Die bus is vol, die koeël is deur die kerk, dit is game over bra en jy het like fôkol credits oor nie. Ek wou vir daai Donald Trump vibes gegaan het, maar ons weet mos Meyer se kontrak is air-tight en dat niemand hom sou kon fire nie – plus Trump is ‘n marabs van ‘n kimpie. Ons kon ook nou vir ure oor stats en swak spankeuses en al die ander fokops gesels, maar die bottom line is Meyer het teen Japan verloor.
Al ooit daai moerse kol op Japan se vlag gekokenotch? Op Meyer se scorecard as coach is daar net so moerse rooi kol en die onnie het onderaan ‘n boodskap met haar beste rooi pen gelos wat lees: “Jammer kaballas, jy druip. Kom sien my na klas vir jou pakslae.” Hierdie ‘four-more-years’ storietjies kan nou maar ent kry, we’ve seen enough, the tribe has spoken – next lady for a shave!
Okay piele, ek weet ons woon in ‘n land waar ons so-called politieke leiers ‘n poes goeievoorbeeld stel. Hoe meer kak jy aanjaag, hoe groter word jou paycheck. We mos reward mediocrity like fokken professional socialists sukkel om te doen. Sorry Mr Meyer, ek is seker jy weet ook dat coaches al vir minder belaglike dinge as daardie Japanese skaam gefire is. Nick Mallett moes, onder meer redes, sy tassies pak toe hy getune het dat toetskaartjies te duur is. Fokkit, ek meen Jake White het gewaai met daai moerse trophy onder sy arm, so ek skiem dit is dalk nou tyd dat die honorable thing gebeur.
In saying that, steek ek heel eerste my hand op toe ons in 2011 gewonder het wie die regte man vir die job sou wees. Dit was Meyer, sonder twyfel, but that ship has set sail for Tokyo my bru. So basically is dit nou daai tyd om te begin skiem wie die volgende Bokbreier behoort te wees. Purely based on his ability to deliver results when selecting players regardless of their race or religious views, is Allister Coetzee die man vir die job. Coetzee het ook al een meer World Cup winner’s medal as Meyer.
Hy is, ironies genoeg, tans in Japan besig om ‘n stuk Sushi af te worstel, maar die bra was slim genoeg om ‘n clause in sy kontrak te los wat hom vir die kakste job in die land beskikbaar stel. Of, alternatively, fok die Stormers en kry vir Eddie Jones. Finish en klaar. Either way is die skrif aan die muur en kan ons solank ons opregte dank aan Meyer betoon vir sy diens. Hy het ‘n job gevat toe niemand anders die ballas gehad het om dit te doen nie en, meeste van die tyd, het hy ons happy gehou deur met die ou-osse seker te maak dat ons meer wen as verloor.
Meyer is pure passion en daar is geen twyfel dat hy elke sandkorrel in Suider-Afrika met sy hele hart lief het nie – and that’s always nice to see in a coach. But you can’t eat passion bra. Passion maak nie die maag mooi volg nie. Passion maak jou ook soms blind en voor jy weet sit jy met ‘n dom blonde as ‘n girlfriend – of in Meyer se geval – ‘n backline wat die All Blacks met slegs die geleerde skopvoet van Fourie du Preez probeer mak maak. Daai was tactical suicide, my laanie, en daardie selfde skaam wat ons teen Argentina die ander dag ervaar het was ook deur ‘n paar heavy questionable calls veroorsaak.
Dankie vir die goeie tye, maar sorry dat dit nog so rukkie gaan wees voor al die skaam mooi af was.
Cheers Heineken, or as they say in Japanese, さようなら.
Watkykjy staan op 3,049,135 post views in totaal sedert 1 November, 2019.