AC/DC – Rock or Bust
Hierdie album is net so onder ‘n jaar terug release. Ek dink ons AC/DC fans love alles wat die ou toppies uitbring al sou hulle besluit om op bongos en tjellos te speel en Brian Johnson sy vocals soos ‘n chipmunk autotune. Ok maybe nie, maar AC/DC se musiek was en is steeds gevul met eenvoudige rock energie. Dit het oer-gees met rou klanke wat evolve het uit die blues. Luister net weer na hul 1977 album Let there be Rock toe Bon Scott nog van preekstoele afgespring het en sy enkels met graagte verstuit het. Rus in vrede, Bon!
Hulle suiwer old school rock klank en daai oer-gees het voortgeduur na sy dood. Die feit dat Brian Johnson net kon oorneem op vocals is bewys daarvan. Dis nou wat ek ‘n rock and roll wonderwerk noem. Hallelujah! Divine intervention. Dankie, gods of rock. Maar voel julle nie soms asof AC/DC bietjie van daai oer-gees verloor het die laaste paar jaar nie? Dit gaan my nie stop om albums soos Ballbreaker, Black Ice of Rock or Bust kliphard te luister en dit te geniet nie. Maar ek kan hoor daar is iets missing en dan moet ek eers weer na hulle epic albums gaan luister: Highway to Hell, Back in Black, Blow Up Your Video en so meer. Net om seker te maak ek praat nie loutere onsin en is net vol kak nie.
Is daar waarheid in Sickboy (van Trainspotting) se unifying theory of life? “Well, at one point, you’ve got it, then you lose it. Then it’s gone forever, all walks of life” en “No it’s not bad, but it’s not great either, is it? And in your heart you kind of know that although it sounds all right…it’s just actually just shite.” Onthou julle die scene? Harde woorde. Beautifully fucking illustrated. Jissus. Maar dis bietjie narrowminded vir my. AC/DC is nog nie heeltemaal onder in die downward spiral nie. Hulle rol met die vuishoue en het nog kontinente vol oer-gees. Daar is plenty songs op Rock or Bust wat my pere nog blou bliksem. Rock the Blues Away en Miss Adventure klink vir my soos hulle ou classics, actually. Die title track Rock or Bust en Play Ball mag dalk met tye bietjie blander gatskop as die res maar Hard Times tel weer op met ‘n lekker AC/DC shuffle. Baptism by Fire skop sulke groot vet fokken gatte. My grootste kritiek op die album is, dis veels te kort. Net 35 minute? Ek voel bietjie ingedoen. Maar dis seker nie die ergste nie. Wag, ek gaan gou weer Rock the House kliphard luister. Love die riff! Nee wat, AC/DC se laaste poging is nog op standaard. Wag, wag – net gou eers Sweet Candy ook gooi.
Die pleister teen my mure wil- wil so bietjie afkom.
8½ uit 10!
Francois van Coke – Debut Album
Toe ons klein was, was daar al hierdie prejudicial “waarhede” waaraan mense geglo het. As jy op koue fokken sement sit gaan jy aambeie kry, as jy met vuur speel gaan jy in jou bed piepie en dominees se seuns is altyd kakstout kriminele. Dit lyk of Francois van Coke darem eers probeer het om in die samelewing se boksies in te pas met sy gospel band en voorbeeldige hoofseun-ism. Maar hy is eventually onveilig gemerk. Jirre, hy moes sy fokken naam verander. Either that or face the angry fundamentalist church mob. Ek het nog altyd respek gehad vir die lede van Fokofpolisiekar omdat hulle nie gebuig het en hulle naam verander het nie. Ag, who am I kidding? Dink nie eens hulle het dit oorweeg nie.
So die eerste song wat my aandag getrek het op die album is Hulle Sê. Dis ‘n modern rock Black Keys meets Van Coke Cartel snit. Ek moes dit ‘n hele paar keer luister om die powerful boodskap te absorbeer. Ja, Francois dude. Ek voel ook ‘n fok wat die ander mense sê. Wag, wat is hierdie tune? Dit het nou net die hoendervleistoets geslaag. So uit die bloute uit. Waar Daar ‘n Wil Is. Dit begin so Depeche Mode-like en dan piets ‘n paar riffs jou speels. En as die chorus inskop gooi Jedd Kossew harde geeetaar riffs. Hy laat dit net bietjie meer metal klink as die gewone Fokof/Van Coke Kartel stuff. Dis ‘n monster van ‘n song. Dit eindig met melankoliese klavier en Francois se vocals wat mooi inblend. My gunsteling op die album. Die musiek strek van rustig tot harde rock en Jedd Kossow kan alles nogal deurmekaarkrap met befokte solos. Ek love die sound wat hy uit sy kitaar kry.
