Any publicity is good publicity. Daai kak vlieg nie altyd nie. Vat nou maar byvoorbeeld die geval van AfroBoer, ‘n restaurantjie in die ooste van Pretoria wat koekies en broodjies bak. Check, die tannie wat die plek besit het probably duisende rande spandeer en die plek se naam gerigistreer as ‘n trade mark (wat ‘n doodnormale besigheids-move is) en nou skiet sy vir Gerald Clarke kaarte omdat sy nuwe CD naam AfroBoer & The Golden Goose is (‘n verwysing na Clarke en sy girlfriend tussen tjommies, kennisse en ander sosiale sirkels). Sommer lawyer vibes. Mag nie! Mag nie! Mag nie!
Gerald Clarke se CD se naam het presies net mooi fokol met enige kos uit te waai en ek sukkel om die verband te trek of *sit leesbril oor neus* die geregtelike meriete van die argument vas te stel. Kyk, ek sou verstaan het as daar ‘n Afrikaanse rofstoeier met ‘n moerse krullebos genaam AfroBoer was (hoekom is daar nog nie een nie?!) wat in die stoeikryt inklim en ‘n bra in ‘n vetkoek-suit ‘n paar vet poesklappe gee. Dit sou soortvan kos-related gewees het at a stretch. Lawyer away, ek sê!
Snaaks genoeg lui die restaurant se beskrywing op hulle Facebook page as volg: “The feel of my café is very uniquely non-traditional but could very well include a bit of zulu on my stoep and boerekos in my kitchen”. Hmmmm…. Zulu on my stoep. Waar het ons dit al gehoor? Jy sien dat nie Leon Schuster ‘n toon klap na die naaste fancy ouens in suits met die aktetasse nie.
Wat nog meer strange is, is dat die restaurant heel OK is daarmee om Gerald te gebruik vir publisiteit en om hom te beksryf as hulle mascot. Amper presies ‘n jaar gelede. Duidelik like hulle actually die ou.
In case jy hom nie mooi kan sien voor die restaurantjie nie, hier is nog ‘n foto van Gerald, duidelik met een of ander tipe van afro strain onder lede. Ons weet nog nie of daar ‘n cure is nie. Sterkte, Gerald.
Die idee was eintlik om hierdie week ‘n moerse lekker onderhoud met meneer Clarke te voer oor sy musiek, sy CD se nuwe launch volgende week en al daai mooi en lekker bybelse dinge. In plaas daarvan moes ek die bra bel en vir hom hierdie fokken stupid vrae vra:
Griff: Is jy Afrikaans?
Gerald Clarke: Ja
Griff: As mens die hare (op jou kop) uitcheck, lyk dit of dit ‘n afro kan wees?
Gerald Clarke: Ja
Griff: Word daar soms na Afrikaanse mense as Boere verwys?
Gerald Clarke: Ja
Daar het jy dit. Afro + Boer = AfroBoer. Dit was nou ‘n fokken simpel interview. Seker die kakste een ooit op Watkykjy. Mooi so, Griff.
*klop myself op die skouer*
Moenie worry nie, ons sal hom volgende week voor die kamera beetkry en behoorlik met hom gesels…
Hier is ‘n vinnige Marketing101 tip – Sou dit nie net soveel makliker gewees het om Gerald Clarke uit te nooi om as deel van sy launch en toer so paar tunes by die eetplek te kom jol het nie? Dan kon almal wen. Duidelik was hy al by die plek en duidelik het hy homself moerse geniet. Hy smile dan en alles. Op die foto waar hy voor die restaurant staan. Gerald Clarke. Mascot. Dit lyk defnitief nie asof hy ‘n poep inhou nie.
*onthou om volgende week confirmation te kry dat hy wel nie ‘n poep ingehou het nie*
Ek is doodseker die bra het nie gaan sit en google om vas te stel watter besigheid se naam hy kon steel vir sy album nie, want die antwoord vir sy album se naam groei op sy fokken kop uit in sulke krulle. Sy album gaan moontlik ‘n goeie drie of vier maande hardloop, then that is that. Dis hoe musiek werk. Hy vat nie kos uit mense se borde nie. Dis seker ook net ‘n kwessie van tyd voor sy chick van Golden Goose in Amerika (hulle maak sneakers) se lawyers hoor. Fok, wat bly dan oor vir die bra? Wat moet hy dan sy album noem, assuming dat hy daarop uit is om name te steel van besighede? Die Eetplek en die Tekkies???
Check, ons gaan nie goor wees met die eetplekkie nie, so volg hulle geus op Twitter. Hulle het maar net 93 maatjies sover. Almal maak foute en foute kan reggestel word. Ek is seker hulle kos is moerse lekker as mens so na hulle fotos kyk. Sien? Fair bemarking. Almal mag maar wen.
Maar nog meer belangrik, kom ondersteun volgende week vir Gerald Clarke wanneer hy sy CD launch in Pretoria, Dinsdagaand 24 November by die Atterbury Teater. Gaan join die FB events page en comment sommer “Watkykjy het my gestuur” om vir die bra jou support te wys, want fokweet, musos in Suid-Afrika werk hulle gatte af om ons te entertain en hulle moet nogal met eksterna kak deal. Dit terwyl hulle eintlik net wil survive, met hulle lewens wil aangaan en vir mense soos ons wat tien duime op elke hand het, befokte musiek wil maak…
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.