Daar’s hy nou, Fourie du Preez sal Saterdag die kaptein van die Bokke wees wanneer hul teen Skotland kragte meet. Dit is weer ‘n must-win World Cup nommertjie en die Skotte gaan heel waarskynlik nie Leon Shuster style nog ‘n whiskey vir die slotte gooi nie.
#Homegroundadvantage se hol, my bra! Saterdag pak ons ‘n 16-man Skotland en dit behoort alles behalwe ‘n walk in the park te wees. Fourie aka Vuurhoutjie is met die groot verantwoordelikheid opgesaal en baie, meestal Bulle, is heel happy met die besluit. Ek skiem dit was dalk nie die beste move nie want Vuurhoutjie het in meeste games wat hy vir die Bulle as kaptein uitgedraf het so bietjie gesukkel en as Vuurhoutjie sukkel, sukkel die hele span.
Onthou julle Bulle nog 2008 se Super Rugby veldtog? So paar jaar later het hulle hom weer kaptein gemaak en ek moes vir ‘n werksopdrag iets daaroor geskryf het. My kennis van die Blou Ballas was nie te goed nie so ek het eers ‘n paar hardcore horing manne genader en hul was dit eens dat Vuurhoutjie se spel weens die verantwoordelikheid so ietwat verswak het.
So ander dude wat net die ander dag ons ‘n klomp klagatte genoem het toe die Bokke teen Japan verloor het, het my werksopdrag gelees en voor al my tjommas op my kop gekak. “Waar kry jy jou feite, laaitie?” het die Jannie Jammergat my getune. So ruk later het meer as een van my klasmaats gereken dat ek my nie aan die doos moet steur nie.
Toe ek gister hoor Vuurhoutjie gaan die Bokke se kaptein wees, het ek dadelik een van my kenner tjommas gebel en hy reken dat die move dalk sal werk omdat dit ‘n World Cup is.
“Bra dit is nie ‘n lang termyn storie nie, dit kan werk.”
Ek fokken hoop dit werk want daar is geen twyfel dat Vuurhoutjie een van die bestes is nie. Hy is soos die David Blaine van skrummies – ja die bra sien spasie soos niemand anders kan nie. Hy het ook ‘n solid skopvoet en sy rubybrein behoort eendag in die Bokmuseum in Slaapstad uitgestal te word – daai brein weet alles van die game. #belowe.
So, het ek tydens laasweek se game teen Samoa gemoan dat daar net eenvoudig te veel leiers en te min troepe op die veld was. Vuurhoutjie, Victor Centrefield en Jean Div het behoorlik die ref se ore van sy kop af gepraat.
Maar die week is dit net Vuurhoutjie want Victor se hamstring het gekak terwyl Jean sy kakebeen vir die tweede keer in ‘n baie kort tyd gebreek het. Manne soos Scalla het glo ook die skoot wat die einde van De Villiers se toetsloopbaan tot gevolg gehad het hoor klap. Dit was een van daai shots op die kennebak wat ons in die bar op super slomo gekokkenotch het en bliksem, dit was hard!
In typical captain courageous style het Jean later weer op die veld verskyn toe Kriel ook sulke Samoan shots gevat het.
Samoans, lyk my, eet nou maar net elke world cup ‘n senter en die keer was dit ons kaptein se beurt.
‘n Ander De Villiers, met ‘n growwe diep stem en flymskerp pen, het al per geleentheid gesê dat om teen Samoa op senter uit te draf dieselfde is as om jouself ‘n suicide seat vas te strap. In 2011 was die Frans Steyn se beurt hoewel sy departure ons nie juis in ‘n captaincy crisis gedompel het nie.
Ons gaan nog lang trane huil oor Jean se besering. Hy was, nes Vuurhoutjie, een van min spelers in ons span wat ‘n ware world class speler was. Kyk die res is nie goed nie, maar selfs Eben Ysterbeth behoort te weet dat ‘n man nie oornag ‘n legend word nie. Jean was ‘n legend. Nee wag, hy is ‘n legend en as die ringkoppe by SA Rugby ‘n halwe brein het, maak hulle seker dat hy iewers in ‘n losie park as die Bokke dit per ongeluk tot by die finals maak.
Jean het net die ander dag in die stands gesit toe Province hul eerste Currie Cup in meer as ‘n dekade gewen het. Hy het ook ‘n moerse besering opgedoen in 2007 toe ons in Frankryk gewen het. Unlucky was die bra nou al op meer as een geleentheid, maar so pure bok het ons lanklaas gesien.
Dankie vir al die goeie memories, kaptein. Jy het my so bietjie meer trots op die Bokke gemaak as wat ek dalk moet wees.
En sterkte Vuurhoutjie, jy het ‘n reuse stel skoene om vol te staan.
Watkykjy staan op 3,084,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.