Willim Welsyn is vir some rede deesdae meer bekend vir sy ‘WAT’ podcasts waar hy sulke ou ooms, hipsters en hippies in sy garage interview. Waddefok?! Of is dit WAT de Fok?
Either way word die iTunes charts eweskielik getop en die mense tune in soos hulle het in die dae toe Nicky van der Berg nog nie ‘n DA Doffel was nie. Sê wie, sê wat, en sê maar wat jy wil, maar Welsynswerk word daar beslis gedoen. Persoonlik like ek dit meer om self die vragies in sulke situasies vra, so daar is dalk ‘n goeie rede waarom ek skiem dat Willim se Shunt album aansienlik beter as sy popular podcast is.
So check ek diè bliksem net die ander dag saam met so ander bruin Bliksem, oftewel @Kroeskop, in Tullbach by die Saronsberg Teater. En sou die bliksem net een bliksemse tune van sy Shunt album af jam – Fat People. Ek was heavy disappointed.
Nes sy podcast was diè album ook ‘n top verkoper op some iTunes skaal vir nuwe bands laasjaar en daarom skiem ek die plaat wat hy nou met die hulp van vhmusic.co.za uitbring gaan ook soos nie vir lank op die rakke bly nie. Hulle launch die plaat en ‘n documentary hierdie week, maar dit is next level invite only vibes. Goeie nuus vir julle watkykertjies is dat ons ‘n Shunt plaatjie weggee sodat jy dalk vir jou hipster tjomma een vir kersfees kan gee, of dalk het jy self net die ander dag daai ou faktap Pioneer platespeler afgestof.
As jy nie wen nie kan jy ook vir Willim ‘n mail by williamwelfare@gmail.com drop, maar maak gou want daar is al klaar nie baie van hierdie nommertjies beskikbaar nie. Ek staan klaar voor die posbus en wag vir myne. Fokken once. En yes dit mag dalk die beste R280 wees wat ek die jaar nie op drank spandeer het nie.
Die skuld vir hierdie stukkie Shunt wat ek vandag hier sit en tik val natuurlik solid op die skouers van Victor Wolf – daai ander boer wat ook baie Afro vibes gooi.
But let me explain.
Road Trip Oktober 2014:
Vir breakfast het ek gesit en luister terwyl Riku in ‘n Randburg sitkamer sy padjie in ons land se messed-up musiek industrie verfilm het. Dit was my eerste smaakie van Die Wasgoedlyn, hoewel ek nie op daardie stadium ‘n fokken clue gehad het waaroor dit gaan nie. Teen lunchtyd het ons by Deon Janse van Vuuren se studio in Alberton gestop waar ek ‘n next level exclusive preview van Bacchus Nel se nuutste album geniet het. Of was dit net bootleg Bacchus tracks? Either way, dit was nie deel van my road trip plan nie, so dit was befok.
Toe Jackie, Wolf se vroutjie met die sexy stem, dit uiteindelik reggekry het om ons in die kar te laai was dit al amper 2nm en ons het nog ten minste sewe ure se langpad gehad om af te handel. In die kar was daar natuurlik ook tunes, maar net so duskant Bloem het Riku sy mini-banjo thingy uitgehaal en begin saam jam.
“Bra ek hoop nie jy mind nie, maar ons jol die naweek ‘n gig saam met Willim Welsyn en ek moet bietjie rehearse,” tune Riku my.
En dit is net daar waar die kak begin het.
So al deur die Karoo was daar hard geshunt, fok nie eers Gert Vlok Nel se tunes oor die gehuntery in Beaufort Wes sou die geshuntery stop nie. Die Fat People track was natuurlik catchy, maar op snit 10 tune hy: “Your unenlightened opinions are god awful sins.” Fokkit ek het daai gelike want daar is mos nou meer as genoeg mense in die land wat nie vir ‘n fok ‘n koerant oopmaak of nuus kyk nie – en yes hulle weet mos alles! So terwyl dit oor die Toyota se speakers gepomp het, het bra Vic bly saam jam en toe hulle my uiteindelik by die zefste dorp in all of Africa drop was ek hooked.
Fok, ek sal dit nooit vergeet nie. As ek nou daaran dink was dit amper soos ‘n freaky weergawe van daai Taxi Jam vibes van way back. Onthou julle nog die een met Chopper daarin? Jirre ou Chopper was poes zef gewees op sy dag.
Om ‘n William Welfare Shunt plaat te wen, stuur vir Willem ‘n kort clip van jou en klomp tjommas wat bietjie taxi jam vibes gooi. Enige tune, enige plek.
Steek hom.
Watkykjy staan op 3,092,356 post views in totaal sedert 1 November, 2019.