Jirre maaats, ek hoop julle is reg vir hiedie ene!
Rock legends, Iron Maiden kom volgende jaar Mei Suid-Afika toe. Hulle nuwe album, The Book of Souls het ook sommer verlede week nommer vier geklap hier by ons en en die nommer een spot in die UK en ‘n hele paar ander lande opgeraap. As jy ‘n Maiden fan is, behoort jy ook te weet dat hulle in fokken styl travel. Hulle vocalist, Bruce Dickinson, pilot self hulle enorme Boeing 747-400 jumbo jet, Ed Force One en hy vlieg die band, hulle crew en al die stage production en equipment rond.
Net om vir jou bietjie die bigger picture in te kleur:
- Die nuwe Ed Force One vlieg 12 ton equipment rond oor 6 uit die 7 kontinente gedurende hulle wêreldtoer.
- Gedurende hierdie toer gaan hulle 35 lande besoek en meer as 88000 km vlieg. Dit sluit ‘n eerste besoek in aan China en El Salvador.
- Oom Bruce het reeds met sy training begin om te qualify as ‘n 747 pilot en speel met ‘n simulator by Cardiff Aviation in Wales. Dis ‘n aircraft maintenance facility wat hy fokken besit!
- Hulle aerie, Ed Force One sal aan die buitekant ge-customise word met die Iron Maiden logo en hulle nuwe album se cover art, so dit gaan fokken spectacular lyk. Omdat die aerie so poesgroot is, hoef hulle minimaal te customise binne in die vliegtuig self.
Iron Maiden gaan twee shows hierso by ons in Suid-Afrika kom jol:
18 Mei in Kaapstad by die Grand Arena
21ste Mei by die Johannesburg Carnival City Festival Lawns.
Oom Bruce is nogal kak excited oor die hele storie:
“We cannot wait to get back out on tour. When we start in the USA in late February it will be 19 months since our last show at Sonisphere in the UK so we are raring to go. Maiden thrive on touring and getting out to our fans, it’s what we do best, so it will be a great feeling to board our new Jumbo Ed Force One with the crew and the gear and head round the globe and get back on stage for you guys. I’m especially delighted to be coming to South Africa, as although the band has played here before, it’ll be the first time that Adrian Smith and myself will be touring here as part of Iron Maiden, so we’re really looking forward to seeing all our fans!
“Of course we haven’t decided on the set list as yet and won’t until we start rehearsing but we really look forward to playing a number of new songs live, especially as the recording was so much live. However, as it’s been a while since we saw you all, I am sure we will include plenty of older fan favourites too. I think the fans will be delighted by what we have in mind. We are also in the middle of creating the new show and rest assured we are working hard to bring you all something spectacular, something with a lot of heart!!! You certainly deserve it for your patience.“
Hulle support band vir die Book Of Souls World Tour sal The Raven Age wees, ‘n melodic metal band van die UK af.
Julle moet fokken wakker wees vir hierdie enetjie – tickets gaan hierdie Donderdag, 17 September vanaf 9am te koop wees by Big Concerts en dit gaan probably vlieg. As jy deel is van die Iron Maiden Fan Club, sal daar exclusive pre-sale tickets wees op www.ironmaiden.com.
Ticket pryse vir Iron Maiden se show range vanaf R510 tot R905 vir Kaapstad en R620 tot R905 vir hulle Johannesburgse show.
Ons gee ook ‘n stel dubbelkartjies weg vandag! Jy check die share button hieronder die artikel? (Deel Met Jou Tjommies). Druk daai Twitter knoppie en share. Sit die hash tag #MaidenMission by, sodat ons die die entries kan track.
Ons sal teen die einde van die dag hier by 17:00 ‘n random wenner kies.
Ons gaan hierdie shows nie vir fok mis nie! \m/
Watkykjy staan op 3,048,219 post views in totaal sedert 1 November, 2019.