So sit ons die ander aand nà ‘n Bacchus Nel show by Mike’s on Main in Kleinmond. Dit is een van daai bars waar die brannas specials en visvang stories (en tips) soos stroop loop. Kleinmond is ‘n kusdorpie waar die meeste afgetrede NG predikante in die land woon, of so sê hulle. Daar hang ‘n “No Passing Out!” teken teen een van die mure en in die rokershoekie is daar sulke sluwe slotmasjiene – dit het my aan Steak ‘n Ale laat dink. Mike sit altyd aan die linkerkant van die bar op een van die swart stoele, maar hy was nie daar nie. Of dalk het ek hom iewers tussen Jäggie vier en ses verloor. Mike is nie ‘n klein man nie, ek moet dalk begin oplet in die klas.
“Ons glase het geklink soos vêraf klokke wat lui,” verduidelik Bacchus in hierdie exclusive interview waar al die quotes actually lyrics van sy songs is. Werner se slaghuis is langs Mike’s en hulle verkoop tans skaapskenkel teen R79p/kg. Fokken wenner by Werner’s! Bacchus het vroeër die aand by Die Stoep gejol maar van al sy performances wat ek in 2015 bywgewoon het, was die een sonder twyfel die beste van die lot. Turns out, as jy by sewe Bacchus Nel shows pitch, score jy ‘n CD, on the house my bra! Plus Bacchus het dit vir my persoonlik oorhandig en ek het sy blad geskud. Nooit sal hierdie hand weer gewas word nie, nooit.
Ons het oudergewoonte oor die krieket gesels en gesit en wonder hoekom Quinton de Kock nie die Proteas se paaltjiewagter is nie. Bacchus is, nes sy tweeling broer Churchill Naude van Mitchell’s Plain, ‘n moerse krieket fan. En nes Churchill skryf hy ook gedigte. En nes Churchill is Bacchus ook deel van die nuwe Wasgoedlyn bende vir some rede. Op ‘n stadium het daar ‘n meisie duskant ons tafel gestaan en sonder om op te kyk reken Bacchus: “Sy dra ‘n crucifix om haar nek; tattoo van die donkerprins op ‘n ander plek. Maar sy is moeg vir tweedehandse liefde. Sy is moeg om haar liggaam te verpant.” Sure, die girl was bietjie Danville vibes, maar dit was asof Bachhus haar geken het.
“En ek weet wie sy is, sy is die water, sy is die vis. En ek weet wie sy is, sy skyn soos die son, sy verdwyn soos die mis.”
Die vissermanne het die tunes gelove, maar so ook die mense tydens die ander ses shows wat ek bygewoon het. ‘n Volle sewe. Dit is like groupie level expert. Maar as ek nou so terug kyk is die rede vir my sewe shows omdat Bachus s’n dalk een van die least pretentious albums is wat in gedurende 2015 in Suid-Afrika vervaardig en vrygestel is. Straight-up, no popcorn, no bullshit, lekker-luister tunes wat jou in die bar lus maak vir dans en in die kar so bietjie laat dink. Net die ander dag het ek gesien hoe ‘n solid soutpiel tjomma van my en sy vrou – wat nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie – hulle gate uit geniet het by so ‘n show.
Die derde brannas special by Mikes was ‘n nie die slimste idee nie, but then what is a Bacchus show sonder ‘n behoorlike babelas?
‘n Quick recap van sewe stand-out babelasse vir 2015:
Februarie 28 – Fanie’s Place, Tjoerras: Die eerste een was kliphard, onthou ek nou. Ek, Poenie en Vrottie het so bietjie vrot geraak. Ons het by die afterparty oornag en die voglende oggend was dit full blast google maps om uit die deel van Centurion te kom waar die brandewyn tot teen aan die rotse gestoot het .
Weer Fanie’s Place. Dalk weer in Maart – Brixton Benefit: By die een was Werries en Griff die bittereinders gewees. Dit is ook waar die hele Bucks vir Brixton party op die Melkery gebore is. Melt het op some stage ‘n das of ‘n CD of iets weirds vir ‘n aardige bedrag aan die gehoor gesmous. Anton Goosen en Die See was ook daar.
Blah Blah Bar Kaapstad (September) – Wasgoedlyn-aandjie: My bakkie was nog warm na die moerse roadtrip, maar blah is daar gefokken blah by die Blah Blah bar. Ek was veral bly dat niemand my as “daai dude wat laas op die balkon uitgepaas het” onthou het nie. Churchill het net so voor die ingang, ewe bouncer vibes, gesit en luister. Die bra het my later gewys hoe een of ander bliksem op ‘n moerse strategic plek op die muur die woord “poes” geskryf het. Dit was ‘n skoolaand, maar die rooiwyn was op special.
Richmond, Noord Kaap (Oktober)–Die Krip Teater: Die show is in die Blah Blah bar gebook toe Bacchus my tune hy het ‘n sudden opening op sy toer. Al kak was dat meeste mense op die dorp reeds vir Gert Vlok Nel se show bespreek het. Die show was vir my een van die bestes en die icing op ‘n befokte dag in die Karoo. Ons het die middag eers sit en luister hoe Breyten Breytenbach in die most sophisticated way vir Rian Malan kakbyt omdat sy Porsche glo oppad na die gig gaan staan het. Daarna het Gertjie en Johan Kontrabas tunes gepomp, en net toe hulle skiem die party is verby, toe eet Bacchus hulle in die oor met ‘n rympie of twee. Drie absolute moedderfokken legends.
HAP Koffiehuis – Bacchus se 40th – Bacchus se pa was ook by die jol, fokken obviously. So vertel die oom-hulle my oor die novilon kombuis, en die General Electric yskas wat laatnaag nog suis. Ja, die actual plaas wat Oppiplaas inspire het. Die boere wat hulle wou vang. My persent vir Bacchus was my teenwoordigheid, en ‘n tequila en sy laaitie het ook so bietjie saam musiek gemaak. Absa take me home service to the rescue!
Nieu Bethesda – Ramstal: Hierdie een is nog vars, al wat ek onthou is dat daar ‘n band van Pretoria ook iewers betrokke was. Die Ramstal is ‘n moerse lekker jol maar sorg maar dat jy met ‘n vol pens daar opdaag want Ian se pot verkoop na ‘n paar doppe heavy vining uit. Bacchus het my by die show amper gebliksem toe ek met sy kitaar begin rondfok het.
Kleinmond – Die Stoep : By elk van Bacchus se shows is daar ‘n ander flavour. Soms is dit net hy, soms is Rian Britz ook daar. Ander kere het Riku Latti en Victor Wolf in. By Die Stoep se jol was dit die drie troepe, hoewel ek moet bieg dat daar seker songs op Bacchus se setlist is wat net eenvoudig beter werk as Marissa West ook ‘n mic in die hand het. Dit was ‘n mooi een en ons kon die see ruik.
As jy meer oor Bacchus en sy tunes en al die dinge will weet, word ‘n bra, my bra.
https://www.facebook.com/groups/5614771580/
Of koop die tracks online:
Watkykjy staan op 3,090,344 post views in totaal sedert 1 November, 2019.