De Wallen. Die naam van die rooiligstraat in Amsterdam maar ook ’n rowwe rock band uit die Kaap. Vir ’n wyle al volg ek die manne wat al ’n paar stages aan die brand gejol het hier in die Kaap. Straight-up rock en fokken roll, straight uit die bottel uit, soos pappa daarvan hou. Hulle nuwe EP ‘2.0’ is niks anders nie en voer vuispastei vir enige iemand wat reken good ol’ rock and roll is dying.
Die album skop af met ‘Heart Rate Rocker’, ’n slow and sleazy stomper met Basson Laubscher as gaskunstenaar op die slaaaaaid kitaar. Dan kick hulle hom ’n gear op met ‘Snakebite Sugar Kiss’, ’n personal favourite met ’n killer saamsing chorus. Rock ballad tyd met ‘Eyes of April’s End’ want elke rocker het ’n sagte hartjie as die regte rock chick hom kan tem en dan eers bietjie besin oor draks en shit in ‘Means to an End’. Glorieryk eindig die verrigtinge met ‘Crackerjack’, ’n… wel… crackerjack of a song.
(Klap ’n preview luister van ‘Crackerjack’ op Soundcloud)
De Wallen het ’n solid guitar attack, ’n oorvloed gees riffs en ’n dik rhythm section wat purr soos ’n V6 hotrod onder die kap. Vocalist Jeandré Swanepoel staan vir fokkol terug, altyd lekker om befokte rock vocals deur ’n local seunskind te hoor. Rock done right, meisies. Ek soek bra’s op die fokken stage en ek soek dit nou.
In kort, solid album deur De Wallen. Lekker boys. Fokken lekker. Een klein dingetjie wat my wel gepla het was die mix. Dromme bietjie hard (veral die kick drum) wat beteken die kitare klink ’n bietjie terug in die mix op plekke. Maar nie so dat dit die luistergenot heeltemal spoil nie.
Watkykjy staan op 3,074,329 post views in totaal sedert 1 November, 2019.