Dis nogal lagwekkend hoe mense probably reeds ‘n week na 6 January 1976 met die SAUK se eerste broadcast van televisie begin bitch en moan het dat daar fokol op TV is. Fast forward na amper 2016 waar ons DSTV het met kakbaie channels en ons kla steeds soos ou tannies met spuities in ons pannas.
“Ja, maar alles fokken repeat”
“Check watse kak movies speel M-Net op Sondae”
“Daar is net kak op TV!”
Ek skiem nie dit gaan oor kwantiteit of kwaliteit nie. Ons Suid-Afrikaners like net fokken erg van moan. Dis ons kos. Hoe meer jy vir ons gee, hoe meer het ons om oor te kerm. Ons moan as dit nie reën nie. Gods, sommige mense bid selfs vir reën en as dit in strome afkom kak en kerm ons oor haelstorms en vloede. Behalwe vir die kak waaroor jy om ‘n braaivleisvuur staan en sanik sal jy later ook teef oor die feit dat almal altyd te veel vleis bring. As ons nie eendag vrek van stress of eie gekak-en-kerm nie, dal ons vir seker vrek van oorvloed.
Dit vir eers daar gelaat, kan Watkykjy jou ten minste uithelp met jou moerse TV-kyk probleem – daai ondervloed van oorvloed wat jou so befok maak, as jy bereid is om te luister. Dit sal jou veral baat as jy reeds ‘n armgat is wat nie DSTV het nie of dalk nog wik en weeg of jy jou subscription in die asblik moet gooi. Teen ongeveer R780 per maand is ‘n kakhuis vol mense heel happy om net sport te kyk. Wel, nie regtig happy nie. Hulle bitch oor die feit dat hulle DSTV “net vir die sport hou” maar maak steeds die beursie oop. Dik pun in daai vorgie sin, totally intended – “net vir die sports”. As jy so baie zak per maand op sport wil blaas, gaan kyk die actual fokken event dalk? Of gaan kyk dit by ‘n pub of by jou sportmal tjommie se huis. Check, ek raas nie met jou nie. As jy fine is daarmee om net onder R9500 per jaar op TV-sport weg te pis is dit jou eie keuse.
Kom ons praat eerder met die mense wat TV kyk vir general entertainment en amusement. Daai ouens wat net ‘n uur of twee se geraas op die beeldkassie soek terwyl hulle die rys, vleis en aartappels afwurg en met die linkerhand voor in die broek wil relax. Daar is lig een die einde van die TV tonnel en dit sal effens zak kos, maar nie te veel nie. Het jy al van Plex gehoor? Jy kan hier meer in diepte daaroor gaan oplees, maar kom ons kry gou ‘n vinnige walk-through…
Plex is ‘n media server wat al jou movies, TV reekse, musiek en foto’s organise. Dit werk met smart TVs, tablets, smart phones en jou Xbox of Playstation. Jy install die verniet server software op ‘n PC of jou laptop, connect jou “server” aan jou home network deur ‘n router of wi-fi router en jy’s good to go. Jou smartphone of tablet word dan jou remote control. Jy configure dan jou server met folders waarin jy jou TV reekse, movies en musiek dump en die software doen die res van die werk. As jy aan die interwebs ge-connect is trek die software al die meta-data in. As jy nou na jou screen sit en kyk soos ‘n aap wat sy eie kak geruik het, hier is wat bedoel word met metadata: Dis info oor jou movie en TV reekse soos wat die epsiode se naam is, ‘n mooi cover prentjie, ‘n klein opsomming van die movie, artist, episode, directors asook ‘n rating uit 10 uit wat vanaf movie databases afgetrek word. Ek het byvoorbeeld my eie categories gemaak vir classic movies, comedy shows, documentaries en kak wat kinders kan kyk terwyl die grootmense drink en om die braaivleisvuur moan oor Zuma en die Rand.
As jy nie ‘n smart tv het nie, stream al hierdie kak oor jou netwerk na jou TV deur jou connected device soos ‘n Apple TV, jou Playstation of Xbox. Fokol buffering. As jy nie iets soos ‘n gaming console of Apple TV het nie, moenie fokken worry nie. Jy kry ‘n klein device genaamd Chrome Cast vir so 650 skille – steeds cheaper as ‘n maand se DSTV subscription.
