Aking gaan ‘n fokken goeie week geniet op die intertubes met ‘n befokte stukkie werk. Hulle het twee film makers, Ferdinand van Zyl en Barry de Villiers bietjie van ‘n platform gegee om hulle ekperimente met South African New Wave Cinema (waddefok dit ookal beteken) te showcase.
Die eerste video, Prey To The Birds (vanaf hulle album, Morning After wat ‘n SAMA gewen het) is nogal lekker mal. As jy maklik elektriese aanvalle kry, kyk hom maar versigtig, of klim in die bad met wasgoed en ‘n box Omo en gaan aapkak. Moet net nie drugs doen nie, maats anders gaan die voëls in jou kop jou fokken opvreet.
Volgende week min of meer hierdie tyd kom hulle volgende music video, In Loving Memory ook uit.
Watkykjy staan op 3,101,767 post views in totaal sedert 1 November, 2019.