Chekit, Ben Lovett van Mumford & Sons (ons het so rukkie terug met hom gesles) tesame met die Global Poverty Project het met ‘n moerse cool en unieke idee opgekom op extreme poverty regoor die wêreld so paar poesklappe te gee. Dit vorm deel van hulle Global Citizen campaign en hulle het besluit om ‘n collaboration album genaamd Metamorphoses uit te gee. Wat hierdie album befok maak, is dat dit van die grootste artists in die wêreld se performances gaan insluit. “Ja, big fokken deal” skiem jy “daar kom die hele fokken tyd collab albums uit. Fokol nuut hierso nie”.
Nee, ou pellie, hierdie is bietjie anders – hulle nooi ENIGE persoon, regoor die aarbol uit om die tunes vir hulle te skryf. Skryfwerk van watter aard ookal sal oorweeg word vir die projek, of dit nou jou gedigte, dagboekinskrywings, reflections, stories, lirieke of losstaande gedagtes is. Al hierdie sumbissions sal dan deel vorm van ‘n pool van insprisie waarvan hierdie ouens dan sal trek.
Laat Ben sommer gou self ook vir jou tune wat is wat:
Jy kan jou submissions instuur tot en met 1 Januarie, 2016. Gaan looi dit hierso. Dis nogal ‘n befokte campaign, so gaan kyk bietjie daar tussen jou ou docs rond, daai kak wat jy dalk op skool geskryf het en stuur dit in. Maybe is jy een moerse fokken song writer en jy’t dit nie besef nie. Jy’t fokol om te verloor, so hoekom gee jy dit nie ‘n shot nie? Dis vir ‘n moerse goeie doel ook.
Oor die Global Poverty Project
The Global Poverty Project is a non-profit wat in 2012 gestig is. Hulle het ‘n moerse network van “Global Citizens” wat wêreldleiers, prominente besigheidspersone en lede van die publiek insluit wat almal glo dat dit ‘n basic human right is om bo die poeverty line te werk en lewe. Dis fokken common sense dat armoede ‘n fokken kak ding is. Ons praat nie van mense wat nie zak het vir brood of booze elke nou en dan nie – harde fokken armoede. Die organisasie se goal is om aksie te neem en regerings aan te spreek om policies in plek te sit om armoede aan te spreek en uit te wis. Dis ‘n fokken harde fight, maar dit kom daarop neer dat absolute armoede gesien word as mense wat moet lewe om minder as $1.25 per dag – hulle wil daai kak toestand verbeter.
Global Citizen het ook ‘n goeie track rekord sover dit die sukses van musiek betref. Sedert 2012 het die Global Citizen Festival jaarliks in Central Park with 60,000 bywoners gehad. Headliners het bands soos Pearl Jam, Beyoncé, Coldplay, Ed Sheeran en ‘n string ander ingesluit. Dis daai tipe zak wat hulle aanwend. Gaan check hulle website ook uit: www.GlobalPovertyProject.org.
Die lys van artists is nog nie bekend gemaak nie, maar dit gaan fokken huge wees. So vat ‘n kans en submit jou skryfwerk. Jy kan dalk deel wees van iets moerse befok!
Watkykjy staan op 3,103,999 post views in totaal sedert 1 November, 2019.