Churchill Naude het nog nooit ‘n full 80 minutes rugby gekyk nie, en dit is dalk ‘n goeie ding. Die befokte rapper smaak krieket en het net die ander dag ‘n ton in sy Mitchell’s Plain backyard gebliksem. Hy is egter nie ‘n fan van die forward defensive nie. Ek skiem hy is meer van ‘n Klusener type tonker en kom ons sê net meeste van sy lyrics op sy nuwe album gaan meeste manne wat op goeie wickets staan, uitboul.
Sal die ordentelike review vir Rolbees los. Maar so deur die album word een ding dik duidelik; die mense is gatvol (die bruin mense veral) en nes daar voor parliament gepicket word, picket diè Bruin Bliksem ‘n straight six wat Albie Morkel sal impress. So terug oor die bouler se kop met ‘n slinkse smile. Die dinge waaroor Churchill rap is so rou, na aan die hart, eerlik… dis fokken scary in die All-Pay lyn en hy is gatvol vir manne wat heeldag sit en suip. No beating around the bush vibes, solid woorde wat in ‘n real plek gebou word – ja dit pomp al 2 weke in die wit bakkie and I have been hit by a bruin bliksem.
On that topic het ek gou ‘n spin deur die Kaap gemaak en my fok, die traffic raak rof down under, julle dudes either nog paaie moet bou of leer bestuur. Must be all the Joburg immigrants, maar Suid-Afrika B se All Black supporter problem is ook behoorlik besig om hand uit te ruk. Ek wou nou moerse political en slim raak hier maar gaan luister eerder Churchill se album. Hy praat nie oor brannas en rappie nie, maar die pyne waaroor hy preek gee jou dalk ‘n clue waarom so baie brasse van die Kaap nie vir ‘n fok die Bokke ooit sal support nie.
Van hulle is wel net tappit, maar vir ander is dit ‘n moerse saak van prinsiep en passie en let’s face it dudes, as Madiba geskiem het sport kan ‘n nasie “unify” kan dit seker ook vir moerse division sorg. Then again, op straight-up rugby terms kan mens beswaarlik iemand kak gee omdat hy die All Blacks support – hulle is nou maar net eenvoudig poes goed. Die enigste span in ons land wat lyk of hulle uitmaak van All Black styles is die Lions en daar is obviously nie een Leeu in die Bokspan nie. Josh Strauss was die enigste Laaaijun by die World Cup en sou ‘n semi gehad het as dit nie vir Craig Joubert was nie. Hoe crazy was dit? Die laaste keer wat Craig so kak was het die All Blacks in Auckland teen Frankryk die koppie gewen.
Ek het pas ‘n semi gekry toe ek aan ons game teen die All Blacks begin dink. Boys, as ons slim boks mag ons dalk net ‘n walvis uit die hoed trek and if all else fails is daar ‘n Kroeskop Vol Geraas album wat jou, ondermeer, dinge soos die Cape Crusaders so bietjie beter sal laat verstaan.
Watkykjy staan op 3,101,777 post views in totaal sedert 1 November, 2019.