele idee rondom hierdie album. Ek weet julle wag in spanning vir my punt. Jirre, moenie so ongeduldig wees nie, fok! Julle kort almal vakansie.
Kom ek verduidelik: Die oorspronklike Hollywood Vampires was ‘n drinkersklub wat Alice Cooper in 1970 gestig het vir beroemde flesvatters. As jy ‘n lid wou word moes jy al die ander bestaande lede onder die tafel in kon suip. Die hooflede was Keith Moon, Ringo Starr, Mickey Dolenz (the Monkeys) en Harry Nilsson. John Lennon en Keith Emerson (Emerson, Lake and Palmer) het ook so nou en dan onder die prop geraak saam met die Vampires. Nog ‘n paar bekendes wat moerdronk geraak het saam met hulle was John Belushi (Blues Brothers), Marc Bolan (T Rex) en Joe Walsch (the Eagles). Strawwe kompetise! My lewer sit in die hoekie, bewe en huil.
Maar soos meeste drinkersklubs wat hulle sout werd is, was dit ‘n plek waar geen attitude of bad vibes toegelaat was nie. Nothing but good times! In 2015 het Alice Cooper besluit om ‘n super-rock-groep te begin saam met Johnny Depp en Joe Perry om die musiek van al die rock sterre wat in die 1970’s dood is van te veel suip te vereer. Ta-daa….en hierdie debuut album het die lig gesien! Duff Mckagan en Matt Sorum toer ook saam met hulle sou nou en dan. Die lead track The Last Vampire is legendaries. Dis ‘n stukkie uit Bram Stoker se Dracula wat deur Christopher Lee kort voor sy dood voorgedra is vir die album. Dit gee die hele offering net so bietjie ekstra street credit.
Jirre, soos wat ek deur die name in die band scan is baie van die bras nou geheelonthouers. Dis die laaste van die Hollywood Vampires en ander legend rock stars. Hulle het almal hulle innings gehad. So wat is op die album? Daar is covers van bekende tunes op, soos the Who se My generation en Led Zeppelin se Whole Lotta Love (met Alice Cooper en Brian Johnson op vocals). Dis ‘n befokte cover van die song! My gunsteling op die album. Dan ook covers van the Doors’ se Five to One en Break on Through (to the other side), Jimi Hendrix se Manic Depression, Paul Mcartney se Come and Get it, Marc Bolan se Jeepster, John Lennon se Cold Turkey, Alice Cooper se School’s Out, Pink Floyd se Another Brick on the Wall Part 2 en nog vele meer.
Super cool classic tunes! Daar is net twee nuwe tracks: Raise the Dead en My Dead Drunk Friends wat deur Cooper en Depp geskryf is – in lekker old school rock styl. Albei songs is selfverduidelikend en ‘n rockin’ seventies plesier om na te luister. Ek hou my glas omhoog en drink op al die crazy rock stars wat die hoogste prys moes betaal en diegene wat dit oorleef het om die stories te vertel. Drink verantwoordelik hierdie Desember Watkykertjies!
En moenie bestuur as julle stukkend is nie asseblief.
Tot sover,
Ds Rolbees.
8½ uit 10!
Metallica – Master of Puppets
Ek het hierdie vinyl vir ‘n spesiale geleentheid gebêre. Ek skiem die einde van die jaar kwalifiseer as een, of hoe? Die band en album het geen introduction nodig nie. Maar net vir fun. Hier kom hy nou. Metallicaaaa!!!
Die oorspronklike pressing van Master of Puppets is in 1986 release. Hierdie stukkie polyvinylchloride wat ek in my hande het is ‘n 2008 remaster van Europese afkoms – gedruk in 180g formaat op die Universal Records label. Vir die van julle wat nie weet wat ek nou kwytraak nie. Dis daai swaarder nuwer plate wat nie kan buig nie, verstaan? Audiophiles se daaglikse brood en wyn. Master of Puppets was Metallica se kommersiële deurbraak en dis opgeneem in die dae toe Cliff Burton nog gelewe het. Cliff mag dalk “net” bass gespeel het – KOES! – maar hy was geskool in (onder andere) klassieke musiek. Jy kan sy invloed duidelik op die eerste drie albums hoor. Wie het ooit voor Kill ‘em All al gehoor van ‘n bass solo?
Die progressie in Metallica se musiek is duidelik hoorbaar op Ride the Lightning. Die arrangements het meer gekompliseerd begin geraak en die harmonieë is one of a kind next level. Toe ek Kill ‘em All vir die eerste keer gehoor het, het ek met tye gewonder of dit genuine as musiek geklassifiseer kan word. Dit was net fokken rebelse harde geraas in my ore. Thrash metal was nog iets nuuts gewees. Perfek vir ‘n dertienjarige laaitie. Maar Master of Puppets het daai hele persepsie van my op sy kop gedraai. Onderstebo metalhead! Dit was sadly Cliff se laaste album saam met Metallica gewees voor sy ontydige dood op 27 September 1986. Onthou julle die bus ongeluk in Swede? Julle ken mos die sad storie. Jirre, Metallica was vir jare opgefok daaroor.
Master of Puppets was ook die eerste thrash metal album wat platinum status behaal het. Jip, dit het meer as ‘n miljoen albums verkoop. In fact, in 2003 het dit al ses keer platinum status behaal. Uhm nee, Jacob Zuma, dit beteken nie Sixty hundred thousand and sixty thousand nie. Dit is soos in meer as ses fokken miljoen units. Wonder hoeveel is dit nou al?
Ek sou nie sê Master of Puppets is my gunsteling Metallica album uit die Cliff Burton era nie. Kill ‘em All is wel, vir persoonlike sentimentele redes. Maar kom ons wees nou eerlik, Master of Puppets, is uit ‘n metal-musiek oogpunt net so bietjie verby geniaal as jy my beskeie mening sou vra. Julle ken die tunes man. Die song Battery skop af met daai amper Spaanse akoestiese kitaar en dan die elektriese kitare wat oorneem in bykans dieselfde trant… en dan ruk die ding kakmal. Jissus, en Hetfield se vocals was nog op top form. Controlled maar agressief. Dis poesvinnige musiek wat ook kan afkoel en stadiger rock met tye.
Hey man, selfs in vandag se terme is dit epiese tunes. Master! Master! Master of Puppets are pulling your strings! Fok, dit klink so pragtig met ‘n analog sound system. Dit gee my ‘n hard-on. Ek het ‘n duim-noël in my jeanpant se sak vir al julle digital junkies. Metal up your ass, bitches! Wie kan Fade to Black vergeet? Dit was emo wat jou kon bliksem met ‘n knuckle duster. Fok ‘depressed is cool’. Gooi metal as jy die bittere pis in is. Of is dit anders om? Ek weet nie. Disposable heroes met daai machine gun riffs. Ek het sopas in my broek gekom. My fokken ore sing en my bure haat my. Fok hulle ook!
Ek is deel van die Metallica family! En as jy die hoogtepunt van Cliff Burton se genius wil beleef gaan luister net daai instrumental song, Orion, weer bietjie. Hoor hoe tokkel daai bra lead fokken bass. Bless his rock and roll soul. Dis iets wat jy min hoor deesdae. Lead bass!!! Cliff Burton was ‘n legend, ek lig my glas omhoog vir Metallica! En vir Cliff! Waar hy ookal nou bass solos speel! 9½ uit 10!
Watkykjy staan op 3,103,985 post views in totaal sedert 1 November, 2019.