Yes Griff, Ek het nog ‘n storie vir jou. Fokweet hoekom die goed met my gebeur. Right, so in die dae van Hatfield Square vind ek myself een aand laat in Dropzone. Vrinne huistoe en ek wat nog ‘n laaste keer James se Sit Down geniet. So oppad uit die Sqaure uit, loop-strompel ek verby so oulike blonde kat. Ek – wat maar eintlik ‘n skaam outjie is, maar geselserig die tyd van die aand – kyk toe vir die girl en sien aai shame man, sy lyk dan skoon onsteld. “Hallo”, groet ek in my beste ‘ek is net vriendelik maar eintlik wil ek deur jou wolbeursie blaai’-stem. Ai man, sy gee so regte hartseer sug, net soos meisies kan. Die ekwivalent van puppy eyes. My eerste gedagte is haar pelle het sonder haar gery, en soos ‘n man maar maak met ‘n pensie vol rum dink ek hardop. Sy reageer toe dadelik, “Jaaaa” en lyk nog meer bedroef. Natuurlik stel ek toe voor dat ek haar sal gaan aflaai. Dis mos nie moeite nie. Man, en sy’s dankbaar. Haar hele gesiggie blom sommer. So stap ons toe na my bakkie toe, net ingeklim sê sy: “Jissie, baie dankie vir jou moeite. Ek waardeer rerig. Ek sal vir jou ‘n blow job gee om dankie te sê”. “Huh, ‘n wat?” vra ek effens onseker. “Ek sal vir jou ‘n blowjob gee om dankie te sê” sê sy met so glimlag. Ek is toe net soos FUCK YES!! Klein fist-pump. Uiteindelik pel, hier is jou dankiesê van die lewe af! Dik karma-vibes, pappie! Fokken dankbaar is ek nou dat ek maar tog ‘n noot vir die doof-stom outjie by die robot gegee het. Ek’t rerig nie geweet wat om te sê nie – ek bedoel dis nie aldag dat ‘n random girl vir jou ‘n BJ aanbied nie. Ek’s toe net soos, “nee ag dis cool man.” Ek’s mos fokken suave. Meantime try ek my semi kamofleer. Ek wat nie onervare wil klink nie, begin toe maar met kakpraaitjies. Van waar af is jy? Wat swot jy? Sy kom van PE af en kom kuier net vir ‘n vriendin. En toe so in die bestuur begin sy met my belt sukkel. Maar tussendeur beduie sy hoe om te ry na haar vriendin toe – links, regs, links. Toe ons verby Loftus is toe vra ek verbaas, “Waar bly jou vriendin? En hoe ken jy diè paaie?” Sonder om ‘n beat te mis antwoord sy “Ek’s ‘n call girl” in so opgewonde hoofmeisie stem. “’n Fokken WAT?” blerts dit uit my uit en ek trek summier my broek op! My bliksem man! Geen fokken wonder nie! “Lekker jou doos!” sê ek vir myself. Maar true to my promise sê ek ek sal haar steeds gaan aflaai. So, daar is ons tweetjies toe, 2:30 am in die middel van Sunnyside, voor ‘n woonstelblok. Not my proudest moment. Ek try nog gesels “so hoe is dit om ‘n call girl te wees” Maar dis fokken awkward. Sy sê toe die woonstelblok se intercom is gebreek en vra toe of sy haar “vriendin” kan bel van my foon af. Sy sal dan voor die hekkie staan dat sy kan sien dis sy – want haar vriendin moet van binne af oopmaak. “Ja fok, OK” sê ek. Ek wil nie 3uur die oggend in Sunnyside wees nie, en nog minder saam ‘n prozzie nie. Ek wil net die storie afhandel. So stap sy met my foon teen haar oor voor my uit tot by die hekkie. Ek sien hoe waai sy vir haar “vriendin” en hoe gaan die hekkie oop, en hoe sy inloop. Met my foon in haar hand. En soos twee stadige ratte wat inmekaar in rol, kliek ek. Ag poes. Syt my foon gesteel. Heel braaf klim ek uit en loop na die hekkie toe. Dis ‘n nuwe fokken Nokia! Ek skree toe “Hey bring terug my fokken foon!” Dit was tevergeefs. En ek vloek sommer die doof-stom outjie. Groete, Katvis
Watkykjy staan op 3,092,686 post views in totaal sedert 1 November, 2019.