Het jy fokol plek om nuwejaar te celebrate? Soek jy ‘n plek waar jy geswaai kan raak en oorslaap sonder om oor die pote te worry? Kom join ons vir ‘n heerlike skoffelsessie oppieplaas vir die naweek van die 31ste Desember by die Melkery. Dis fokken naby aan Pretoria en Joburg, so moenie probeer rondfok met Uber op new years om na ‘n kak club party toe te gaan nie. Pak ‘n tent, ry jou eie fokken kar na ons party toe, slaap oor vir ‘n aand of drie en ry terug as jy weer nugter is.
Gesoute DJs sal jou jeukende voete uitsort met die kiefste tunes onder die son:
DJ Bob (206)
DJ T! (Melkery)
The Groove Navigators (Revel In)
DJ Debut (Kempies)
DJ Griffin (Watkykjy)
Ons het ‘n indoor pool met strandsand reg voor die DJs sodat die armgatte wat nie Margate kon bekostig nie ook larney kan voel. Seriously, een van daai swembaddens met die elektriese pompe en die step laddertjie om mee in te klim. Dik fancy.
50 skille gee jou toegang tot jou nuwejaarsdroom en sluit camping vir die naweek in. Bring net ‘n tent, ou perd.
As jy ‘n marabs met ‘n visstok is, kan jy bass ook kom vang in die dam.
Bring ‘n coolerbox met tjop en dop – daar saal braais wees. Daar is ook ‘n cash bar beskikbaar.
As jy te lui is om te braai, verkoop ons die volgende versnapperings:
Boeries, bokwurst rolls, chicken pregos, potjiekos en hangover buster breakfasts vir as daai katjie uit jou mond uit wil klim na die party.
Te lui om ‘n tent op te slaan? Bel Terry vir limited kamers: 082 7971702 (jy sal moet gou maak – daar is reeds about fokol oor)
Ons gooi nuwejaarsdag ‘n Dooskar Derby. R20 entrance, winner takes all. As jy nie weet wat ‘n Dooskar Derby is nie: dis ‘n kar wat jy uit ‘n doos en allerhande plastiek en karton left-0vers bou om mee te jaag om ‘n kort baan wat ons uitwerk. Hier is ‘n video vir laasjaar se Dooskar Derby om jou ‘n idee te gee. Ignore net die fokken datum:
So bring jou kartondose en kakkies saam. Op nuwejaarsdag gaan ons almal sit en drink en zef dooskarre bou, seker so van van 11am af met ons hangovers om later die middag so teen 17:00 te race. Daarna gooi ons sommer nog ‘n party en jy kan die volgende dag fokof as jou lewer dit kan hou.
O ja, raak ook sommer geswaai in ons zef movie theater deur die dag, die hele naweek lank.
Begin 2016 op die fokken regte manier en kom join ons.
Check jou daar, ou pellie. Nooi al jou tjommies om te join. Hierso is die Facebook event.
GPS Coordinates:
-26.032280, 28.347516, -26° 1′ 56.21″, +28° 20′ 51.06″
Directions:
From JHB: Take the R21 towards the O.R. Tambo International Airport/Pretoria, pass the Airport and take the R25/ Thembisa South off-ramp.
From PTA, also take the R21 towards the O.R. Tambo International Airport/Kemptonpark, take the Thembisa South/R25 off-ramp (the first off-ramp is Thembisa north, don’t take it).
Follow the curve of the road and turn right at the T-junction (turn towards Bronkhorstspruit). Travel for +/- 8.5km and turn right onto the gravel road at the B & J engineering sign. Go over the railroad bridge and keep to the far left (against the wire fence), follow the road and signs to venue.
Watkykjy staan op 3,092,709 post views in totaal sedert 1 November, 2019.