Willim Welsyn het die ander dag geskiem dit sal ‘n goeie idee wees as Dirk Uys die bokke se team manager word. Ek reken die bra het dalk ‘n fokken goeie punt beet want op die rate waaarteen Heineken nou kakpraat is hy besig om PDivvy soos ‘n legend te laat lyk. Terwyl Div oor Moses en ballerinas en mechanics tekere gegaan het, raak Heineken deesdae dinge kwyt wat selfs sy beste maatjies laat skaam kry. Yup, ons het selfs gesien hoe die bruinring om Baksteen se nek begin fade.
Iemand moet die seker vir Heineken uithelp en na laasweek se Springbok pie en beetslaai kuiertjie is ek oortuig Dirk is net die man vir die job. Hy is nie ‘n bra wat kakpraat duld nie en as die official vader van die Voëlvry toer maak hy ook uit van reëlings tref. Dalk sal Zeppelin ook in die changerooms gejol word en elke ding.
Volgens ons coach, en die internasionale media, het Morras al ‘n World Cup gewen. “He’s (Mornè Steyn) done everything, been a World Cup winner, beat the British and Irish Lions on his own,” tune Heineken toe hy Maandag sy span aankondig. Nou fok, ek was heel impressed met die span en bly dat ons troepe nog ‘n kans kry om as ‘n unit te begin gel – al is daar natuurlik ‘n risiko vir beserings. Vuurhoutjie was ook ‘n goeie kaptein – humble pie vir my – maar seriously, Morras hou tans like 14 rekords in die Boktrui wat hy met sy solid skopvoet opgeline het, maar ‘n World Cup… noddefok bra!
As Heinekn dalk na die 2005 Junior World Cup vibes verwys het, moes hy dit duidelik gemaak het, net dalk. Ek het ook al ‘n World Cup gewen – laasweek, tweekeer op my Playstation 3. Ek was kaptein van ons Laerskool rugbyspan, dalk moet ek dit ook op my CV sit. #tietkop
Dan het ek dalk ‘n groter problem met die volgende stelling wat Heineken na die Samoa game kwyt geraak het: “We have the right mix and if each guy plays for the guy next to him and we play like South Africans can, then I don’t think anyone can beat us,” het SuperSport berig. Dit was like ‘n week, ja ‘n week, na ons fokkop teen Japan! Nee my bra, so werk dit nie en dit wil voorkom of alles nie lekker klopdisselboom in die queen se backyard is nie.
Maar ons het mos nou twee games teen twee moerse goeie spanne gewen so alles is weer nou piele, right? Nee.
Hier is Welsyn se span en dit lyk heel impressive behalwe dat Ard Matthews nie vir ‘n fok toegelaat mag word om die national anthem te sing nie – want hy ken dit nie.
http://williamwelfare.com/the-first-sa-rockstar-springbok-rugby-team-selection-1/
Watkykjy staan op 3,064,240 post views in totaal sedert 1 November, 2019.