Gerald Clarke het verlede week sy album, AfroBoer & The Golden Goose gelaunch by die Atterburyteater in Petoors. Dit is meeste van die tyd maar net eenvoudig die moeite werd om musiek te gaan kyk as om bloot net daarna te luister. Visually translate alles net beter van ‘n stage af en dwing jou om so bietjie meer in te neem omdat daar kakbaie energie is – iets wat Gerald se guest artists na die tafel toe gebring het. Daar was ge-blues en ge-rock maar dit het by tye defnitief meer oorgeleuen na die rock kant toe, veral met guest artists soos Jaco Mans se insette. Rock of blues – Simon Orange se keyboard het gesorg vir daai ektra edge. Dink aan The Doors tipe orrel vibes. Daai was kaklekker gewees. Sulke sixties. Nie te veel nie en nie te min nie. ‘n Voller klank en net-net mooi afgerond.
Die feit dat die show met ‘n klein 2 minute video ge-open het om so bietjie van die album se journey te skets was ook ‘n moerse lekker touch gewees. Storietyd. Lekker man.
Ek kan nou nie al die guest artists se name onthou nie, maar Schalk van Der Merwe het ‘n befokte rugraat vir die tunes gegee met sy slappin’ da bass waaraan Tim Rankin en ‘n bra van Lydenburg die vleis begin pak het met die drum beats. Dis gewoonlik ‘n moerse risk om twee drummers saam te laat jol in een band op een stage maar dit het net eenvoudig gewerk. Dit gee jou bietjie meer van ‘n “waddefok doen hulle nou?” moment soos jy tussen die twee drummers rondkyk en dan terug na Gerald wat jam, skuifel en jive oppie stage en die smooth lyrics uitbassuin. Obviously was Gerald Clark die main attraction. Dis afterall sy fokken album launch en die bra het gekook op stage, maar ek voel dis nodig om die band ook uit te lig want hulle het ‘n befokte job gedoen.
Nog ‘n lekker bonussie vir die oog was Suzzi Swanepoel, ‘n blonde bokkie wat die blues ‘n lekker horing gegee het met so paar sassy songs wat sy saam met Gerald gesing het. Ek skiem dit sou cool gewees het om haar dalk ‘n tamboeryn in die hand te stop want – en maybe was dit net ek in die gehoor gewees – dit het op ‘n stadium gelyk of sy imaginary draties nogal hard gooi. As ek in die voorste ry gesit het was daar dalk net moeilikheid… Next time.
Tamboeryndraties ter syde gestel was daar eerlikwaar net een fokken weird “what the fuck”-oomblik gewees. Wag so bietjie. Actually meer as een. So drie van daai oomblikke. Ek het nooit in my fokken lewe gedink ek sal Dozi ooit live op ‘n stage sien voor ek vrek nie (die ou in die pienk hemp hieronder in die fotos – jy sal hom nie herken nie). Dit was ‘n lekker sucker punch gewees. Dis kroekens, ouens. Dit was heel bizarre – die man is ‘n kop of twee langer as die res van die mense op stage en hy lyk moerse ongemaklik met ‘n kitaar, moontlik vanwee die lengte-storie. Dit lyk eerder asof hy met ‘n AK47 rondlsluip en terries agter die stage se gordyne in die pere wil skiet.
Hang on – daar is positiewe aspekte. Ons judge die arme bra al te kakhard vir jare lank. Behalwe vir een van die tunes waar Dozi ‘n stuk in Zulu gesing het (wat by the way, baie befok was), het hy ook ‘n solo hier en daar uitgeruk en backing rhythm verskaf vir ‘n gedeelte van die show. Hierdie awkwardness het my die hele storie actually baie meer laat geniet. Die hele what-the-fuckness wat vir some rede net befok gewerk het. Asof iemand my aan my skouers geruk het het en tune: “Jissis ou, sien jy wat op stage gebeur?”
Gerald, ek skiem jy moet hierdie show ‘n regular ding maak en hom op toer vat deur die land. Jy het ‘n befokte storie om te vertel deur jou musiek, skiem ek. ‘n Tipe musical journey. Gooi dalk nog so bietjie visuals by? O ja, en hou vir Dozi in die line-up. Hy sal seker maak die terries fok nie met julle blues nie…
Net ‘n vinnige laaste note – julle outjies moet bietjie by meer live shows uitkom. Die musoc
Hier is so paar kiekies wat deur Watkykjy se fotograaf, Henry Engelbrecht geneem is verlede week by die show:
Watkykjy staan op 3,071,839 post views in totaal sedert 1 November, 2019.