Enige iemand wat rebels was in hulle verlede en nou in die grootmenswêreld moet rondfok sal met Skree kan identifiseer. Ons is nog steeds almal rebels, is ons nie? Maar die sisteem try hard om jou te forseer om groot te word. “Ek voel nog steeds ‘n fok, Ek doen nog steeds presies wat ek wil, al fok ek nog steeds op, En kap my kop, Sonder om te stop. Skree so hard as jy kan ‘fok jou”. Waarheid, Weg En Lewe het sulke AC/DC kitaar aan die begin. Nog ‘n great song. Dis nie verbasend dat daar so baie christelike temas in die musiek is nie. Wel, ek sou dit eerder Afrikaans kulturele temas noem. Dis nie net persoonlik vir Francois Badenhorst nie, dis vir ons almal wat in daai tyd groot geword het. Seventies and eighties. As jy nie die idees waarmee hy speel snap nie was jy in exile in die buiteland daai tyd of te fokken jonk. Waarheid, weg en lewe se boodskap word deur Jedd Kossew en Sheldon Yoko weereens mooi onderstreep. Fokken luister mooi kinders.
Wow man, ek is impressed met die album. Miskien het ek Francois van Coke se nuwe kommersiële status met te veel agterdog bejeën. Hy en Karen Zoid was op Box Office met hulle nuutste DVD. That’s kind of a big thing. Ek het dit moerse geniet. Hy probeer nie rêrig hard om kommersieël te wees nie. It’s not forced en die musiek is baie persoonlik en eerlik. Ek like dit. Luister bietjie Neonlig. Voel soos ‘n quick flashback into the mind of the phenomena that is Francois Badenhorst vs Francois van Coke. Dis nogal diep.
OK, nou vir die song waaroor julle almal jags geraak het toe dit meer as ‘n miljoen hits op youtube gekry het: Toe vind ek jou. My opinie? Dis fokken mooi. Briljante skryfwerk. Beautiful vocals deur Karen en Francois. Ek wil dit graag kritiseer omdat dit nog na maande steeds so fokken popular is. Maar fokken hoekom? Dit slaan ‘n nerve by meeste mense.
Dit laat my ook so ‘n verdwaalde traan of twee stort.
8½ uit 10!
Pop Shop Volume 26
Daar is ‘n paar Pop-Shop plate wat ek faktap geluister het toe ek ‘n klein laaitie was. En Nommer 26 is seker die een wat ek die beste onthou. Die jaar was 1985. As jy in die eighties grootgeword het verstaan jy wat ek bedoel. Ons het geskiem ons is wafferse DJ’s. Plate try agteruit speel en die naalde tot in die ewigheid opgefok, tot ons ouers se groot onsteltenis. Rondgefok met die spoed en plate op kasset oorgetape en “mixes” gemaak. Archie comics gesit en lees, Lego gebou en so tussendeur plate geluister – wat ons konstant moes omgeruil. Iets wat kinders vandag absoluut fokol van weet. Ons het later ons eie artwork op die “onwettige” tapes geteken met koukie penne. BASF en TDK mag dalk ‘n klokkie klui? Ons het liters Soda Stream of Kenwood Cascade gedrink, op die kombuisvloer gebreakdance en saamgesing asof ons presies weet waaroor die musiek gaan. Die weird fokken ding is ek onthou nog die volgorde van die songs op meeste van daai Pop Shop LPs, ken meeste van die lirieke en basically al die choruses is in my psige ingeprint. Ja selfs Modern Talking. Vir ewig. Jissus. En dis fokken dertig jaar terug gewees daai! As jy lucky genoeg was om ‘n paar plate te besit het jy hulle vodde geluister. We were not spoilt for choice back then, P.W. Botha was die president nog. Get it?
Kom ons check of julle die awesome tunes kan onthou?
Kant A:
LOVERBOY – BILLY OCEAN
BODY ROCK – MARIA VIDAL
WE BELONG – PAT BENATAR
SOUNDS LIKE A MELODY – ALPHAVILLE
JABULANIE – HOTLINE
ONE NIGHT IN BANGKOK – ROBEY
TEMPTATION – JOAN ARMATRADING
GHOSTBUSTERS – RAY PARKER JR.
KANT B:
LIKE TO GET TO KNOW YOU WELL – HOWARD JONES
MISLED – KOOL AND THE GANG
ON THE WINGS OF A NIGHTINGALE – EVERLY BROTHERS
THE RIDDLE – NIK KERSHAW
I’LL BE WAITING FOR YOUR LOVE – JONATHAN BUTLER
YOUR’E MY HEART, YOU’RE MY SOUL – MODERN TALKING
WHEN THE RAIN BEGINS TO FALL – JERMAINE JACKSON AND PIA ZADORA
NEVERENDING STORY – LIMAHL
Fokkit ek wil dit sommer 10 uit 10 gee!!!Maar dis die agtjarige laaitie in my wat vir alles 10 uit 10 sal gee! Dis net great tunes gewees kom ons los dit maar daar! Who you gonna call? Ghostbusters!
Watkykjy staan op 3,110,901 post views in totaal sedert 1 November, 2019.