Diep weggesteek tussen die duine van Vleesbaai en Fransmanshoek se natuurreservaat sit die vier Hanekom-broers se private vakansie-eiendom en bewarea, genaamd Zeegunst. Vir die afgelope 8 jaar speel Zeegunst gasheer vir een van die mees legendary, top secret new year’s parties waar die kiefste rock- en blues-musos van Suid-Afrika optree – en hier is die kicker: jy is nie fokken uitgenooi nie.
Ons tjommie, Willim Welsyn moes vir 4 jaar by die fees optree om die vertroue van die Hanekom-familie en die betrokke musikante te wen om sodoende ’n unieke, local documentary te maak wat die kyker toegang gee tot een van die land se besbewaarde musikale geheime. Die doccie ondersoek die Hanekom-broers se logistieke boublokke en motiewe vir die lekkerste nuwejaarsfees in die land. Met insiggewende onderhoude en live recordings van legendas soos Piet Botha, Akkedis, The Black Cat Bones, Albert Frost, Gerald Clark, Ann Jangle, William Welfare, Southern Gypsey Queen en Dirk Ace van die Voëlvrybeweging – vertel Zeegunst ’n lekker underground storie van een familie se soeke na die perfekte afsluiting van die oujaar.
Die kunstenaars is fyn uitgesoek, die gaste nog fyner.
Saterdag die 28ste November launch Willim Welsyn in samewerking met VH Music & Publishing sy Engelse album, Shunt op vinyl. Die doccie word sommmer dieselfde dag ook op DVD ge-launch.
As jy in die opgewing is, slaan uit by Ellingtons in Bellville. Die trailer lyk nogal kiefpiele:
Watkykjy staan op 3,089,798 post views in totaal sedert 1 November, 2019.