Kom ons maak hierdie somer in Suid-Afrika lekker vir mekaar. Moenie soos ‘n doos aantrek nie. Jy het nie regtig baie fashion sense nodig, net ‘n bietjie common sense. Dis straight forward, maats: Ouens, dra maar die gewone boardshorts. Gooses, bly weg van die oumabroeke af en hou by bikinis en die odd one piece vibe wat smaaklik vertoon.
Ons sal graag bietjie van ‘n swimsuit collection van die Watkykertjies aanmekaar wil sit oor die volgende maand of so. Dis nie ‘n kompetisie nie, dis net vir fun, so stuur gerus bietjie kiekies in van jou volgende braai langs die opblaas swembad, die community pool of die strand.
Om julle reg te help is daar so paar defnitiewe no-no’s gekies ter illustrasie. Hier is so paar tips oor hoe om nie vir die somerseisoen te dress nie…
Hierdie geld vir die gooses en die brasse. Winter is verby, my ou. Daai hairy bene – skeer vir hulle of kak af en dra ‘n langbroek vir die res van die seisoen. Jy wil nie lyk asof Chewbaka jou met gom besmeer het en jou bene soos ‘n hond naai nie. Bad dog. Die hare moet waai.
Levi Strauss het al way terug in die 1850s die groot pappa van die jeanpant geword. Denim moet eintlik net in die jeanpant formaat gesien word. Nie op handsakke nie, nie op werkshemde nie, nie as skoene nie en sure as fuck nie as whatever die fok hierdie bra hieronder probeer afpull nie.
Crocs is ook ‘n fokken groot sonde. Veral in ‘n kleur soos oranje. Daai gaatjies op die skoene is waar jou selfbeeld uitloop, so hou dit in gedagte.
As jy confident genoeg is om so langs die dam uit te hang, double check net seblief alles voor jy aan die einde van die dag jou goedjies oppak. Vreemdelinge wil nie agter jou aanloop en gaan rondkrap daar by die exhaust rond vir vermiste sambrele, boomboxes, braaitange of klein troeteldiertjies nie, ouma.
As jy vir ‘n one-piece wil gaan wat lyk asof dit op jou lyf geverf is, meisie, doen presies dit – verf dit eerder op jou lyf. As jy flos en fliesies dra wat lyk of dit jou koek of poefloebbe in twee gaan verdeel kan dinge risky raak.
Daai tipe bathing suits maak ook baiekeer vir kak akward tan lines. Na ‘n dag op Balito se strand wil jy nie lyk asof ‘n ou met enorme ballas en ‘n dun voël met ‘n groot kop op jou bors gesit en Rapport lees het nie.
Te veel strappies op die bikini kan ook maak dat so paar ure in die son jou laat lyk asof jy saam met die duiwel vleis gebraai het. Heeltemal te veel pentagramme en dit lyk of die son vir so wyle by jou hol uitgeskyn het. Sulke strale.
Probeer ook om nie te lyk asof jy by geboorte in ‘n hangmat toegedraai is en vir 20 jaar lank niks anders gedra het nie. Daai toutjies onder by die poefenjors het ook die geneigdheid om ‘n ongewenste, onverwagse drol soos fokol te laat split. Dubbeldrolle. Not want.
Wanneer jy by ‘n partytjie opdaag en soos ‘n doilie aantrek, gaan mense jou op die tafel maak lê en jou as ‘n lappie gebruik om die kakwarm teepot op neer te sit. Hey, maar as branderke op jou maag jou ding is, go for it.
Hierdie is ook ‘n baie belangrike fashion tip vir die somer – as jy tuisgemaakte swemklere het, los dit by die fokken huis en loop eerder kaal rond. CDs, duct tape en goudvisse? Nee jirre man. Kom by.
Dudes, niemand gee regtig om of jy jou broeke by knopstores koop nie. Hel, jy kan even jou vleismissiel in ‘n kruiwa saam met jou rondstoot orals waar jy gaan of aan jou enkel vasmaak met ‘n Lance Armsttong bandjie, want jy het duidelik ‘n moerse probleem. Maar for fuck’s sake, bly weg van die shape shifter swembroeke af. Dis pretty much heelbo aan die skaal van walg en mondkatjies. Jy behoort in elk geval nie aan een van daai totterman-tribes van Suid-Amerika nie.
Borat se mankini. 2006 het gebel en soek hulle grappie terug. Jou fokken nool. Nee. Net… Nee.
Ons is weer terug by die one-piece suits. Girls, as julle dit regtig moet dra, stick asseblief by een kleur. Full size prints van cute katjies gaan byvoorbeeld nie werk nie. Een golf by Margate wat jou verkeerd op die agterstewe klap en daai katjie se neuse sit dalk smack bang waar jou voorboude se neusie sit. Totes awkies. Hou verby…
Aah, ou Gawie Grapgat. Die ou met die harige borskas en rolpens wat vir homself ‘n bikini toppie skeer en ‘n poeshoed toevoeg tot sy ensemble. Leer eers om daai vier Castle Lights te handle, dan praat ons weer. Terloops, vir een of ander rede laat hierdie foto my dink aan Grieke. Hier is vir jou ‘n kak bonus grappie:
Wat weeg die average Griek?
Groente.
Hierdie enetjie sien mens heeltemal te veel. Die kenmerkende Harmanus rugboud. ‘n Boud wat al die pad teen die rug opgaan. Geen wonder die Hermanus sign board se ‘M’ word heeltyd gesteel nie. As jy nie muffins het om te verkoop nie, hou asseblief op om dit te adverteer. Bikinis kom in meer as een size uit. Probeer om “heeltemal te fokken klein” te vermy. Vir almal se onthalwe.
So gepraat van boude. Het jy geweet jou boude sit aan die agterkant? Jy het? Nouma vertel vir ons hoekom jy wil lyk asof jy boude op die voorkant ook het? Dit maak net vir ‘n baie vreemde broekhoes. Jy sien die skirt aan die linkerkant? Probeer hom gerus. Simmetrie is meestal vleiend.
Laastens net ‘n tip vir die ouens van Brakpan af. Los jou twaalfjarige niggie se swemklere uit. Sit daai drank ook neer. Gaan dink eers mooi oor wat jy wil bereik.
Watkykjy staan op 3,056,597 post views in totaal sedert 1 November, 2019.