The Smoking Mojos – Voodoo Groove
Hierdie klomp gerookte marabse het hulle debut album uitgebring so drie jaar of so gelede. Straight Outta Snor City. Met ‘n signature Voodoo Groove style. Sulke lekker vuil rou blues met ‘n seventies rock undertone – maar distinctively Suid-Afrikaans. Hulle maak tunes oor die Groot Trek, renosters (Umkhombe Ubhejane) en die Afrika somer (Summer Day). Ozzy Osbourne en Stevie Ray Vaughn se spoke met khaki klere op ‘n Olifant! Wat bedoel jy Ozzy lewe nog? Really? Anyway Ozzy is besig om ‘n African bat se kop af te byt en Stevie Ray Vaughn gooi licks op ‘n ukulele! Ok nee imagine ZZ Top met Afrikaanse aksente net sonder die baarde, hoede en sonbrille. Sulke sleazy hard rockin’ rofgat attitude. I like it!
Dis ‘n sluwelooslike konkoksie met riffs wat jou met tye selfs sal can like to be headbang. Die Bergh familie in full effect. Die broeders Waldo en Olof en Neef Albert saam met Bin van Heerden en Rick De Villiers gooi old school rock and roll asof snorre uit die mode uit gaan. Enigste kritiek is seker maar net dat ek bitter min innovation hoor – wat die musiek aanbetref. Die feit dat hulle uit Afrika uitkom en die kontinent se ritmes en temas gebruik bring seker vernuwing tot die spesifieke genre. So ek kan nie te hard op die bras wees nie. Baie van julle mag verskil. Diegene wat glo retro musiek moet in die verlede bly mag dalk nie hierdie een so baie geniet nie. Maar ek gee dit ‘n 7 uit 10!
Set for the Sky – The Machine
As jy bietjie huiswerk gaan doen oor Set for the Sky, lyk dit of hulle redelik hard probeer om nie as metal ge-label te word nie. Maybe is dit nie cool in Stellenbosch om full on metal te wees nie? I don’t blame them, dis probably beter so. Jy weet, om old school metal fans soos ek te probeer confuse sodat ons nie moan oor alle NuMetal deesdae flou is en dieselfde klink nie. Jirre, dit klink vir my soos NuMetal en baie na ‘n konsepalbum. Heavy anti society is a machine vibes. Bullet for my Valentine meets Black Veil Brides. Jy sou dink hierdie album was onder die vlerke van ‘n major record label release. Dit is toe glad nie. So die Stellenboschers moes nogal hulle gatte afgewerk het om die album die lig te laat sien. Respect bras.
Maar OK, hulle label hulself as Alternative Rock (Kug). Ek is ook ‘n old school alternative rock fan. So daai een het nie gewerk nie dudes! Ek sal die album review asof dit ‘n NuMetal band is. Die aficionados noem dit post-hardcore metal. Whatever the fuck that means. Vir my beteken dit meer commercially palatable metal. What the market wants, the market gets. Die bras het dit obviously self uitgefigure. Maar genoeg van my usual gekerm.
Wat julle almal rêrig wil weet is. Is it any fucking good? As jy into hierdie tipe musiek is gaan jy dit love. Moenie ‘n fout maak nie, hulle kan hardcore metal gooi hier en daar. Fire Fire skop gat en die vocals kan nogal hardcore raak. Live like you are on fire dieselfde. Maar dit kan ook epically spacy raak as jy jou oorfone aan het en jy drift daar in jou kamer rond soos ‘n astronaut. Soos op the Borderlands en Colourfull Constellations. Dis waar die metal fans in hulle broeke begin kak. Maar dit vat jou op ‘n lekker musical trip vir ‘n ruk. Het dit die nodige impak om ‘n fussy ou metal toppie soos ek te vrede te stel? Probably not. Maybe hier en daar.
Lekker vibes anyway. 7 uit 10!
3rd World Spectator – The Theory of Everything
Hierdie is ‘n album van ‘n interesting band wat nie meer met ons is nie. So first off, Rest in Peace, Third World Spectator. February 2008 – November 2014. Hulle het hulleself gebrand as cinematic space opera. Mmmm, dit klink meer vir my soos die genre wat Set for the Sky try offpull het om ons aandag te try aftrek van hul metalness. Spacy Alternative Rock? Ook ‘n klomp latte van Stellenbosch wat self aan hulle album gewerk het en toe in 2011 gesign het met Universal Records. Hulle het ‘n moerse hit gehad met Ambulance as ek reg onthou. Dit het baie airplay gekry. Great soaring Cold Play type vocals, lekker guitaring met lirieke wat emosies kan laat vlam vat. My gunsteling tune is The Forever. Dit is ‘n slow song met dwindling klavier en moving vocals. Die lirieke is briljant en handel oor iets onaangenaam genaamd oorlog. Net so. Nog ‘n tune wat my aandag getrek het is Signs. Die dans tussen die vocals en die drumming op die hierdie tune maak dit vir my epic. Interstellar Number One is nog ‘n astronaut wat dryf in jou fokken huis rond tipe song. Trippy. Ja well, soms kan hierdie tipe vibes my intrigue. Who knew? Wonder net hoekom het hulle opgebreek though? So ver ek kan agter kom het hulle net gescatter en elkeen hulle eie ding begin doen.
Maar as jy dit gemis het check dit uit. Ek gee dit ook 7 uit 10!
Watkykjy staan op 3,091,367 post views in totaal sedert 1 November, 2019.