Vandag het almal CUM LOUD geslaag! Alternative Rock wat in Vegas gebore is, bly nie sommer in Vegas nie. Imagine Dragons goes the world! Dan ‘n bietjie weird surfer tunes geborg deur Slaapstad se Retro Dizzy en laastens befokte punk rock van Durban and all – danksy Minority for the Masses. Weet nie of el lus is vir gamble, visbraai of bunny chow nie?
Imagine Dragons – Smoke & Mirrors
Imagine Dragons het nogal ‘n interesting sound vir my. Hulle is essentially ‘n American alternative rock band gone commercial mainstream. Brand new success. Daar is ‘n hele paar van dié bands deesdae en julle weet ek is vol kak met hulle. Imagine Dragons klink nie soos the Killers nie al kom hulle ook van Las Vegas Nevada af. Come to think of it, ek kon nog nooit ‘n Vegas sound pinpoint nie. So geografiese verwysings is eintlik is sinneloos in hierdie geval. Hulle gebruik ‘n kombinasie van nuwe sounds wat ek nog nie van te vore gehoor het nie en hulle blend dit met bekende existing sounds. Soos meeste bands doen. Ek weet, ek weet. Maar hoor my argument eers voor jy dit afskiet.
Jy kan Cold Play vibes hoor, Kings of Leon guitar, Black Keys en dan weer Linkin Park influences ook. Fokkit, as jy ver genoeg teruggaan, gaan jy eighties sounds ook hoor, I’m sure. Maar dit alles vat niks weg van hulle vermoëns om songs te skryf wat kreatief is en nuut klink nie. Dis ‘n kuns om in vandag se tyd jou eie signature sound te vind en te maintain. Everything’s been done before. Maar Imagine Dragons is for some reason uniek. Dis undeniable as jy na tunes luister soos Polaroid, It comes back to you en Summer. Polaroid klink beide bekend en uniek as jy dit die eerste keer hoor. The stuff that hits are made of. Hopeless Opus byvoorbeeld is weer Brian May type guitar met ‘n big anthem sound. Dit werk. Don’t ask me why.
Nie een song op die album klink vir my dieselfde nie. En dis befok. Jip, Imagine Dragons love to mix it up and experiment with different sounds. Seker waarom ek hulle musiek so waardeer. Hulle is nie ‘n dime a dozen nie. Nog nie. Friction se opening verse en chorus herinner my net te veel aan Disturbed se Down with the Sickness. Maybe het hulle hande bietjie gegly. Hierdie band kook MOS nie volgens ‘n resep nie. Moer alles in die pot en kyk hoe proe dit ek skiem. Wel, dit proe lekker vir hierdie Gen X grompot. Dis hulle eerste genuine huge commercial sukses, so kom ons kyk wat doen pressure, geld en fame aan hulle musiek.
7½ uit 10 – Cum Loud and don’t Imagine Dragons!
Retro Dizzy – Creatures of the Black Desert
Surf rockabilly & psychedelic tunes? Die enigste surf wat meeste van ons Gautengers ken is op die internet en daai kak wat jy in die wasmasjien moer om jou klere te was. Ek is alweer in genre analysis-paralysis. Back in the day het ons alles wat nie techno of commercial was nie alternative of indie rock genoem. En as dit rough around the edges guitar ingehad het, was dit grunge. Dit was toe nog maklik om die verskil tussen metal en grunge te bespeur. Jy het net na die band se klere gekyk. Leathers en cowboy boots = metal. Lumberjack plaid shirts en doc martins = grunge.
Hierdie smaak my sou ons sommer alternative indie rock gedoop het. Maar OK, hierdie bras klink met tye grungerig ook. Die surf rock deel is probably daai tunes wat soos iets uit ‘n Tarantino movie klink. Pulp Fiction se soundtrack om presies te wees. Ek skiem hierdie Kaapstad malaitas dra seker Hurley t-shirts en Element beanies. (Hey you know) we’re all stoked about the lank waves, bras.
