Die jaar is 2015 en sekere manne is behoorlik gatvol.
Hulle is gatvol vir die slakkepas waarteen transformasie in sport (veral rugby) plaasvind. Gatvol oor die feit dat die All Blacks nie baie binnekort weens hul fokken huge fan base ‘n toets op Nuweland sal speel nie en ook gatvol vir ‘n stelsel wat nie juis harmonie in ons rainbow nation bevorder nie.
Een van die manne wat gatvol is, is P Divvy (die bra wat laas die bokke World Cup toe gevat het) en daar is laasweek berig dat hy ‘n Bok-trui braai bygewoon het. Snorre braai nie baie nie, so ‘n truitjie op die kole moes nou maar doen. Ek skiem hy moes baie by die braai gesuip het om die reuk van vleis van die res van sy gesin weg te steek.
Snorre is mos, soos meeste mense in die land van crime en corruption, jobless. Dit is moerse weird want al kort die coach about 24/7 ‘n ADT officer voor sy mond, was hy ‘n goeie coach wat al ‘n paar moerse impressive dinge in sy loopbaan bereik het. Wat transformasie aanbetref het hy net soveel kak aangejaag. Sy “spelers van kleur” het like drie minute op ‘n slag gejol.
Ja, dit is lekker om vir Heineken uit te kak omdat hy nie Juan de Jongh ‘n gap gegee het nie maar Div het ook nie.
Die manne is gatvol. ‘n Ander bra wat so ietwat gatvol is, is Edward Mokhoanatse. Hy het Woensdag pampiere by die hof ingedien om die SA Rugby en Sports Minister van Razmataz, Fikile Mbalula, se transformation failures in die kollig te bring. Deel van Mokhoanatse se plan was om sy no-name brand politieke party in die spotlight te kry en hy het later so bietjie pakslae gekry toe die hof hom getune het dat dit ‘n kak idee was om te versoek dat die Bokke hul paspoorte voor die World Cup moet ingee.
Voor die World Cup maak gatvol manne sulke moves, vir racial issues, die jaar is 2015.
Kyk, ek is ook gatvol vir die slakkepas transformasiestorie en dalk ‘n bietjie bang dat daar nog soveel bonehead-boere daarbuite is. Mokhoanatse het paar valid punte gemaak en die ding is dat hierdie rappie vibes eintlik net ‘n spieëlbeeld van ons land se algemene problem is. Ek ken aansienlik meer wit rich kid assholes wat jobs kry wat hul nie regtig verdien nie, as wat ek al dudes ontmoet het wat weens hul lelieblank lyfies nie ‘n job kon kry nie.
Maar transformasie, nes al die ander fokkops in die land sal seker aangespreek word as dieselfde ANC government wat nog sukkel om sy skoenveters vas te maak eendag die basics begin regkry. Dit begin alles by die basics, boys. Basics soos skoon water, hospitale wat nie pong nie, skole waar daar boeke is en dalk iets heavy first world goeters soos elektrisiteit.
I mean, parliament word deur ‘n groep grapkasse in rooi jasse gerun en die leader of the pack verkoop alles aan sy Chinas – dis nou as hy dit nie vir sy Bollywood connections se sake stop nie.
Mokhoanatse moes dalk eerder gevra het dat Zuma sy paspoort inhandig – dit sou baie meer sin gemaak het.
Eendag gaan ek vir my tjommas se kleinkinders moet verduidelik hoe hierdie land deur ‘n Zunami getref is. Hoe ‘n Ninja Turtle wat deur Shredder ge-brainwash is, sy eie mense sonder lube in die poefsak beetgekry het.
Fokkit, ek blame nou maar alles op Shredder. Hy het beswaarlik ook die fokkers wat volgende jaar weer vir die ANC gaan stem gebrainwash.
Het iemand vir my April O’Neill se digits?
Watkykjy staan op 3,056,547 post views in totaal sedert 1 November, 2019.