Die Heuwels Fantasties – Alles wat mal is CD /Wens jy was hier EP
Die Heuwels Fantasties se debut album was daai tyd fresh en iets nuutgevonden vir my.Dink dit was 2009? Time flies when you’re having fun. Mellow techno pop sonder om commercial te probeer wees. Well executed gekontroleerde techno-nostalgie. Eerlik en eenvoudig met die nodige melankoliese undertones.Die woorde is introspektief en kreatief. Dit blend perfek in met die 80’s electronica vibes.
Maar OK, bands beweeg seker maar aan. For whatever reason.Die laaste album wat ek geniet het was Wilder as die Wildtuin(2011).Baie meer ekperimenteel maar met genoeg juweeltjies om my aandag te trek en te hou.Daarna het ek hulle verloor. Case in point is ‘n compilation van die Wens Jy Was Hier EP, die Alles Wat Mal is CD en ‘n Live op Paul Cluver DVD (met ‘n paar bonus music videos bygevoeg). Ek het begin met die EP en CD en dit ‘n hele paar keer van verskillende kante af benader met die hoop dat dit op my gaan groei. Eventually het ek besef selfs al gooi ek sakke vol fertilizer oor my (en die CD) gaan dit nie gebeur nie.
Die songs klink bietjie droog en die lirieke is afgewater en vervelig met bittermin trefkrag. Het die Heuwels se idees of passie opgeraak? Ons almal weet hulle het talent so dis nie die probleem nie. Selfs die colabs met die Guguletho tenors en Mandoza help nie om dit beter te laat klink nie. Toks en Tjops? Saam met Bok van Blerk en Robbie Wessels? Jirre OK, fair enough. Griffin het dit seker op die Pick and Pay se Huisgenoot Skouspel rakkie gekry.
Nie moerse lus om die DVD te kyk nie maar ek sal seker moet. Hou net vir my aan so sekond asseblief. Sug…
Ok, dit was fokken beter! Meer actual instrumente en Pierre se stem klink baie meer chilled, focused en intimate. Die eerste twee songs Pêrels en Lewensredders en Oorlewing 101 is ‘n welkome begin. En dan gooi hulle Buitenste Ruim van Wilder as die Wildtuin. Like daai tune kwaai. Die live sound (in plaas van ‘n overdose elektronika) laat meeste van die flou tunes waaroor ek so gemoan het meer kick ass klink. Ek sou wou dink jare beter. Rofstoeigreep en Volkslied ook tot ‘n mate maar dit captivate my nog steeds nie soos die ouer tunes nie. Net goddank bly om meer elektriese kitaar te hoor. Sonrotse is die hoogtepunt van die DVD, no doubt.
Ek sou nogal graag daar wou wees, actually. Sheeeit! Wat ‘n beautiful setting. Die eucalyptus woud om die amfiteater gee die hele produksie ‘n mistieke atmosfeer en ek is oortuig dit het die musiek ook beïnvloed. Die beeldmateriaal van die ongelooflike natuurskoon is amazing en die setting was ‘n great idee. So OK, my beskeie opinie van die Heuwels deesdae is hulle elektroniese musiek werk net vir my as dit eenvoudig en introspektief is. En miskien ‘n bietjie alternatief daarby – soos meeste tunes op die eerste album. Die meer gekompliseerde commercial (heavy afgeronde) musiek wat hulle maak deesdae werk nie vir my nie.
As jy van Nicholis Louw en Kurt Darren hou, knock yourself out. Dit kan egter geremedy word. Net ‘n paar regte instrumente en ‘n slightly ander benadering en dit begin weer fantasties te klink. As opposed to spasties. Die Live DVD is bewys daarvan. Die helfte van die songs daarop is van die eerste album en daar is net ‘n klein aantal van die EP/CD se songs op. Mmmmm. Werk vir my.
Ek gaan die rating moet split. 5 uit 10 vir die EP en CD en ‘n 7 uit 10 vir die DVD!
Crimson House – Come Alive
Hierdie juweel kom uit my personal stash uit. Een van my favourite bands op die oomblik, so ek sal try om fokken objektief te wees. Ek belowe niks. As jy nou rêrig spesifiek wil wees en die Kaapstad malaitas gaan try klassifiseer gaan jy ‘n pen en papier moet kry en ‘n lysie moet maak. Blues rock gypsy jazzy folkin’ hillbilly bluegrass vibes? Naby genoeg? Sit maar by as jy wil.
Wat ek love van Crimson House is dat hulle lirieke nie net tradisionele blues temas kan aanraak nie (Drop Down Mama, Hoodoo Mask en Trickiest Tricks) maar hulle is ook in staat om topical modern life and death issues op te dis. Give it All Away, Settler’s Son, Alternative State of Mind, Dreams en Yesterday’s Mistakes (om net ‘n paar te noem).“When you’re living in the past you’ll make your future outlast your mistakes”. Befokte advies.
Settler’s Son is eg Suid-Afrikaans en handel met Apartheid se onregverdige legacy issues. Net van die free born wit kids se kant af, in hierdie geval. Crimson House is beslis nie bang om goue kalf standbeelde met blou verf te bliksem nie. En as jy nog so aan’t fokken dinke is dan gooi hulle weer ‘n comical tune in die mix (Spiderpig). Hulle moet fans wees van The Simpsons.
