Jy hoef nie stats gevoer te word om te weet watter groot fokop rhino poaching in Suid-Afrika en die res van ons kontinent is nie. Daar is probably genoeg tjommies op Facebook wat jou timeline elke nou en dan ontsier met foto’s van dooie, bebloede renosters en dit maak jou in elk geval net die poes in. Dis nie lekker om sulke kak te sien nie en het moontlik die teenoorgestelde uitwerking as handjie bysit of geldjie uithaal. Dis soos karongelukke en gewapende roof in Mzansi – dis so algemeen dat ons afgestomp raak.
Verlede week het Shannon Elizabeth (daai warm goose wat die rol van die exchange student speel in American Pie) ons last minute deur David Reese (onthou jy Nick van Egoli?) gevra om iets te kom help film en dokumenteer. Ons was soos in like, haar persoonlike film crew, gurlfrang!
*stoot bors uit en vryf so oor gulp*
Sy wil footage terugneem Amerika toe en daar ook awereness create rondom die poaching gemors wat amper elke dag in ons wildreservate afspeel. Om eerlik te wees, die TV mark, wildlife programme en die interwebs is pretty much saturated met almal se pleidooie en mens wonder of die zak wat ingesamel word regtig ‘n verskil maak. Gelukkig is dit steeds die geval. Shannon het net voor sy in SA aangekom het, oor die $30000 ingesamel. In die bigger scheme of things klink dit nie na baie geld nie, maar dit maak tog ‘n verskil, veral met die Rand wat so in sy ma se beste poes in is. Daai geld translate na net onder die R400k en gaan sorg dat Hwange National Park ‘n solar waterpomp kry vir die rhinos. Tracking collars, ranger supplies en ‘n wireless kamera trap word vir olifante gekoop vir die Aware Trust en omtrent ‘n R100k gaan vir toerusting gaan vir Saving The Survivors – ouens wat renosters rehabiliteer.

Hierdie baba rhino is ongeveer drie jaar oud. Hy en sy ma is uit die chopper gedart en sommer saam onthoring, getag en DNA samples is geneem.
Mens kan ook in statistieke gaan rondkrap, want awereness programme soos hierdie bring oor die langtermyn moontlik die meeste zak van oorsee af in. Meer as wat ons in SA kan insamel. Dit was ook cool om eerstehands te ervaar wat alles gebeur rondom die de-horning en tagging program met die renosters. Dis nogal ‘n fokken storie, en ‘n duur storie daarby. Met verlede week se mission is vyf renosters onthoring, getag en DNA samples van geneem en alles het tussen 7am en ongeveer 11am gebeur. ‘n Moerse suksesvolle dag, want dit kan maklik ‘n hele dag van ‘n kakhuis vol mense se tyd vreet om net een renoster se horing af te sny. Dis fokken helikopters en petrol en chainsaws en veeartse en helpers en voertuie en what-what. Dit voel soos ‘n fokken oorlog.
Dit is actually ‘n tipe van oorlog. ‘n Fyn beplande een. Die helikopter moet die rhinos gaan locate waarna die span op die grond ge-radio word. Daar word tussen die grond en die lug gekommunikeer en oom renoster kry ‘n veerpyltjie met lekker drugs net so bokant sy poeflobbe. Daarna beweeg ‘n security team wat soos fokken navy SEALS lyk in om die perimeter te secure tesame met hulle kick-ass Pitbull terrier, Diego. Die medics beweeg ook in, net in case ‘n bedonderde renoster dalk iemand se klokke aftrap of ribbes teen ‘n boom wil pannekoek. Alles moet redelik vinig gebeur – renosters is (soos die grootste rugbyspelers) moerse sensitiewe diere.
Terwyl hulle daar uitgepass lê word die horing afgesny tot ongeveer vier vingers van die basis van die horing af. Enigsins dieper en senuwees word raakgesny. Dit gebeur alles met ‘n chainsaw. Daarna word tracking chips ingesit met behulp van ‘n cordless drill (sommer in beide horings) en ‘n klein stukkie word uit die stert gesny vir DNA sampling. Die renosters se ore word gestop met moerse lappe en hulle word geblinddoek gedurende die proses. Hulle asemhaling word ook gemonitor deur jou hande voor die neusgate te hou en dit moet hier by die 7 harde blase per minuut wees. As dit by 6 en onder kom, kan dinge gevaarlik raak, want dit beteken oom renoster is besig om te stress of besig om wakker te word. Of beide – dan is daar kak, naels en hare vir almal in die omtrek. Hierdie hele scenario speel min of meer binne 10 minute af. Daarna spuit die veearts die outjie in met die antidote om die rhino wakker te maak. So paar pietse op die boud volg en dan moet almal soos Craig Joubert maak en fokof!
O ja, so gepraat van naels – dis wat ‘n renosterhoring is. Een moerse fokken nael. Ek het so paar van die shards opgetel en ek sweer – as ek dit langs my toonnaels sit wat ek knip, sal jy nie die fokken verskil kan sien nie. Behalwe miskien vir so bietjie toe jam, maar dit kan ek gougou was met industrial cleaners. So hier is dalk ‘n oplossing – ons almal knip ons toonnaels en spaar dit in botteltjies. Sodra die botteltjies vol is, maal ons dit fyn en pos dit Ooste toe sodat daai konte ons sif toonnaels kan opsnuif en met boners kan rondloop. Hulle sal nie ‘n fok die verskil agterkom nie, want daar is nie ‘n fokken verskil nie.
Dis moelik om te sê of die hele de-horning storie die mees effektiewe manier is om poaching te fight. Die horings groei actually vinniger terug wanneer dit gesny word en moet dan weer uitgesort word op ‘n latere stadium wanner die renoster dan weer deur al hierdie kak en drama sit. Vir nou is dit ‘n oplossing. Die tannie van Sanparks het ons getune dat die renosters dit nie regtig voel nie. Volgens haar is dit soos wanneer jy jou vingernaels te kort sny. Ek weet nie van jou nie, maar as ek my vingernael te kort sny trek my hol dienooreenkomstig so styf toe dat ‘n poep nie eers kan ontsnap nie. Dit het gelyk of die diertjies bietjie stress vang – bene het bietjie geskop en nostrils het ge-flare. Moelik om so iets te aanskou. Dit het op ‘n stadium gelyk of iemand ‘n sak mielies op Shannon Elizabeth se emosionele wipplank gegooi het. En soos opportunistiese kokkelolle was ons daar om haar met drukkies en rugvryfies te troos so tussen deur die snot en trane…
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.