Maak ‘n knoop in jou piel: Volgende Saterdag, 17 Oktober gooi ons, tesame met die SA Blues Society ‘n dik party by Die Melkery, daai kaklekker plaas tussen Pretoria en OR Thambo op die R21. Directions hierso, in case jy nog nooit daar was nie. Voor jy jouself nou bekak oor die rugby, moenie fokken worry nie – Suid-Afrika jol 16:00 teen die runner-up van Pool A, wat probably Wales gaan wees en die ander quarter final match is 20:00 die aand. Ons gaan die rugby ook wys by die party, so relax jou fokken tiete.
Behalwe vir die befokte blues en die rugby het ons ook goeie nuus vir die kokkelolle met visstokke – jy is welkom om jou visvang gear saam te bring die dag en so paar viste uit te trek as jy wil. Die bass loop blykbaar nogal lekker dik daarso. Vang hom, vreet hom. Blues, visvang en rugby. Jirre, hoe zef wil jy raak?
Ons gee ook 5 dubbel tickets weg na die party toe. Al wat jy hoef te doen is om ons hier in die comments te tune wat jou favourite blues tune van alle tye is. Onthou om met ‘n legit e-mail adres te comment as jy die tickets soek.
Vir slegs 80 skille kan jy tien befokte blues bands kom check en net kom relax. Dit sluit die volgende acts in:
Thirst Of Many
Fat Cats
Sakhite Maseko
Bad Sheep
Panjo The Missing Tiger
Big Boss Blues Band
Monkeys in Boots
Jonathan Peyper
Bright Lights Big City
The Oh So Serious
Gaan join sommer die Facebook event ook sodat jy ‘n reminder van die piele party kan kry
Pak ‘n cooler box en kom braai ‘n tjoppie of ses. Hoop om julle daar te speck. Ons gaan kakhard kuier…
Watkykjy staan op 3,084,295 post views in totaal sedert 1 November, 2019.