Dis soms fokken raserig hierso in Pretoria in die omgewing van die Gupta Internasionale Lugmagbasis. Gister was weer so dag. Een moerse fokken lawaai van ‘n jet wat kaklaag oorvlieg. Ek het gedog Cyril Ramaphosa is weer hierso oor op die Gupta’s se aerie, Declare Fofol One, om mangos te gaan optel in Limpompo of iets. Hulle vlieg mos rond vir fokol. Ook bang vir fokol. Untouchable…
Ek was egter verheug gewees toe ek sien dat Bruce Dickinsin agter die stuurwiel sit het en ‘n kakhuis vol shirts en CD’s by Ed Force One se gat laat uitval het. Ongelukkig het net drie CDs en twee shirts die storie oorleef. Ek kan nog duidelik onthou hoe hy “Vhaat cake jaay?” met sy elmboog by die klein cockpit venstertjie uit geskreeu het soos die groot voël oor die horison kleiner geraak het en die aerie se hol weer toegetrek het terwyl Fear of the Dark al hoe sagter raak.
Nou sit ek hier met die goed. Obviously gaan ek een van die hempies self hou (dit gebeur amper fokken nooit nie) en een van die CDs moet na Rolbees toe gaan vir sy review. So dit los ons met een kief Iron Maiden shirt en twee van hulle nuwe The Book Of Souls CDs om vir julle fokkertjies te gee. Ons gaan dit nie maklik maak nie, want dis fokken Iron Maiden.
Hoe kan jy wen?
Maak ‘n cover video van enige van Iron Maiden se tunes waar jy die song cover met ‘n muskiekinstrument. ‘n Lepel is byvoorbeeld nie ‘n fokken musiekinstrument nie.
Laai dit op YouTube.
Die video moenie korter as dertig sekondes of langer as 90 sekondes wees nie. Ons sal grasie van so 5 sekondes either kant toe gee. Ons is nou ook nie totale poeste nie.
Die video se title moet begin met “#MaidenMission” en whatever die tune is wat jy cover.
Mail jou YouTube video link na griffin@watkykjy.co.za
Eerste prys is ‘n Iron Maiden t-shirt asook die nuwe Book Of Souls CD. Jy kan kies tussen medium of large. Ek sal vat whatever oorbly en die moue afskeur en soos ‘n gomgat rondloop in my ontie.
Tweede prys is ‘n Book Of Souls CD.
Derde prys is ‘n maandlange vakansie in Djibouti.
Die sluitingsdatum is Vrydag, 2 Oktober om 18:00, so jy het meer as twee weke om dit te klap.
Daarna sal ons so paar judges in die music business vra om na die entries te kyk en ‘n wenner te kies en dit die volgende week announce.
Hierdie is net vir local Watkykertjies. Ons gaan nie fokken R1500 spandeer om jou kak al die pad Djibouti toe courrier waar jy vir Doctors Without Borders werk nie.
Ons maak ook net ‘n fokken grappie oor die derde prys. Jirre, wat ‘n kak plek.
Miskien figure ons wel ‘n derde prys ook uit. Kom ons kyk hoe loop die entries.
O ja, local muso’s mag ook inskryf, so moenie huil as jy teen Francois van Coke of Steve Hofmeyr moet kompeteer nie.
Ons up die game so bietjie, want dis Iron fokken Maiden. Dis vir die ware Maiden fans, so as jy nie ‘n tune kan cover nie, bribe ‘n gabba om dit namens jou te doen.
Hier is ‘n voorbeeld van Iron Maiden ‘n cover. Gaan speel bietjie met idees. Ons like van snaaksies en innovation:
Mag die coolste cover wen.
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.