“Dis nie omdat ek dink die son skyn uit my gat dat ek my life story in hierdie boek vertel nie. Ek meen fok, ek is nog maar net 33 jaar oud, give me a break.”
So begin Zander Tyler, aka Jack Parow die voorwoord in sy boek (soos oorvertel aan Theunis Engelbrecht). Dis ‘n soortvan outobiografie wat terugstrek na nog vóór die man met die lang pet se geboorte. Hy skets ‘n prentjie van sy voorvaders (almal kleurvolle, interesting karakters) en gaan haal hom duskant sy oupagrootjies en trek vir hom deur tot by sy carefree, uncomplicated jeug (ons praat hier van pre-hoërskool) waar hy as laitie in comics en arcade games verlore geraak het. Dis ook hierdie verbeeldingswêreld wat hom ge-shape het in die entertainer waarin hy eventually ontwikkel het, natuurlik nie sonder complications nie…
Dis ‘n nostalgiese trip down memory lane, soos wat jy in sy musiek ook sal aantref, kenmerkend byvoorbeeld in sy tune, “I Miss”. Parow is ook ‘n serious familieman (self ook deesdae ‘n pa van ‘n dogtertjie, Ruby) en hy dink ook fondly terug aan hoe sy ma en sy sussies hierdie stoutgat kind moes handle, hulle vakansies by die see en hoe sy pa hom op trips in die kar gevat het as die gooste in die huis te loud en praterig begin raak het.
Verder gesels hy oor sy hoërskooldae en al die kak wat gewoonlik spat in daai vormingsjare waarmee puisiegevrete moes deal – boelies, underage drinking en fucked raak by house parties. En natuurlik skool self, wat vir sommige kinders ‘n baie kak tyd in hulle lewens is. Wanneer die zits en die hormone inskop en kids somtyds nie lekker weet waar hulle inpas nie. ‘n Groot deel van die boek kan half as ‘n moderne handboek vir kids gesien word en ek skiem Parow se jonger audience en fans sal veral met hierdie gedeeltes identifiseer. Dalk ‘n case van “leer uit hierdie bra se foute”. Altyd handy.
Nog ‘n rede hoekom Parow die boek geskryf het (behalwe dat hy deur publishers genader is en gevra is om dit te doen) was om vrae te beantwoord. Jy kan imagine hoe so iemand lastig geval word voor shows, na shows of sommer by Pep terwyl hy net probeer onties koop en gepeper word met vrae. Baiekeer dieselfde goed oor en oor, sou ek raai. Ek sou my poes gepluk het as ek in sy skoene was, maar Zander maak altyd tyd vir sy fans en hierdie was maar net nog ‘n manier om so paar dinge wat nie general knowledge is nie so effens op te klaar en in perspektief te sit.
Soos almal moes Zander ook maar uitfigure wat hy na skool sou doen en hier is waar die handboek-vibe weer inkom in ‘n manier: hy het seriously dead beat jobs gewerk. Ek meen jirre, wie wil in ‘n begrafplaas werk of nine to five fokken vis pak in ‘n fabiek? #SlegteTye
Die grootste deel van die boek gee mens so bietjie insight into wat alles agter die skerms gebeur, ‘n loergat tot die Suid-Afrikaanse entertainment industry, soos toe Steve Hofmeyr hom wou bliksem, toe ‘n paar ander Afrikaner omies hom wou donder en hoe van sy bookings deur verkrampte konte stopgesit is. Gelukkig is dit meerendeels positief. Nie almal is konte nie. Hy gesels ook oor sy collabs met like minded mense en befokte artist en sy liefde vir Afrikaans. Die taal wat hy volgens extreme Afrikaanse kerkmense so opfok en naai.
Sy travels en oorsese toere klink ook befok lekker. Hy het kakbaie international acts ontmoet, asook heroes uit sy kinderdae wat hom inspire het, sommige van hulle presies soos hy hulle imagine het en sommige van hulle bietjie konterig. Van die staaltjies van wat voor, tydens of na shows en sy travels gebeur is soms poes crazy.
Hy deal ook met so paar persoonlike issues in sy boek – die dood van sy pa (wat daartoe gelei het dat hy Tussen Stasies geskryf het), asook hoe hy op ‘n stadium totally rock bottom geslaan het en weer by sy ma moes intrek om homself van die grond af moes optel en basies van scratch af te begin om te kom tot waar hy vandag is. Dis ook lekker om te weet dat sy musiek moerse rewarding is vir hom – mense het hom al by shows genader en vertel van hoe van sy “dieper” songs hulle al deur heavy taai tye getrek het.
Die boek vat jou op ‘n wilde ride deur goeie tye, kak tye, fokken weird goed wat die man al moes aanskou, awsome gigs aook die kakste gigs wat Jack Parow al moes deurmaak, of dit nou organisers, drank of min slaap se skuld was. Daar is oor die honderd illustrasies en foto’s (baie uit sy private collection) wat nog nooit voorheen te siene was nie en die hoofstukke word mooi afgerond met lyrics van sy songs. All-in-all is daar drie-en-twintig van sy tunes se lyrics in die boek, so fans wat altyd by hom gemoan het dat hulle die lyrics saam met die songs wil lees en sing het nou ‘n kief item vir hulle Jack Parow collection. Hy neem jou ook op ‘n tipe walk-through deur van sy music videos, die idees daaragter, die harde werk op sets en hoe die dinge aanmekaargesit is.
Dis by no means ‘n literary masterpiece. Die boek is in Straatafrikaans geskryf en lees fokken easy. Jy sal hom in ‘n halwe dag kan deurdraf. Teen 200 skille vir ‘n 240 bladsye boek (wat illustrasies, foto’s en kleurfoto’s hier en daar insluit) is dit ‘n bargain. Sulke tipe boeke sou normaalweg enige iets vanaf R275 opwaards kos, so props aan Jack Parow en die publishers wat die fans se beursies in ag geneem het met die release daarvan. Ons kan Krismis al amper ruik (ja fok, dis daai tyd van die fokken jaar), so bestel hierdie outjie solank maar vir jouself, jou goose of jou tjommie.
Die eBook is slegs 130 pitte, maar sit eerder daai R70 by en koop die actual boek. ‘n Lekker boek met kiekies en fotos moet langs die swembad of onder ‘n boom gelees word waar jy eventually met hom oor jou gesig aan die slaap raak en verder lees as jy vol drool wakker word…
Watkykjy staan op 3,092,336 post views in totaal sedert 1 November, 2019.