Hierdie outjie plug by jou TV se HDMI port in, word ge-power deur jou TV se USB port (of phone charger as jy wil) en kry sy eie naam op jou wireless netwerk. Iets soos “Wat Cast Jy?” sal doen. Download die free Plex app vir jou tablet of smartphone en jy het jou eie persoonlike DVD shop in jou hande. As jou Chromecast en jou smartphone of tablet op dieselfde wireless network ge-connect is, jy al jou movies op jou server gaan copy het en jou folders opgestel het, werk alles piele. Dis fokken easy. Select die movie wat jy wil kokkenodge. Hy maak in ‘n groter screen oop met meer info, ratings en al daai lekker beskywings en stront wat jy nie ekstra op IMDB hoef op te lees nie. Druk play en tune hy moet na jou Chromecast toe jol op jou TV. Jou smart device is ook nou jou remote, so jy kan volume harder of sagter sit, die ding pause, fast forward of whatever jy wil doen. Jy kan hom even stop en weer play druk en kies dat hy verder op jou ipad of foon moet jol in case jy moet gaan kak en nie jou entertainment wil onderbreek nie. Ook lekker vir daai tipe mense wat so 30 minute se TV of movies op hulle iPads langs die bed soek om aan die slaap te raak. Nog ‘n befokte ding is dat jy kan track hou van wat jy alles reeds gekyk het. Hier is ‘n screen shot van my iPad met sommige van die 1560 movies wat ek gelaai het:
Die “discover” en “browse” function maak die hele experience ook baie beter. In “browse mode” lyk dit basies soos jou eie persoonlike DVD winkel op jou foon/tablet en wanneer jy “discover” select is die software intuitive genoeg om te weet wat is die nuutste movies or TV reekse wat jy gelaai het, die nuutste released entertainment en as jy byvoorbeeld ‘n paar movies van dieselfde director het (meestal sonder dat jy weet) tune die software jou “O ja, daai doos het ook al hierdie ander kak gemaak”. Lekker gerieflik.
Die ander piele ding is dat Plex elke keer wanneer jy nuwe movies of reekse in jou folders op jou laptop of PC se hard drive copy, automaties gaan scan vir nuwe info, poster art ensovoorts. So wanneer jy volgende keer jou smart device oopmaak op “discover” tune jou screen jou: “Hey, pielkop, hier is die nuwe goeters wat jy gelaai het. Enjoy. Jou vriend, Plex.”
As jy regtig wil, kan jy jou foto’s ook deur Plex manage, maar dis kakboring en plein ongeskik om al jou selfies wat jy by Magoebaskloof in jou onderbroek afgeneem het te deel met vriende en family op jou groot TV. Musiek? Yes, go for it, want nou is al jou media in een plek.
Om net weer terug te kom na die Chromecast device: hierdie klein dingetjie is regtig befok. Jy kan ‘n spul ander apps download om na jou TV toe te cast straight van die interwebs af. Jy kan byvoorbeeld music video playlists op YouTube gaan soek en na jou TV toe stuur of ander entertainment videos in ‘n queue drop. Of jou tjommies kan beurte maak om musiek te kies en cast van hulle eie fone af. Nog iets wat ek hoogs aanbeveel is Rebull TV se app waar jy actions sports, arts & lifestyle shows, doccies en dies meer kan stream deur jou Chromecast. Een van Redbull TV se befokste features vroeër vanjaar was dat hulle Lollapalooza live gestream het. Jy kon op jou calendar in die app tune dat jou alarm jou moet remind om sekere bands oor die naweek live te kyk.
Nog ‘n belangrike app wat jy kan oorweeg (kry dit in elk geval vir jou smart device), is TuneIn Radio. Jy kan ‘n kakhuis vol radiostasies stream na jou TV toe. Obvisouly maak ‘n lekker surround sound system ‘n moerse verkil, maar as jy ‘n LCD of LED TV besit, is dit kanse goed dat hy reeds deur een of ander tipe hi-fi jol, so hopelik is jy reeds sorted in daai opsig. Maak ook sommer ons stasie, Interwebsradio een van jou favourites. Moet nou nie laat ons fokken baklei nie…
Jy kan ook wegkom deur net jou Xbox te connect nadat jy Plex se server op jou PC of laptop install het. Dis so maklik dat iemand soos SAA se CEO dit kan doen, maar soos SAA se finansies, lyk dit redelik fokken tos, so kry maar eerder ‘n ekstra device soos die Chromecast wat ek aanbeveel. Daar is ander befokte devices op die mark ook soos RokuBox maar dan gaan jy ongeveer ‘n grand meer moet uitruk vir iets wat min of meer dieselfde job doen.
Jy het nou absoluut geen fokken rede om weer te bitch dat daar niks op TV is nie. Trek jou pirate outfit aan en gaan soek waarvoor jy lus is op die interwebs se rowwe waters. En vat daai ekstra R780 per maand en moer dit in ‘n debit order in om jou huis of kar vinniger af te betaal en kom bedank ons oor ‘n jaar vir al die kakbaie geld wat ons jou gespaar het.
Happy viewing!
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.