Fokkit, die album is uiteenlopend. Soms is die tunes stadig en sexy en ander kere is dit pumping rock and roll blues country met daai gypsy horn section en viool of banjo wat jou verskeie orgasmes gee. ‘n Hele paar tunes het die hoendervleistoets geslaag. Met vlieënde vaandels. Most notably Dead in the Eyes of God. Dit is een van die beste blues rock songs wat ek in jare gehoor het. Ek sal dit sommer op repeat sit vir ‘n uur. Dit klink larger than life as gevolg van ‘n paar redes. Eerstens, die guitar riff is getweak van ZZ Top se La Grange af.Moet nou nie anal raak nie. They just turned it inside out a bit. Hey, as jy classic rock tunes tweak, improvise en modernise is dit nie diefstal in my oë nie. Jirre, dis wat Led Zep gedoen het en almal kak in hulle broeke daaroor. Fok almal. Dis hoe musiek evolve. Solank daar net eerlikheid en vernuwing is.
Tweedens, daai riff saam met die brass section vat die song na ‘n ander fokken level toe. Masehare! Derdens die kief kitaar solos. Nuff said. Vierdens, Riaan Smit se husky blues vocals wat critics van die band die spreekwoordelike emmer laat skop van ‘n oordosis poescoolness. En laastens, die lyrics het ballas. Dit gee eerlike sosiale kommentaar (without fear or favour)oor die boosheid wat gepaard kan gaan met organised religion. Dis ‘n anthem teen die judgemental sekte mentaliteit van die kerk (en daai tipe volgelinge). Vir ‘n heiden soos ek is dit sommer teen die hele spul.
Wag, ek moet Ashes on the Highway ook noem. Lekker slow blues tune oor die ultimate oorsaak van die blues. Die dood. As jy ooit wonder of die blues in ons land dood is, gaan check hierdie malaitas live. The blues is strong with Crimson House.
8 uit 10 sonder dat die Rolbees aarsel.
Nickelback – No fixed address
Ek sou graag die album net in isolasie wou review. Dis actually moontlik vir my want ek het laas Nickelback geluister – attentively – in 2003 as ek reg onthou. Behalwe vir daai earworm hits wat jy per ongeluk op radio of TV hoor soos Hero of Rockstar. Dis kief die eerste paar keer maar dan word dit soos waterboarding. Gurgggle!!
As riffs en hard rocking beats maar net genoeg was dan het ek seker nie te veel pyne met Nickelback gehad nie. Maar jy kan nie n paar songs op No Fixed Address in insolasie review nie. Ek is definitief nie een van daai die hardhaters nie. Die anti-Nickelback beweging herinner nogal aan religious fundamentaliste. Hulle spring almal op die bandwagon saam met die massas sonder om vir hulleself te dink. As jy Nickelback love en jy gee my goeie argumente oor hoekom hulle befok is dan is dit jou volste reg. Good luck with that though. Ek gaan probably nie saamstem nie. Maar dis mos jou fokken smaak.
Ek het nie Nickelback ‘n mis gegee omdat ek hulle haat nie. Hulle het my net nie moerse impress of genoeg afgepis om genuine om te gee die afgelope dekade nie. So hoekom haat so baie mense hulle? En hoekom verkoop hulle nog so baie albums as hulle dan sulke pariahs is? Jirre, iemand moet hulle musiek luister en koop want hulle doen nog steeds uitstekend met verkope.
Ek moet bieg, selfs van die chilled out tunes is nogal nice agtergrondmusiek. Radio Jakaranda style. Old school grunge commercial elevator tunes. Ek sal nie die radio in protes afsit as hulle musiek speel nie. En maybe is dit deel van die rede hoekom mense wat ernstig is oor musiek hulle so gehaat het die afgelope paar jaar, en maybe waarom mense wat fokol van musiek weet op die bandwagon gespring het. Mob rules!
Maak geen fout nie, Nickelback “leen” sonder om die musiek creatively na ‘n ander level toe te vat. Hulle maak dieselfde musiek oor en oor. Amper soos cover versions van hulle eie musiek. So wie luister na hulle musiek dan? Hoogs waarskynlik die musiek liefhebbers aan die ander kant van die draad (wat fokol van musiek af weet) natuurlik. Sekere van daai dames waarmee jy so hard in Shaft geparty het is nou gekonformeerde rugby mammas. Of soccer moms. En hulle mans wat sestien biere kon drink in een aand is nou ingenieurs, project managers, CEO’s, prokurowers ensomeer. Meeste van hulle soek net musiek wat naastenby klink soos die tunes waarop hulle geparty het op varsity dae. Moet nou nie befok raak met my as jy musieksmaak het nie. Ek veralgemeen mos nie. Dis net as die skoen jou pas. En hey al daai mense het MOS koopkrag. En dalk luister hulle kinders dit ook. The sins of the fathers….bleh. You get the picture.
So uit ‘n musical oogpunt is al wat ek kan sê: hey, hier is nog ‘n Nickelback album. You either love it or you hate it. Ek sal aanhou om dit van die draad af te ignoreer. Luister jy dit maar.
Nickelback volg dieselfde resep as wat ek op Varsity gevolg het. Skuur met jou gat deur, keep cool as die kak spat en fok almal wat jou judge. Fokkit, dit het gewerk vir my.
Nog ‘n 5 uit 10 vandag.
Watkykjy staan op 3,101,756 post views in totaal sedert 1 November, 2019.