Boerekos en spuitkak

In Zefgatte in die nuus deur griffin

Ou Steve se laitie, Parmantig Hofmeyr, was so bietjie in die kak gewees hierdie afgelope Sondag. Amper letterlik. Check, hy’t op dieselfde highway waar pappa rondgefok het daar by Dronkwordspruit besluit om sy karretjie 185 te steek. Fokweet wat die appel en die boom altyd in daardie geweste soek, maar dit kan moontlik toegeskryf word an die feit dat Bronkies die enigste plek in SA is waar die H-woord familie nog fans het.

Die pote het hom geskraap vir speeding. In plaas daarvan om sy fokken smoel te hou, tune hy die koeltekonte dat hy gejaag het omdat hy akute spuitkak onder lede het en glo van garage na garage moet jaag om die boerekos wat hy by sy performance gevoer is uit sy hol uit te spuit. O my liewe jirre! Boerekos! Fokken verraaier van die volk! Boerekos, soos Afrikaans en Christenskap (die Afrikaanse weergawe daarvan) is die beste fokken ding op aarde, Armand! Het jy nie geweet nie! Hoe fokken durf jy!?
jesus-armandHy het ook ‘n kiekie ge-Tweet oor die “boerekos” wat hy gevoer is. Dit lyk na topklas bullybeef met Checkers cheddar cheese, mildelik daroor gestrooi wat in die microwave gesmelt is.
(Sestig sekondes op high – vir dié van julle wat hierdie gastronomiese reseppie al vir jare lank soek.)

Kyk, as jy nie die verskil tussen bullybeef en boerekos ken nie is dit ‘n fokken given dat jy nie die onderskeid sal kan tref tussen goeie of kak musiek nie. Sy verskoning sou totally legit gewees het as die cops miskien geweet het wie hy was:
“O ja, dis daai ou waar die kak by die verkeerde kant van sy lyf uitkom. Jy kan maar ry, kleinbaas.” – IOL
armand-twitter

Hierdie post is 218 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,465,697 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinBoerekos en spuitkak