In Callie se camper hang daar twee caps – een dra hy altyd as die Bulle jol, die ander een sit op sy kop as die manne in groen en goud uitdraf. Daar is ook ‘n paar prentjies van die Porsche wat hy besit het aan die binnekant van die groen mobile home vasgeplak. Callie bou en breek so entjie buite die dorp en het laas Saterdag met ‘n moerse gejuig by die bar ingewals. Die bra was dik opgewonde and who could blame him? Die Bokke se eerste World Cup game, eksê!
Try time boys! Japan maak mos nie uit van rappie nie. Ek meen, die average Japanese slot sukkel om met Faf de Klerk oogkontak te maak, right? Die bar was mooi vol en die musiek het gepomp. Een dude het sy 30th gevier en daar was ‘n hele paar lekker mikke in die omtrek. Dit was een van daai dress-up jols so almal was vol shooters en smiles.
“Is julle manne reg vir die game?” het Callie net so voor hy sy eerste Castle bestel het gevra.
Aanvanklik het almal geskiem die bra gaan uit sy pad uit om ‘n werfetter te wees maar toe tune hy: “Die game begin oor 15 minute, ek wil ‘n eers ‘n draai loop.”
Callie is ‘n ordentlike krimpie, hy praat nie van ‘n pisvang nie.
“Nee oom, die Bokke het klaar gejol en ons het verloor,” het Jovan probeer verduidelik.
“Jy praat kak man! Daar is nie ‘n manier nie.”
Binne sekondes was daar about vier smartphones in Callie se gesig gedruk. Hy kon nie sy oë glo nie. Sy gesigsuitdrukking was soos dié van ‘n man wat pas sy hele gesin in ‘n car crash verloor het. Iemand tune hom toe: “Nee ons joke net – kyk dan hoe happy is almal in die bar.”
Callie wou beslis nie vir ‘n sopdrol gevang word nie. Hy bly toe skiem ons joke net en besluit om vir die 9uur kick-off te wag. Die arme dude.
Toe Frankryk teen Italië uitdraf het hy sy kepsie afgehaal, sy bier gedown en getune: “Well ten minste het ek nie die fokop gesien gebeur nie.”
Ek kon sweer daar was ‘n traan in sy oog.
Nou boys, sport is sport en wat met die Bokke gebeur het was ‘n fokken freaky oomblik wat vir nog baie lank by elke supporter gaan spook, maar gee dit ons die reg om op al wat ‘n speler is se kop te kak? Nee. Sharrap en support die dudes want jirre, hulle het dit nou meer as fokken ooit nodig.
Bokspan vir Samoa:
(Kick-off is nie 9uur nie.)
1 – Tendai Mtawarira
2 – Adriaan Strauss
3 – Jannie du Plessis
4 – Eben Etzebeth
5 – Victor Matfield
6 – Francois Louw
7 – Schalk Burger
8 – Duane Vermeulen
9 – Fourie du Preez
10 – Handre Pollard
11 – Bryan Habana
12 – Damian de Allende
13 – Jean de Villiers (captain)
14 – JP Pietersen
15 – Willie le Roux.
Bench:
16 – Schalk Brits
17 – Trevor Nyakane
18 – Frans Malherbe
19 – Lood de Jager
20 – Siya Kolisi
21 – Ruan Pienaar
22 – Pat Lambie
23 – Jesse Kriel.
Watkykjy staan op 3,084,039 post views in totaal sedert 1 November, 2019.