Deur Big H
Ons het laas Woensdag vir die aand deurgeskiet Johannesburg toe om die launch van Gerald Clark se nuwe album by die Stanley Beer Yard uit te check. Eerstens, as jy die laaste paar jaar onder ‘n klip gebly het en nie mooi weet wie Gerald Clark is nie, hier is ‘n video om jou geheue te verfris:
Nou goed, noudat almal op dieselfde bladsy is, die aand was befok en die tunes was uit die heel boonste rakke. Gerald Clark is ‘n moderne blues legende, en kan dinge met sy stem en sy kitaar doen wat meeste ander musikante net kan van droom.
As jy my nie glo nie, hier is ‘n song van die nuwe album af. Die album word, heel gepas, AfroBoer & the GoldenGoose genoem en kom in November uit.
Kyk uit vir ‘n Rolbees review van die nuwe album, eksklusief hier op Watkykjy. Hier is intussen ‘n paar foto’s van die album launch:
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.