Ok nou dat dit perfekte sin maak vir ‘n Gen X Pretoria marabs kan ek ook beaam dat ek (hey you know) lank stoked is om nog awesome retro musiek te hoor in 2015. Die album kan nogal trippie raak en die tunes is soms soos om met chilled kole te braai by ‘n party waar almal serious goeie weed gerook het – dit sizzle stadig en die chorus op meeste tunes is wicked, weird en eenvoud se Moses. Jirre, ek love dit om sulke bands te review. Maar moenie verward raak nie, dit kan ook nogal rowwerig raak met sulke Surfer Rosa Pixies kinda riffs. Daai tyd was die songs kort, weird en kragtig. Retro Dizzy volg dieselfde resep.
As jy nie zol rook nie moenie stress nie, luister hierdie album deur en jy gaan anyway soos ‘n goofbubble surfer voel. Jy gaan in jou kar wil klim en see toe fok, saam met ‘n klomp mullet surfers iewers in ‘n shack wil gaan bly en van realiteit wil vergeet. Jissus, ek het lanklaas sulke befokte alternative tunes gehoor.
7½ uit 10
Cum Louder Kaapstad goofbubble surfers!
Minority for the Masses – the Album
Die eerste ding wat in my gedagtes opkom as ek nuwe punk bands moet review is: ag jissus fok dit gaan nie genuine punk wees nie. Here we go again. Ek gaan al weer soos ‘n suurgat ou ballie klink wat nie die nuwe genres verstaan nie – of nie rêrig ‘n fok omgee om te probeer inpas by die hede nie. Amper soos daai wit ou oom by die werk wat fokol met die nuwe Suid-Afrika te doen wil hê. Die token hardegat. Maar ek is nie hardegat nie. Ek like net nie flou kak nie. Jy is nou maar eenmaal gecurse as jy genuine lief is vir befokte rock and roll. Damned if you do and damned if you don’t.
Mind you, Minority for the Masses is ook nie 100% punk nie. Maar dis vir ander redes as wat jy dink. Ek hoor ‘n hele klomp verskillende invloede op die album. Van Anthrax tipe thrash metal tot early Exploited punk, tot nineties alternative vibes en ja, dit het soms ‘n slight modern commercial punk klap weg (gelukkig bitter min).
Let’s face it, vandag se kids gaan nie bands ondersteun wat net Sex Pistols punk herhaal nie. Too much has happened since then. Dit gaan net klink soos retro covers. Die hipsters sal dit maybe like. Fok hulle. Ek kan net nie die vlaag van kermpunk wat onstaan het na Green Day se sukses meer as twee dekades gelede verdra nie. Green Day is nog fine maar daarna was daar punk evolutionary deviations wat die hele genre laat suid gaan het. Ja, ek besit die fokken trademark op daai benaming. Kermpunk. Die guitaring klink alles soos Blink 182 en die vocals klink soos ‘n emo tiener wat neul vir sakgeld by sy mammie. Nannie-nannie-nannie-nannie-nannie. Poesklapparadys. Nannie-nannie-nannie-nannie-nannie.
My innige dank aan die rock and roll gode daar in Durban and all. Om in 2015 op ‘n band af te kom wat die perfekte balans tussen retro punk, alternative indie en gatskop metal verstaan, dit kan blend soos ‘n properse cocktail, jou van jou voete af kan etter daarmee en dit nog relevant en modern ook kan laat klink is bykans onmoontlik. Of is ek verkeerd? I don’t think so. Net die vocalists wat nie neul nie alleen gaan my vanaand laat rustig slaap. Alles gaan OK wees.
Great music is alive and well in South Africa. Gaan luister die hele album, skiem ek. Maar kom ek highlight ‘n paar tunes, just for completeness’ sake. MFTM is ‘n punk anthem wat nogal elemente van die early seventies punk bands bevat. Dis pragtig om te hoor! Useless Tool is obviously hulle radio airplay flagship song. So bietjie meer commercially palatable maar nog steeds ‘n hardegatskopper. Hair of The Dog laat my dink aan Scott Ian se clan, ja. Meer metal as punk. En dan Punk it up en Tequila Destroyer is twee lekker hardcore punk tunes. Jy gaan nie nugter uit daai party uitsta. Of rol nie. 7½ uit 10!!!
Lekker Durbs Souties!
Cum the Loudest! \m/
Watkykjy staan op 3,073,770 post views in totaal sedert 1 November, 2019.